{"id":28313,"date":"2014-11-14T08:06:45","date_gmt":"2014-11-14T06:06:45","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=28313"},"modified":"2014-11-14T08:06:45","modified_gmt":"2014-11-14T06:06:45","slug":"regstellende-herposisionering-van-grond","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=28313","title":{"rendered":"&#8216;Regstellende herposisionering van grond&#8217;"},"content":{"rendered":"<p>Julius Malema en sy hordes is nie alleen nie. Die Swapo Jeugliga se geskorste mnr. Job Amupanda het pas aangekondig hy wil grond gryp.<\/p>\n<p>Amupanda wil volgende Vrydag 2 000 aansoeke vir erwe in \u201cdie elite buurt\u201d Kleine Kuppe by die Windhoek munisipaliteit indien.<\/p>\n<p>Hy het \u2018n beroep op grondlose Namibi\u00ebrs gedoen om by di\u00e9 aksie betrokke te raak.<\/p>\n<p>Die munisipaliteit sal agt maande tyd gegun word om die aansoeke af te handel.<\/p>\n<p>Indien hulle nie gehoor gee nie,\u00a0sal oorgegaan word tot \u201cregstellende herposisionering\u201d van grond in \u201cryk en gegoede\u201d voorstede soos Kleine Kuppe, Avis, Eros, Auasblick en Klein-Windhoek, s\u00ea Amupanda in \u2018n verklaring wat vanoggend uitgereik is.<\/p>\n<p>Politieke ontleders is egter dit eens dat mnr. Job Amupanda se skielike bedanking uit die Swapo Jeugliga (SPYL) se nasionale uitvoerende komitee, nie die regerende party se politieke planne op die vooraand van die verkiesing gaan verongeluk nie, het die Republikein berig.<\/p>\n<p>Amupanda, voorheen die jeugliga se sekretaris van inligting, publisiteit en mobilisasie, het bedank. Di\u00e9 stap volg n\u00e1 hy eergisteraand met mnr. Nangolo Mbumba, sekretaris-generaal van Swapo, en dr. Elijah Ngurare, leier van die SPYL, asook ander lede van die regerende party, vergader het.<\/p>\n<p>Amupanda het sedert Sondag die tonge laat klap toe hy onwettig &#8216;n erf in Kleine Kuppe in Windhoek afgesteek het. Di\u00e9 stap het hy &#8220;regstellende herposisionering&#8221; gedoop.<\/p>\n<p>Hy gaan homself nie langer ten gunste van lede van die Swapo-party verlo\u00ebn nie, het Amupanda gisteroggend in &#8216;n verklaring ges\u00ea.<\/p>\n<p>Hy het ook uitgevaar teen Swapo-lede wat volgens hom die kluts kwyt is. Amupanda s\u00ea hy is nie bereid om soos \u2019n eerbiedige dienskneg die vrede te bewaar met die hoop dat hy daarvoor vergoed sal word nie.<\/p>\n<p>Pogings is aangewend om hom sover te kry om sy siel te verkoop en na ander se pype te dans, onre\u00eblmatighede mis te kyk, net handjies te klap en liedjies te sing, s\u00ea hy.<\/p>\n<p>\u201cD\u00edt kan ek nie toelaat nie. Ek weier om die ander wang te draai soos wat die Bybel ons geleer het. Die situasie het onuithoudbaar geword, soveel so dat die nasionale uitvoerende komitee (van SPYL) iets heeltemal anders geword het as wat ons gedink het,\u201d s\u00ea hy.<\/p>\n<p>Amupanda bly egter aan as lid van die sentrale komitee, maar gaan hom voortaan op aktivistiese veldtogte toespits en meer tyd in die nedersettings en landelike gebiede deurbring.<\/p>\n<p>\u201cEk gaan nou hoofsaaklik op regstellende herposisionering konsentreer en die jeug mobiliseer sodat ons leiers besef hoe ernstig die grondkwessie is en dat oplossings gevind moet word voordat dit te laat is,\u201d se Amupanda.<\/p>\n<p>Op sosiale media het die nuus van Amupanda se bedanking soos \u2019n veldbrand versprei. Daar is kwaai gegis dat hy gedwing is om van sy posisie afstand te doen.<\/p>\n<p>Mbumba het dit ten sterkste ontken. Slegs \u201cSwapo-kwessies&#8221; is tydens Dinsdagaand se vergadering bespreek, het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p>Intussen meen die politieke ontleder, mnr. Graham Hopwood, dat Amupanda se bedanking geen impak op Swapo se ondersteuners gaan h\u00ea nie, aangesien hy steeds deel van die party bly.<\/p>\n<p>\u201cMiskien as hy uit die party bedank en \u2019n beroep op sy ondersteuners gedoen het om n\u00ed\u00e9 die party te steun nie, sou dit ietwat van \u2019n verskil gemaak het,\u201d het Hopwood ges\u00ea.<\/p>\n<p>Hopwood s\u00ea die lojaliteit teenoor Swapo l\u00ea baie diep en dat stemme nie maklik na \u2019n ander party geskuif kan word nie. Kiesers gaan ook nie sommer n\u00ed\u00e9 aan die verkiesing deelneem nie.<\/p>\n<p>Prof. Bill Lindeke, nog &#8216;n politieke kenner, s\u00ea Amupanda se bedanking is buitengewoon, veral in Swapo. Dit het hom egter ook nie heeltemal verras nie.<\/p>\n<p>\u201cAmupanda het homself meer as een keer in konflik geplaas en is waar\u00adskynlik gevra om te bedank, aangesien hy die party onder verdenking geplaas het. Wat ons nou wil sien, is hoe ver is hy bereid om te gaan,\u201d s\u00ea Lindeke.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Julius Malema en sy hordes is nie alleen nie. Die Swapo Jeugliga se geskorste mnr. Job Amupanda het pas aangekondig hy wil grond gryp. Amupanda wil volgende Vrydag 2 000 aansoeke vir erwe in \u201cdie elite buurt\u201d Kleine Kuppe by die Windhoek munisipaliteit indien. Hy het \u2018n beroep op grondlose Namibi\u00ebrs gedoen om by di\u00e9 &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=28313\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;&#8216;Regstellende herposisionering van grond&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[11422,6831,18780,6827,17637],"class_list":["post-28313","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-grondgryp","tag-namibie","tag-regstellende-herposisionering","tag-swapo","tag-windhoek"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28313","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=28313"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28313\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=28313"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=28313"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=28313"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}