{"id":2827,"date":"2008-09-19T00:43:28","date_gmt":"2008-09-19T00:43:28","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=2827"},"modified":"2008-09-19T00:43:28","modified_gmt":"2008-09-19T00:43:28","slug":"geen-snelle-einde-aan-gevegte-in-nigeriese-oliedelta","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=2827","title":{"rendered":"Geen snelle einde aan gevegte in Nigeriese oliedelta"},"content":{"rendered":"<p>Die gevegte wat sedert Saterdag tussen militantes en die veiligheidsgmagte woed, is die hewigste in twee jaar en het minder as &#39;n maand n&aacute; die herontplooiing van milit&ecirc;re leiers deur president Umaru Yar&#39;Adua begin. <\/p>\n<p align=\"justify\">&quot;Die bevelvoerders is nuut en maak van nuwe strategie&euml; in die delta gebruik. Die oues is daarvan beskuldig dat hulle nie proaktief genoeg opgetree het om die gevegte te be&euml;indig nie,&quot; het Anywakwee Nsirimovu, direkteur van die Instituut vir menseregte en humanit&ecirc;re reg ges&ecirc;.<\/p>\n<p align=\"justify\"> Prvaatsekerheidsbronne en -analiste meen die soldate het die geveg Saterdag aangeknoop deur &#39;n grootskaalse offensief teen &#39;n militante kamp wat lojaal teenoor die faksieleier Farah Dagogo is te loods.<\/p>\n<p align=\"justify\">Die faksie het noue bande met die mees prominente militante groep, die beweging vir die emansipasie van die Nigerdelta, oftewel MEND.<\/p>\n<p align=\"justify\"> &quot;Farah is die spil waarom MEND draai. Hy verteenwoordig MEND in die Rivers-deelstaat, het &#39;n private brond ges&ecirc;. &quot;Vir die veldtog om te slaag, moet Farah &oacute;f gedood &oacute;f gevange geneem word.&quot;<\/p>\n<p align=\"justify\">Die regeringsmagte meen hulle het nie &#39;n offensiewe operasie geloods nie en beskuldig die militantes daarvan dat hulle die gevegte ontlok het.<\/p>\n<p align=\"justify\"> Aangevoer deur Farah se gewapende stryders, het die militantes &#39;n &quot;olieoorlog&quot; verklaar.<\/p>\n<p align=\"justify\">Hulle het pyplyne opgeblaas, asook platforms, gasaanlegte en olievelde, en sodoende 115 000 vate se olieproduksie per dag in die laaste vyf dae tot stilstand gebring &#8211; byna ses persent van Nigeri&euml; se beraamde produksie in Augustus.<\/p>\n<p align=\"justify\"> Volgens veiligheidsbronne is dosyne in die gevegte dood.<\/p>\n<p align=\"justify\">&quot;Die konflik gaan oor die beheer van oliebronne en die reg om daardie bronne te ontgin,&quot; s&ecirc; Antony Goldman, &#39;n ontleder by die Londense risikoraadgewers, PM consulting.<\/p>\n<div align=\"justify\"> <\/div>\n<p align=\"justify\"> MEND bestaan uit &#39;n losse koalisie van militante groepe wat s&ecirc; dat hulle vir groter ontwikkeling en &#39;n beter leefomgewing veg n&aacute; dekades van verwaarlosing in die delta.<\/p>\n<p align=\"justify\">Maar vele van di&eacute; militantes kom van buite die Nigerdelta met lojaliteite wat grootliks afhang van wie die winsgewende handel in gesteelde olie beheer, meer algemeen bekend as oliebunkering.<\/p>\n<p align=\"justify\"> &quot;Die gevegte gaan oor oliebunkering. Die meeste van hulle is nie van die Nigerdelta nie, maar is buitestaanders,&quot; het Nsirimovu ges&ecirc;.<\/p>\n<p align=\"justify\">Farah en nog &#39;n militante leier, Soboma George, wat albei bande met MEND het, het reeds verskeie kere gebots in gebiedsoorlo&euml; oor olie di&eacute; somer waarin 10 mense dood is.<\/p>\n<p align=\"justify\"> Die verval in wet en orde het die onderskeid tussen &#39;n militant en &#39;n gewone misdadiger al vaer gemaak.<\/p>\n<p align=\"justify\">&quot;Daar is blykbaar &#39;n direkte korrelasie tussen die hoeveelheid gesteelde olie en die hoeveelheid geweld,&quot; s&ecirc; Goldman.<\/p>\n<p align=\"justify\"> Sommige beramings stel die hoeveelheid ruolie wat in die gebied gesteel word op 100 000 vate per dag, wat gelykstaande is aan $9,5 miljoen per dag of $3,5 miljard per jaar teen huidige koerse.<\/p>\n<p align=\"justify\">Met di&eacute; tipe geld vind militante groepe en misdaadbendes dit maklik om vegters te werf in &#39;n land waar nege uit tien mense op minder as $2 per dag oorleef.<\/p>\n<p align=\"justify\"> Tot dusver het die konflik binne die Rivers-deelstaat, die rykste in Nigeri&euml;, plaasgevind.<\/p>\n<p align=\"justify\">Maar die militantes het gedreig om die geweld elders in die delta uit te brei en na die diepsee wat tot dusver as immuun beskou is voordat &#39;n skouspelagtige MEND-aanval op Shell se Bongaplatform, 120 kilometer ter see, in Junie plaasgevind het.<\/p>\n<p align=\"justify\"> &quot;Dit wil tog voorkom asof die weermag &#39;n effense oorhand verkry het,&quot; meen die veiligheidsbron, met verwysing na die jongste gevegte.<\/p>\n<p align=\"justify\">Maar om die oorlog te wen, is &#39;n ander saak.<\/p>\n<p align=\"justify\">Die gevegsterrein bestaan uit modderige dongas, waarin statjies versprei is waar die militantes bre&euml; steun geniet.<\/p>\n<p align=\"justify\"> Sedert die eerste woelinge in die Nigerdelta in die negentigerjare, het pogings deur die weermag om militante groepe die nekslag toe te dien net die geweld verder laat opvlam en &#39;n selfs ho&euml;r tol ge&euml;is.<\/p>\n<p> <!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/yeella.com\">yeella.com<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/khar.gp.gov.ua\/ua\/subordinate_offices_.html\">\u0424\u0438\u043b\u044c\u0447\u0430\u043a\u043e\u0432 \u043f\u0440\u043e\u043a\u0443\u0440\u043e\u0440 \u0445\u0430\u0440\u044c\u043a\u043e\u0432<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p align=\"justify\">Daar heers steeds swaar gevegte in Nigeri&euml; se Nigerdelta tussen lede van sogenaamde militante groepe en die regeringsmagte. Die land se nuut aangestelde milit&ecirc;re leiers poog om militante leiers te vang of dood te maak ten einde beheer oor die streek se oliebronne te verkry.<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53],"tags":[2733,162,21089],"class_list":["post-2827","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","tag-geen-snelle-einde-aan-gevegte-in-nigeriese-oliedelta","tag-internasionale-nuus","tag-nuus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2827","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=2827"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2827\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=2827"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=2827"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=2827"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}