{"id":28374,"date":"2014-11-18T09:14:25","date_gmt":"2014-11-18T07:14:25","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=28374"},"modified":"2014-11-18T09:14:25","modified_gmt":"2014-11-18T07:14:25","slug":"algemene-balieraad-wil-drie-staatsadvokate-laat-skors-oor-mdluli-affere","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=28374","title":{"rendered":"Algemene Balieraad wil drie staatsadvokate laat skors oor Mdluli-aff\u00eare"},"content":{"rendered":"<p>Drie van die advokate by die nasionale vervolgingsgesag (NV) wat verseg het om aanklagte teen Richard Mdluli te ondersoek en te vervolg, loop gevaar om van die advokaterol geskrap te word. Hulle is advv. Nomgcobo Jiba, Lawrence Mrwebi en Sibongile Mzinyathi.<\/p>\n<p>Die voorsitter van die algemene balieraad, adv. Jeremy Muller SC, het teenoor die media verklaar dat hul uitvoerende komitee reeds die besluit geneem het om &#8216;n hofaansoek ter skorsing van die drie swart advokate in te dien. Hulle loop ook gevaar om heeltemal van die advokaterol geskrap te word, indien die aansoek sou slaag.<\/p>\n<p>Klagte van onetiese gedrag is reeds teen Jiba, Mrwebi en Mzinyathi by die Pretoriase Balieraad ingedien. Hierna is die klagte na die Algemene Balieraad verwys wat &#8216;n subkomitee saamgestel het om die bewerings te ondersoek.<\/p>\n<p>\u201cDaar is besluit om \u2019n hofaansoek teen die drie in te dien by die hooggeregshof in Pretoria. Indien nodig, sal die aansoek ook in ander howe ingedien word,\u201d het Muller aan die media verklaar.<\/p>\n<p>Die drie staatsadvokate was na bewering betrokke by die terugtrek van aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery teen luitenant-genaarl Richard Mdluli, die geskorste hoof van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid.<\/p>\n<p>In Maart 2011 is &#8216;n lasbrief vir die inhegtenisname van Mdluli uitgereik, wat verband hou met die moord op Oupa Ramogibe wat op 17 Februarie 1999 doodgeskiet is. Op 21 Maart het Mdluli hom aan die Boksburgse Landdroshof oorhandig waar hy en drie ander aangekla is van intimidasie, drie klagte van ontvoering, twee klagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer, poging tot moord en sameswering met die doel om moord te pleeg. Mdluli sou ook tereg staan op &#8216;n verdere klag van dwarsboming van die gereg.<\/p>\n<p>Die NV het al drie voorheen aangekla en Mrwebi se besluit om die klagte teen Mdluli terug te trek is deur die Gautengse Hooggeregshof in Pretoria tersyde gestel. &#8216;n App\u00e8l hierteen, wat deur die App\u00e8lhof in Bloemfontein verhoor is, is van die hand gewys.<\/p>\n<p>Met die tersydestelling van Mrwebi se nie-vervolging van Mdluli, het die nuwe NV-hoof, Mxolisi Nxasana, opnuut vier aanklaers aanges\u00ea om die klagstaat deur te werk om te bepaal of daar &#8216;n prima facie-saak teen Mdluli bestaan. Advokaat Pat Ellis SC is insgelyks versoek om &#8216;n regsmening oor Mrwebi, Jiba en Mzinyathi se optrede betreffende die saak te verskaf. Ellis se mening was dat hulle geskors moes word terwyl hul bevoegdheid ondersoek moes word en dat hulle eweneens strafregtelik vervolg moes word.<\/p>\n<p>&#8216;n Klag van meineed is ook teen die drie omstrede staatsadvokate by die polisie ingedien.<\/p>\n<p>Die drie lede van die nasionale vervolgingsgesag beklee tans die volgende posisies:<\/p>\n<ul>\n<li>Jiba &#8211; adjunkhoof<\/li>\n<li>Mrwebi &#8211; nasionale hoof van die gespesialiseerde handelsmisdaadeenheid<\/li>\n<li>Mzinyathi &#8211; direkteur van openbare vervoling in Pretoria<\/li>\n<\/ul>\n<p>&#8216;n Woordvoerder van die NV, adv. Nathi Mncube, het verklaar dat hulle &#8220;bewus is van die balieraad se beoogde aansoek en die finalisering daarvan sal afwag&#8221;.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Drie van die advokate by die nasionale vervolgingsgesag (NV) wat verseg het om aanklagte teen Richard Mdluli te ondersoek en te vervolg, loop gevaar om van die advokaterol geskrap te word. Hulle is advv. Nomgcobo Jiba, Lawrence Mrwebi en Sibongile Mzinyathi. Die voorsitter van die algemene balieraad, adv. Jeremy Muller SC, het teenoor die media &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=28374\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Algemene Balieraad wil drie staatsadvokate laat skors oor Mdluli-aff\u00eare&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[18804,18802,18807,18803,18806,12400,18805],"class_list":["post-28374","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-lawrence-mrwebi","tag-misdaadintelligensiehoof","tag-mxolisi-nxasana","tag-nomgcobo-jiba","tag-oupa-ramogibe","tag-richard-mdluli","tag-sibongile-mzinyathi"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28374","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=28374"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28374\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=28374"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=28374"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=28374"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}