{"id":28265,"date":"2014-11-12T10:56:59","date_gmt":"2014-11-12T08:56:59","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=28265"},"modified":"2014-11-12T10:56:59","modified_gmt":"2014-11-12T08:56:59","slug":"ou-aap-nie-meer-snaaks","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=28265","title":{"rendered":"Ou aap nie meer snaaks"},"content":{"rendered":"<p>In sy uitgawe van 11 November plaas Die Burger &#8216;n soort van debat, of bespreking dan, van die DA se Dianne Kohler-Barnard en, glo dit as u wil, sy Edele R.F. Botha, oor die geheimsinnighede rondom die sg. Nasionale Sleutelpunte. Enige plek of instansie waaroor die ANC bewind die mond van die media wil snoer, is terloops &#8216;n \u00ab\u00a0Nasionale Sleutelpunt\u00a0\u00bb. Kohler-Barnard se sienswyses oor hierdie, of enige ander onderwerp kan ons maar rustig ignoreer, maar RF Botha\u00a0? Die feit dat Die Burger nog aan RF Botha blootstelling verleen om sy gediskrediteerde en verwerplike selfregverdigings oefeninge uit te voer, dui op die totale verdeling van die Suid-Afrikaanse samelewing\u00a0; enersyds mense wat niks wil weet oor wat RF Botha nog te s\u00ea kan h\u00ea nie en andersyds di\u00e9 wat in weerwil van die algemene volksgevoel nog stiksienig volhou om aan hom en ander soos hy &#8216;n platvorm te verskaf.<\/p>\n<p>Hoewel die onderwerp van die bespreking die gekonkel rondom die sg Nasionale Sleutelpunte is, het Sy Edele die geleentheid gebruik om die bedenklike rol wat hy en sy departement in die kapitulasieproses gespeel het vir die soveelste keer te probeer regpraat. Onder die \u00ab\u00a0prestasies\u00a0\u00bb wat hy aan sy departement toedig, noem hy eerstens die Nkomati-verdrag van 1984, wat &#8216;n vredesverdrag met die Kommunistiese Frelimo-bewind van Mosambiek was en bedoel was om die betrekkinge met Mosambiek te \u00ab\u00a0stabiliseer\u00a0\u00bb. Behalwe vir die verdwaalde beginselposisie wat RF aan mnr PW Botha verkoop het, was dit &#8216;n doodgebore verdrag wat allerwe\u00eb met bespotting en kroegkwinkslae begroet is.<\/p>\n<p>Dan gaan hy voort om krediet te probeer neem vir die \u00ab\u00a0vreedsame onafhanklikheidswording\u00a0\u00bb van Rhodes\u00eb in 1980 wat ons Noordelike grens \u00ab\u00a0gestabiliseer\u00a0\u00bb het. (Let op die herhaaldelike gebruik van die gerusstellende term \u00ab\u00a0stabiliseer\u00a0\u00bb). Inderdaad was die uitlewering aan nog &#8216;n kommunistiese terroristebende &#8216;n veragtelike en verrraderlike daad waarvoor geen regskape mens krediet sal wil neem nie. Die \u00ab\u00a0stabilisering\u00a0\u00bb van ons Noordgrens was die stabiliteit wat teweeg gebring is deur verraad en oorgawe. En om dan nie eers te praat nie van die vier-en dertig jaar van \u00ab\u00a0stabiliteit\u00a0\u00bb in Zimbabwe sedert 1980 onder die hiel van nog &#8216;n harlekyn diktator op die lees geskoei van &#8216;n Idi Amin Dada of &#8216;n Jean Bedel Bokassa.<\/p>\n<p>En dan hierdie verstommende en skaamtelose bekentenis\u00a0: \u00bbDie be\u00ebindiging van die oorlog in Angola in 1988 en Namibi\u00eb se vreedsame onafhanklikheidwording in 1990 \u00ab <em>wat dit moontlik gemaak het om in Suid-Afrika politieke mag oor te dra<\/em> \u00bb. Hy beskou dit as &#8216;n prestasie en spog daarmee! Hoeveel meer pervers en verwronge kan &#8216;n mens wees sonder om &#8216;n volslae psigopaat te word?<\/p>\n<p>Vir soveel jare is die Suid-\u00a0Afrikaanse en spesifiek Afrikaanse publiek aan die neus gelei deur hierdie vermaaklikheidskunstenaar en go\u00eblaar en skynbaar is daar nog steeds mense wat na hom wil luister en sy stories glo. Mens kan egter met redelike sekerheid aanneem hulle is verreweg in die minderheid, want, soos die digter Fran\u00e7ois Villon ges\u00ea het\u00a0: \u00ab\u00a0&#8216;n Ou aap is nie meer snaaks nie .\u00bb<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In sy uitgawe van 11 November plaas Die Burger &#8216;n soort van debat, of bespreking dan, van die DA se Dianne Kohler-Barnard en, glo dit as u wil, sy Edele R.F. Botha, oor die geheimsinnighede rondom die sg. Nasionale Sleutelpunte. Enige plek of instansie waaroor die ANC bewind die mond van die media wil snoer, [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":13,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[17285,10],"tags":[8899,18757,7716,7721,13712],"class_list":["post-28265","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-karel-combrinck","category-rubrieke","tag-dianne-kohler-barnard","tag-nkomati-verdrag","tag-pik-botha","tag-pw-botha","tag-renamo"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28265","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/13"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=28265"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28265\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=28265"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=28265"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=28265"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}