{"id":28380,"date":"2014-11-18T10:12:28","date_gmt":"2014-11-18T08:12:28","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=28380"},"modified":"2014-11-18T15:34:05","modified_gmt":"2014-11-18T13:34:05","slug":"mediclinic-en-universiteit-stellenbosch-gaan-saamwerk-om-dokters-op-te-lei","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=28380","title":{"rendered":"Mediclinic en Universiteit Stellenbosch gaan saamwerk om dokters op te lei"},"content":{"rendered":"<p>Die privaathospitaalgroep Mediclinic gaan met die Universiteit van Stellenbosch saamwerk om voorgraadse dokters op te lei, iets wat die aantal dokters wat in Suid-Afrika geproduseer word, mag verhoog.<\/p>\n<p>Nie net is daar &#8216;n beperkte aantal plekke by mediese skole beskikbaar nie, maar daar geld ook streng rassekwotas sodat blanke studente weggewys word ten gunste van gekleurde kandidate met laer punte in die matriekeksamen.<\/p>\n<p>Daar word elke jaar ongeveer 1200 dokters aan mediese skole in Suid-Afrika opgelei, terwyl die regering sedert 1995 ook dokters in Kuba laat oplei.<\/p>\n<p>Die dekaan van die Fakulteit Mediese en Gesondheidswetenskappe aan die Stellenbosse Universiteit, prof. Jimmy Volmink, meen dat di\u00e9 stap strook met die regering se nasionale ontwikkelingsplan, wat die privaatsektor as vennoot by die ontwikkeling van &#8216;n geskoolde arbeidsmag wil betrek.<\/p>\n<p>Gewoonlik geskied die opleiding van dokters prim\u00ear by die grootste en mees gespesialiseerde openbare hospitale soos Groote Schuur en Tygerberg. Terwyl di\u00e9 instellings steeds uitstekende opleidingsmoontlikhede bied, kan mediese studente in ander omgewings ook leer, s\u00ea prof. Volmink.<\/p>\n<p>Mediese studente aan die Universiteit van Stellenbosch kry reeds blootstelling aan pasi\u00ebnte in plattelandse gebiede. Deur hulle toegang tot die privaatsektor te verleen, &#8220;verbreed die universiteit hul horisonne&#8221;, meen Volmink.<\/p>\n<p>Die HUB van Mediclinic Suider-Afrika, Koert Pretorius, s\u00ea dat sy maatskappy reeds omtrent 1 000 verpleegters per jaar oplei, maar dat dit die eerste keer is dat &#8216;n formele ooreenkoms met &#8216;n mediese skool gesluit word om dokters op te lei. Mediclinic het tot die gevolgtrekking gekom dat die vestiging van &#8216;n private mediese skool nie lewensvatbaar is nie, s\u00ea hy.<\/p>\n<p>Hy het bygevoeg dat die Wes-Kaapse regering die nodige wetgewing sou indien om die privaat sektor in staat te stel om by die opleiding van dokters op &#8216;n groter skaal betrokke te raak.<\/p>\n<p>Die opleidingsvennootskap het vanjaar begin met net 32 dokters in hul vierde en vyfde studiejare wat &#8216;n maand lank by Mediclinic se Durbanville-hospitaal deurgebring het, as deel van hul &#8220;interne mediese rotasie&#8221;. Hulle het tyd saam met radiolo\u00eb, patolo\u00eb en spesialiste in inwendige medisyne deurgebring. Aanstaande jaar sal die projek uitgebrei word, met 140 studente wat by vier verskillende Mediclinic-hospitale geplaas sal word.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die privaathospitaalgroep Mediclinic gaan met die Universiteit van Stellenbosch saamwerk om voorgraadse dokters op te lei, iets wat die aantal dokters wat in Suid-Afrika geproduseer word, mag verhoog. Nie net is daar &#8216;n beperkte aantal plekke by mediese skole beskikbaar nie, maar daar geld ook streng rassekwotas sodat blanke studente weggewys word ten gunste van &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=28380\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Mediclinic en Universiteit Stellenbosch gaan saamwerk om dokters op te lei&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,85],"tags":[15138,18810,18809,17330,18808,2242],"class_list":["post-28380","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-c76-sake","tag-dokters","tag-jimmy-volmink","tag-koert-pretorius","tag-mediclinic","tag-mediese-opleiding","tag-suid-afrika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28380","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=28380"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28380\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=28380"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=28380"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=28380"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}