{"id":28290,"date":"2014-11-13T13:33:36","date_gmt":"2014-11-13T11:33:36","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=28290"},"modified":"2014-11-13T13:33:36","modified_gmt":"2014-11-13T11:33:36","slug":"afriforum-kies-kant-vir-daily-show-en-daily-maverick-teen-dan-roodt","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=28290","title":{"rendered":"Afriforum kies kant vir Daily Show en Daily Maverick teen Dan Roodt"},"content":{"rendered":"<p>PRAAG het met uiterste verbasing gereageer op &#8216;n verklaring deur Kallie Kriel namens Afriforum.<\/p>\n<p>Kriel het &#8216;n leunagtige en kwaadwillige redigering van &#8216;n Amerikaanse TV-program <em>Daily Show<\/em>, oor sogenaamde &#8220;wit rassiste&#8221; gebruik om PRAAG en dr Roodt by te kom en insgelyks vir &#8220;rassisme&#8221; te veroordeel.<\/p>\n<p>Tans word die Amerikaanse\u00a0opname waarna Kriel verwys, oral op die internet versprei deur ondersteuners van die buikspreker Conrad Koch en sy pop Chester Missing.<\/p>\n<p>PRAAG het Koch verlede week gedwing, mbv &#8216;n suksesvolle tussentydse teisteringsbevel, om &#8216;n kwaadwillige veldtog teen Steve Hofmeyr te staak.<\/p>\n<p>Intussen het organiseerders van die Afrikaans is Groot-konsert bevestig dat die geleentheid wat Koch en sy ondersteuners wou sink, voortgaan.<\/p>\n<p>Hier volg die verklaring van Afriforum:<\/p>\n<blockquote><p>AfriForum het Dan Roodt van die Pro-Afrikaanse Aksiegroep (Praag) skerp gekritiseer oor die rassistiese uitsprake oor swartmense wat hy gemaak het in \u0149 satiriese insetsel wat uitgesaai is in die Amerikaanse TV-program \u201cThe Daily Show with Jon Steward\u201d. Die insetsel wat in 2010 vervaardig is, is nou weer in die nuus nadat Roodt pas aangedui het dat hy die TV-program se vervaardigers wil dagvaar. Die insetsel kan gesien word by http:\/\/vimeo.com\/28532814<\/p>\n<p>Volgens Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, is dit jammer dat \u0149 klein groepie randfigure se optrede telkens misbruik kan word om Afrikaners in \u0149 slegte lig te probeer stel.<\/p>\n<p>\u201cAfriForum kan nie stilsit en toekyk hoe Afrikaners se billike aansprake, bespotlik gemaak word weens die rassistiese uitsprake van randfigure soos Roodt nie,\u201d het Kriel ges\u00ea.<\/p>\n<p>Kriel het daarop gewys dat AfriForum glo in die bevordering van wedersydse erkenning en respek tussen Suid-Afrika se onderskeie gemeenskappe.<\/p>\n<p>\u201cNet soos wat AfriForum nie huiwer om standpunt in te neem teen die rassisme wat swartmense soos Julius Malema teenoor wittes uiter nie, spreek AfriForum hom ook sterk uit teen wit randfigure se rassisme,\u201d het Kriel bygevoeg.<\/p>\n<p>Volgens Kriel is dit belangrik dat die w\u00eareld weet dat die oorgrote meerderheid Afrikaners nie rassistiese bullebakke is nie, maar \u0149 groep met billike aansprake vir \u0149 beter toekoms, gegrond op internasionaal erkende regte. Die feit dat Roodt \u0149 randfiguur is, word volgens Kriel bevestig deur die feit dat Roodt se politieke party, Front Nasionaal, skaars meer as 5 000 stemme ontvang het tydens vanjaar se algemene verkiesing in Suid-Afrika. Die Solidariteit Beweging, waarvan AfriForum deel is, verteenwoordig daarenteen tans gesamentlik meer as 250 000 huisgesinne.<\/p>\n<p>\u201cDie feit dat Dan Roodt se uitsprake met soveel effektiwiteit die slegste moontlike stereotipe van Afrikaners probeer bevestig, laat \u0149 mens amper wonder of Roodt doelbewus daarop uit is om Afrikaners in \u0149 slegte lig te stel,\u201d het Kriel ges\u00ea.<\/p><\/blockquote>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>PRAAG het met uiterste verbasing gereageer op &#8216;n verklaring deur Kallie Kriel namens Afriforum. Kriel het &#8216;n leunagtige en kwaadwillige redigering van &#8216;n Amerikaanse TV-program Daily Show, oor sogenaamde &#8220;wit rassiste&#8221; gebruik om PRAAG en dr Roodt by te kom en insgelyks vir &#8220;rassisme&#8221; te veroordeel. Tans word die Amerikaanse\u00a0opname waarna Kriel verwys, oral op &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=28290\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Afriforum kies kant vir Daily Show en Daily Maverick teen Dan Roodt&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[13815,18547,18639,13484,18775,9377],"class_list":["post-28290","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","tag-afrikaans-is-n-kanker","tag-chester-missing","tag-conrad-koch","tag-daily-maverick","tag-daily-show","tag-steve-hofmeyr"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28290","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=28290"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28290\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=28290"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=28290"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=28290"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}