{"id":28398,"date":"2014-11-18T17:47:40","date_gmt":"2014-11-18T15:47:40","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=28398"},"modified":"2014-11-18T18:10:33","modified_gmt":"2014-11-18T16:10:33","slug":"saul-alinsky-godwin-se-wet-en-afriforum","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=28398","title":{"rendered":"Saul Alinsky, Godwin se wet en Afriforum"},"content":{"rendered":"<p>Baie is al geskryf oor die taktiek wat liberale en sosialistiese organisasies gebruik om hulle agendas te bevorder maar geen een enkele geskrif verskaf meer gestalte aan hierdie taktieke as Saul Alinsky se 1971-boek <em>Rules for Radicals: A Pragmatic Primer for Realistic Radicals<\/em> nie. Dit is 10 hoofstukke van advies oor hoe om \u2018n agenda te bevorder ten enige koste en kan maklik verkort word tot 13 eenvoudige re\u00ebls wat gevolg kan word deur selfs die na\u00efefste en onkundige van radikale wat \u2018n seepkissie iewers uitgesleep het.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/BroadcastSiegfriedlg413.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignright size-medium wp-image-28405\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/BroadcastSiegfriedlg413-121x300.jpg\" alt=\"Metropolitan Opera New Production Premiere of Richard Wagner's &quot;\" width=\"121\" height=\"300\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/BroadcastSiegfriedlg413-121x300.jpg 121w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/BroadcastSiegfriedlg413-414x1024.jpg 414w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/BroadcastSiegfriedlg413-535x1323.jpg 535w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/BroadcastSiegfriedlg413-60x148.jpg 60w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/BroadcastSiegfriedlg413-13x31.jpg 13w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/BroadcastSiegfriedlg413-15x38.jpg 15w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/BroadcastSiegfriedlg413-87x215.jpg 87w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/BroadcastSiegfriedlg413.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 121px) 100vw, 121px\" \/><\/a>Die term radikaal se betekenis is deurspek met woorde soos \u201cfundamenteel, ekstreem en drasties\u201d en is nou verwant aan militansie van enige aard. In 1971 was hierdie twee woorde \u2013 radikaal en militansie \u2013 verbind aan byvoorbeeld die Weather Underground, Black September, PLO, Symbionese Liberation Army en &#8216;n horde ander organisasies wat sosialisme en \u201canti-kultuur\u201d voorgestaan het. In 2014 beteken dit egter dat enige funksionerende moroon met \u2018n opinie wat toegang tot die internet het \u2018n radikale aktivis kan wees. En dit is waar Alinsky se re\u00ebls tot hul reg kom \u2013 juis omdat dit so maklik is om te gebruik maar terselfdertyd so moeilik is om die hoof te bied. Slegs indien \u2018n deelnemer aan die gesprek vertroud is met Alinsky se re\u00ebls kan dit terselfdertyd teen die teenparty aangewend word en sodoende verslaan word. Alinsky se re\u00ebls maak \u2018n bespotting van wat intelligente en opgevoede mense\u00a0 as noodsaaklik vir enige debat of ingeligte gesprek ag deur bloot net die noodsaaklike te ignoreer. Rede, logika, feite, geskiedenis, begronding vir \u2018n uitgangspunt \u2013 alles raak van nul en gener waarde as Alinsky se re\u00ebls toegepas word terwyl ad hominems en betekenislose neologismes die botoon voer.<\/p>\n<p>Enige persoon wat al ooit met \u2018n liberaal in gesprek \u2013 of debat \u2013 getree het, sal weet dat hierdie \u2018n defini\u00ebrende kenmerk van so \u2018n gesprek is. Daar is selfs \u2018n begrip om die verloop van so \u2018n gesprek mee te beskryf \u2013 Godwin se wet. Godwin se wet het as kernbegrip dat in enige gesprek met iemand wat Alinsky se re\u00ebls toepas dit net \u2018n kwessie van tyd is voor woorde soos \u201crassis, homofoob, islamofoob, seksis, Nazi, ad infinitum\u201d geslinger word as aanklag teen die opponent se veronderstelde skynheiligheid. (Ander terme wat parallel met Godwin se wet beweeg is reductio ad Hitlerum, reductio ad absurdum en non audi alteram partem). Of daardie veronderstellings enige rugbare steun geniet is nie ter sprake nie \u2013 die beskuldiging is gemaak en die teenparty in die gesprek moet liefs maar die aftog blaas aangesien die party wat die veronderstelling maak die morele ho\u00ebgrond beset.<\/p>\n<p>Godwin se wet hou nou verband met die voorkoms van politieke korrektheid en in die hedendaagse samelewing is daar geen gesprek waar politieke korrektheid nie die gesonde verwisseling van idees en standpunte versmoor nie. Dit is tirannie wat in goeie maniere geklee word.<\/p>\n<p>Gegewe dat Alinsky \u2018n sosialistiese gemeenskapsorganiseerder was (en volgens oorvertelling \u2018n groot gees in die lewens van beide Barack Obama en Hillary Clinton was, asook &#8216;n tydgenoot van Bill Ayers) is dit dan geen verrassing dat sy taktiek deur soortgelykes aangegryp is en in die praktyk toegepas word nie. Maar deesdae is die gebruik van Alinsky se re\u00ebls nie meer beperk tot ver-linkse organisasies nie \u2013 selfs organisasies wat voorheen as behoudend of konserwatief beskou is, het Alinsky se re\u00ebls aangegryp deurdat hulle geswig het voor politieke korrektheid.<\/p>\n<p>En so was dit ook die geval die afgelope week waartydens Afriforum vir Dan Roodt \u2013 en \u201crandeier\u201d-Afrikaners \u2013 voor die bus ingegooi het na aanleiding van \u2018n vier jaar oue TV-insetsel op die ver-linkse <em>Daily Show<\/em> met die beskuldiging van \u201crassisme\u201d. Liefs sal ek nie raak aan die meriete van hierdie insetsel of sy waarde nie \u2013 daar is meer as genoeg hieroor geskryf en gepraat die afgelope paar dae.<\/p>\n<p>Wat wel interessant is, is dat Afriforum gebruik gemaak het van Alinsky se re\u00ebls in hul poging om polities korrek en toeganklik vir alle rasse te wees terwyl hulle poog om nie hulle kernbasis van Afrikaners te vervreem nie. Was hulle bewus daarvan dat hulle \u2018n sosialistiese begrip gebruik om \u2018n mede-Afrikaner en -aktivis te marginaliseer? Sonder twyfel. Niks gebeur by Afriforum voordat daar nie &#8216;n rits vergaderings was om op benaderings te besluit nie. Hierdie hele fiasko is duidelik nie die resultaat van \u2018n besluit wat op die ingewing van die oomblik geneem is nie.<\/p>\n<h3>Re\u00ebl 13: \u201cPick the target, freeze it, personalize it, and polarize it\u201d<\/h3>\n<p>En dit is presies wat Afriforum met Dan Roodt gedoen het. Hulle het selektief juis hom geteiken om hom uit te sonder en as sondebok te dien. Ek verstout my dat die <em>Daily Show<\/em> se insetsel slegs die perfekte verskoning gebied het vir die aksie en dat hy al \u2018n wyle in hulle visier is om te verlo\u00ebn. Hulle het hierby \u201crandeier\u201d-Afrikaners ingesleep wat volgens Kallie Kriel \u2018n minderheid ekstremiste is \u2013 weereens is hierdie Afrikaners al \u2018n wyle \u2018n teiken. Hulle eie Facebookblad en sosiale media het egter van hulle verskil en navrae deur verskeie Facebook- en Twittergebruikers oor wat ekstremisme in Afriforum se boeke beteken, is deur ontwykende halwe antwoorde begroet. Die beste wat Ernst Roets mee vorendag kon kom, was &#8216;n teksboekdefinisie wat meer as die helfte van Suid-Afrika se bevolking as &#8220;ekstremiste&#8221; uitsonder. Dit is dan \u2018n begrip wat soos rassisme oop is vir vertolking deur wie ook al die kat binne die badkamer aan sy stert rondswaai.<\/p>\n<p>Vrae oor wat presies as \u201crassisties\u201d beskou kon word wat Dan Roodt in die insetsel ges\u00ea het (gegewe dat dit geredigeer is om iets uit te beeld wat nie so is nie), is met ysige stilte begroet. Die blote feit dat wat hy ges\u00ea het aan die hand was van kommentaar deur swart joernaliste en die resultate van akademiese bevindings is vir Afriforum van geen waarde nie. In polities korrekte terme is hy \u2018n ketter en basta met die res.<\/p>\n<h3>Reel 8: \u201cKeep the pressure on with different tactics, and actions, and utilize all events of the period for your purpose\u201d<\/h3>\n<p>Daar was dan dus geen groot verbasing dat Afriforum probeer het om van taktiek te verander deur na \u2018n vergete en totaal en al onverwante gebeurtenis in Mei 2000 te verwys waarby verskeie persone en organisasies hulle onttrek het van \u2018n beoogde organisasie wie se oogmerk die behoud van Afrikaans en minderheidsregte was nie. Wat hulle gerieflik nalaat, is dat die organisasie gekaap is deur politieke demago\u00eb; selfs Chris Louw het dit beskryf as \u201cBroederbondisme\u201d. Die afleiding wat Afriforum hieruit probeer maak is dat Dan Roodt eers van Links en dan van Regs die Afrikanersaak skade doen. Lanklaas moes enigiemand so ver agteroorbuig om die wiskunde agter die gevolgtrekking te verstaan. Die hele eierdans is dan in konflik met Afriforum se oorspronklike sienswyse dat Dan Roodt \u2018n onrehabiliteerbare \u201crassis\u201d is. Dit laat mens onwillekeurig wonder wat is volgende? Dan Roodt se graad-een-Afrikaansetoetsuitslae om aan te voer hy is nie r\u00earig Afrikaans magtig nie? Die absurditeit skreeu ten hemele.<\/p>\n<h3>Reel 5: \u201cRidicule is man\u2019s most potent weapon\u201d<\/h3>\n<p>Te midde van hierdie hele orgie van self-geregverdigde moralisering deur Afriforum daag Dan Roodt hulle uit om hom dan aan te kla by die Gelykheidshof. Miskien moes \u2018n uitdaging om Dan Roodt by die SAMRK aan te kla ook gemaak gewees het \u2013 sekerlik met die selfminagtende resultaat vanaf Afriforum. Die antwoord vanaf Ernst Roets is teksboek-Alinsky. Een: Dan Roodt is nie belangrik genoeg dat Afriforum hulle ledegeld moet mors op litigasie teen hom nie. Twee: Julias Mallema is \u2018n persoon met invloed en is dus werd om Afriforum se aandag te geniet, maar Dan Roodt is onbenullig. Vreemd dan dat Afriforum \u2018n snars van hulle belangrike tyd aangewend het juis om Dan Roodt te marginaliseer as hy so onbeduidend en onbelangrik was. Sou stilte vanuit Afriforumgeledere dan nie meer gepas gewees het nie?<\/p>\n<p>Reel 1: \u201cPower is not only what you have but what the enemy thinks you have\u201d<\/p>\n<p>Afriforum beroep hulle daarop dat hulle \u2018n magtige organisasie is wat ledegeld ter waarde van nagenoeg R10 miljoen per maand vorder. Hulle is \u2018n kollosus wat namens alle Afrikaners praat gesien aan hulle \u201cenorme\u201d ledetal. Indien Dan Roodt en \u201crandeier\u201d ekstremistiese Afrikaners nie na hulle deuntjie wals nie sal hulle op die brandstapel geplaas word in die moderne weergawe van die Spaanse Inkwissisie. Suiwer hubris tekenend aan soveel organisasies wat in hul kern die dogma van die Broederbond en Nasionale Party volg.<\/p>\n<h3>Reel 9: \u201cThe threat is usually more terrifying than the thing itself\u201d<\/h3>\n<p>Deur aan te voer dat Afriforum hulself distansieer van Dan Roodt en \u201cekstremistiese\u201d Afrikaners, kom neer op die dreigement dat so &#8216;n groep nie meer deel gaan wees van die hoofstroom-Afrikaner- sosiale groep nie en verstote gaan wees aangesien Afriforum die maatstaf is van wat hierdie hoofstroomgroep aanvaarbaar vind en wat nie. Soos melaatses sou die groep in die woestyn moes wandel sonder die hoop om ooit weer aanvaarding in die samelewing te vind. Juistement het \u2018n Facebookgebruiker \u2013 en klaarblyklike Afriforumsikofant &#8211; kwetsend opgemerk dat Dan Roodt &#8220;uit die samelewing verban moet word&#8221;.<\/p>\n<h3>Reel 12: \u201cThe price of a successful attack is a constructive alternative\u201d<\/h3>\n<p>Deur Dan Roodt en \u201crandeier\u201d-Afrikaners te verlo\u00ebn, poog Afriforum om hulself meer toeganklik te maak vir minderheidsgroepe in ander bevolkingsgroepe (spesifiek kleurling- en Indi\u00ebrgroepe). Hiermee, nes die VF+ vro\u00eber vanjaar gepoog het, probeer hulle \u2018n groter ledetal te ontsluit. Meer lede, meer maandelikse inkomste en meer aansien onder ander bevolkingsgroepe. Miskien, net miskien, sal die regerende elite meer ag op hulle slaan en hulle ernstiger opneem. Die teenkant hiervan is dat Afrikaners wat aan die organisasie behoort hulle al te vinnig aan die verkeerde kant gaan bevind waar daar van hulle verwag word om net te befonds en verder stil te bly alvorens hulle ook tot ketter en \u201crassis\u201d verklaar word. Dit is slegs die logiese uiteinde van gebeure wat deur Afriforum ontketen is.<\/p>\n<p>Of hierdie taktiek vir Afriforum enige nut en waarde gaan inhou, is bedenklik. Reaksie op sosiale media dui daarop dat Afriforum die kuns om jouself in die voet te skiet, vervolmaak het. Daar sal wel langdurige nagevolge vir al die betrokke partye wees \u2013 een daarvan dat daar weereens tweespalt in Afrikanergeledere gesaai is. Alreeds word daar kante gekies \u2013 ander \u201conbenullige\u201d persone met \u201cgeen invloed\u201d soos Sunette Bridges het klaar skerp teenoor Afriforum uitgevaar.<\/p>\n<p>Die korttermynuitslag is egter dat Afriforum hulle masker laat val het, dat die skyn dat hulle \u2018n Afrikanerorganisasie juis net d\u00edt is. Daar word gegrawe in hulle verbintenisse met ander organisasies waarvan verbintenisse met die FW de Klerk-stigting en NUMSA d.m.v Solidariteit maar net twee is. Laastens dat hulle &#8211; en nie Roodt en \u201crandeier\u201d-Afrikaners &#8211; die ekstremiste is juis deur hulle gebruik van \u2018n taktiek wat deur ekstremiste dwarsdeur die w\u00eareld aangewend word. Hulle ekstremisme is gegrond op hulle absolute geloof dat die \u201cre\u00ebnboognasie\u201d wel bestaan, dat dit geregverdig is om ander op die altaar van politieke korrektheid te offer, dat multikulturele samelewings hierdie keer sal slaag en dat hulle suksesvol sal wees om die regerende elite tot ander insigte te dwing deur nodelose hofsake en die gebruik van die Grondwet.<\/p>\n<p>Gebeure die afgelope week in die parlement moes juis vir hulle \u2018n wakkermaakklap gewees het om die mite te ontbloot vir wat dit is. Sou hulle minder ideologies (en ekstremisties) gewees het, sou hulle besef dat Suid-Afrika lank nie meer net op die rand van \u2018n Absurdistan staan nie maar pens en pootjies binne-in l\u00ea. Daarvolgens geld Westerse re\u00ebls van reg en geregtigheid nie. Maar dis seker &#8220;rassisties&#8221; om d\u00edt te s\u00ea.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Baie is al geskryf oor die taktiek wat liberale en sosialistiese organisasies gebruik om hulle agendas te bevorder maar geen een enkele geskrif verskaf meer gestalte aan hierdie taktieke as Saul Alinsky se 1971-boek Rules for Radicals: A Pragmatic Primer for Realistic Radicals nie. Dit is 10 hoofstukke van advies oor hoe om \u2018n agenda [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":17,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[18811,10],"tags":[5303,154,18814,18813,18812,9377],"class_list":["post-28398","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-gotterdammerung","category-rubrieke","tag-afriforum","tag-dan-roodt","tag-godwin","tag-radikale","tag-saul-alinsky","tag-steve-hofmeyr"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28398","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/17"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=28398"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28398\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=28398"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=28398"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=28398"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}