{"id":28307,"date":"2014-11-14T07:55:35","date_gmt":"2014-11-14T05:55:35","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=28307"},"modified":"2014-11-14T07:55:35","modified_gmt":"2014-11-14T05:55:35","slug":"vsa-soek-steeds-redes-vir-oorlog-in-europa","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=28307","title":{"rendered":"VSA soek steeds redes vir oorlog in Europa"},"content":{"rendered":"<p>Amerika het onder die dekmantel van NAVO sy aggressiewe beleid van uitbreiding in Oos-Europa bevestig met hernude aanvalle teen Rusland.<\/p>\n<p>Kenners waarsku reeds geruime tyd dat die VSA afstuur op &#8216;n kernoorlog met Rusland weens &#8216;n Neo-konserwatiewe kliek in die Withuis se\u00a0eiegeregtige houding teenoor die hulpbronne van soewereine state.<\/p>\n<p>Terwyl die Oekra\u00efense weermag hergroepeer mbv Amerikaanse raadgewers en wapentuig om Russiese dele van die land etnies te suiwer, het Amerika Rusland daarvan beskuldig dat hy die skietstaking in die Oekra\u00efne ondermyn.<\/p>\n<p>Rusland het dit ten sterkste ontken.<\/p>\n<p>Di\u00e9 beskuldigings volg nadat Rusland nuwe radarbesonderhede vrygestel het wat daarop dui dat milit\u00eare vliegtuie in die lug naby vlug MH17 was toe dit neergestort het in die ooste van die Oekra\u00efne op 17 Julie.<\/p>\n<p>Dit is &#8216;n verleentheid vir die VSA en hul bondgenote wat Rusland as die sondebok probeer voorhou.<\/p>\n<p>&#8216;n Radarstasie in Rostov, naby die Oekra\u00efense grens, het kort voor en sowat 20 minute n\u00e1 die MH17-ongeluk getuienis van die vegvliegtuie se teenwoordigheid bevestig.<\/p>\n<p>Volgens Sergey Melnitsjenko, hoof uitvoerende beampte van <em>Aviation Safety Consultancy<\/em>, was daar een of twee vegvliegtuie in die lug naby aan die Maleisiese vliegtuig.<\/p>\n<p>Die bewysstukke laat ernstige\u00a0twyfel oor die weergawe van die tragedie wat deur Westerse lande voorgehou word, wat beweer die vliegtuig is\u00a0afgeskiet deur pro-Russiese magte met &#8216;n gesofistikeerde oppervlak-tot-lug missiel.<\/p>\n<p>Die rebelle besit geen lugmag van hul eie nie, en Rusland en die Oekra\u00efne is die mees logiese partye wat vegvliegtuie sou\u00a0stuur na die gebied, het kenners ges\u00ea.<\/p>\n<p>Indien dit Russiese vegvliegtuie was wat\u00a0oor die grens gevlieg het, sou hulle dadelik\u00a0op\u00a0beide die Oekra\u00efene sowel as NAVO se radarstelsels opgeduik het.<\/p>\n<p>NAVO en die Oekra\u00efne het nog nie gereageer op die inligting nie.<\/p>\n<p>Die deskundige het bygevoeg dat die teenwoordigheid van milit\u00eare vliegtuie noord van die Boeing hulle in &#8216;n posisie aan die linkerkant van die passasiersvliegtuig sou geplaas het. Sommige foto&#8217;s van die ongeluk\u00a0het skade aan die kajuit se linkerkant getoon, in ooreenstemming met &#8216;n scenario van s\u00f3 &#8216;n aanval.<\/p>\n<p>Die Minsk-ooreenkoms wat\u00a0in September onderteken is, is reeds stelselmatig deur Ki\u00ebf ondermyn.<\/p>\n<p>Die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie het vroe\u00ebr gewaarsku dat &#8216;n Russiese milit\u00eare teenwoordigheid die ooreenkoms in die gedrang sal bring, maar nie kommentaar gelewer oor hul eie milit\u00eare opbou in Oos-Europa nie.<\/p>\n<p>Rusland ontken dat hy troepe in die ooste van die Oekra\u00efne ontplooi om separatiste te steun.<\/p>\n<p>Die VN se Veiligheidsraad het intussen\u00a0&#8216;n noodvergadering in New York gehou, maar\u00a0weens Rusland se vetoreg\u00a0het die vergadering nie veel opgelewer nie.<\/p>\n<p>Pro-Russiese magte s\u00ea Poolse soldate is opgemerk noord van Donetsk.\u00a0Ki\u00ebf het ook wapentuig en troepe die afgelope paar dae in die ooste van die land gekonsentreer.<\/p>\n<p>Die Amerikaanse ambassadeur in die VN, Samantha Power het weer\u00a0die kans benut om &#8216;n tirade teen Rusland van stapel te stuur.<\/p>\n<p>Haar beskuldigings dat\u00a0die land &#8216;n nuwe koue oorlog wil\u00a0begin, het egter op dowe ore geval, aangesien dit reeds duidelik is dat die VSA &#8216;n regimeverandering in die mou voer.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Amerika het onder die dekmantel van NAVO sy aggressiewe beleid van uitbreiding in Oos-Europa bevestig met hernude aanvalle teen Rusland. Kenners waarsku reeds geruime tyd dat die VSA afstuur op &#8216;n kernoorlog met Rusland weens &#8216;n Neo-konserwatiewe kliek in die Withuis se\u00a0eiegeregtige houding teenoor die hulpbronne van soewereine state. Terwyl die Oekra\u00efense weermag hergroepeer mbv &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=28307\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;VSA soek steeds redes vir oorlog in Europa&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[7299,15225,17321,7551,16037,9575,2078],"class_list":["post-28307","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-etniese-suiwering","tag-konflik","tag-mh17","tag-minderhede","tag-oekraine","tag-oorlog","tag-rusland"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28307","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=28307"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28307\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=28307"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=28307"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=28307"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}