{"id":28238,"date":"2014-11-11T08:09:55","date_gmt":"2014-11-11T06:09:55","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=28238"},"modified":"2014-11-11T08:20:42","modified_gmt":"2014-11-11T06:20:42","slug":"sankariste-bedreig-vsa-greep-op-burkina-faso","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=28238","title":{"rendered":"Sankariste bedreig VSA-greep op Burkina Faso"},"content":{"rendered":"<p>Na &#8216;n gewilde opstand in\u00a0Burkina Faso teen die\u00a0jarelange diktator Blaise Compaore wat\u00a027 jaar aan bewind gebly het ondersteun deur die Verenigde State en Frankryk, moes president Barack Obama vinnig beweeg om die VSA se teenstanders in di\u00e9 land skaakmat te stel.<\/p>\n<p>Die Withuis moet verseker dat lojaliste van Compaore se vermoorde voorganger, Thomas Sankara, nie &#8216;n greep op die mag verkry nie.<\/p>\n<p>Die Amerikaanse Afrikabeheersentrum\u00a0(Africom), met hul hoofkwartier in Stuttgart, Duitsland het vinnig het oorgegaan tot\u00a0aksie om te verseker dat Burkina Faso &#8216;n milit\u00eare junta aanstel met\u00a0luitenant-kolonel Isaac Zida as die &#8220;tussentydse&#8221; president.<\/p>\n<p>Politieke partye en leiers van die burgerlike gemeenskap in Burkina Faso het intussen besluit dat die land in aanloop tot &#8216;n verkiesing aanstaande jaar deur &#8216;n burgerlike president gelei moet word, maar dat die regering ook lede van die weermag moet insluit.<\/p>\n<p>Ingevolge &#8216;n konsep-handves oor die oorgangsperiode mag die tussentydse president en lede van die oorgangsregering nie aan die verkiesing deelneem wat vir November aanstaande jaar beplan word nie.<\/p>\n<p>Die weermag, wat beheer van die land oorgeneem het n\u00e1 die ontsetting van president Blaise Compaore sal sy eie handves voorl\u00ea in &#8216;n poging om konsensus te bereik.<\/p>\n<p>Die adjunkbevelvoerder van die presidentswag, Isaac Zida het beheer van die land oorgeneem, maar belowe\u00a0die weermag sal nie aan die mag vasklou nie.\u00a0Maar sy vrome beloftes beteken dalk nie veel nie.<\/p>\n<p>Obama, die CIA-direkteur John O. Brennan, en Africom is steeds\u00a0bekommerd dat die grootste opposisie party, die <em>Mouvement Sankariste<\/em>\u00a0(MS) nie &#8216;n nuwe regering moet vorm nie.<\/p>\n<p>Die\u00a0MS-leier, B\u00e9n\u00e9wend\u00e9 Stanislas Sankara, &#8216;n familielid van die vermoorde\u00a0Thomas Sankara en prokureur vir die Sankara-familie, staan &#8216;n baie goeie kans om Burkina Faso se nuwe president te word.<\/p>\n<p>Maar Zida, &#8216;n gegradueerde van die VSA Gesamentlike Spesiale Operasies Universiteit by <em>MacDill Air Force Base<\/em> in Tampa, Florida, wat Africom se milit\u00eare intelligensiekursus in Botswana bygewoon het, is haastig deur die Obama-administrasie met dreigemente van geweld in Compaore se plek ingeskuif.<\/p>\n<p>Die Ivoorkus-president, Alassane Ouatarra\u00a0het die afgesette Compaore intussen met ope arms verwelkom. Ouatarra se\u00a0moeder is\u00a0in Burkina Faso gebore is, en word beskou as &#8216;n virtuele marionet van die W\u00eareldbank, die Pentagon, en Israel.<\/p>\n<p>Burkina Faso, onder Compaore, het toegelaat dat\u00a0&#8216;n Amerikaanse onbemandetuigbasis in die land gevestig word, &#8216;n geheime operasie met die kodenaam<em> Creek Sand<\/em>, en &#8216;n geklassifiseerde plaaslike intelligensiesentrum verbonde aan die Amerikaanse ambassade, met die kodenaam <em>Aztec Archer<\/em>.<\/p>\n<p>Die gewilde Sankara was vyandig teenoor die IMF asook die W\u00eareldbank. Dit het hom duur te staan gekom. In Oktober 1987, het\u00a0Sankara by &#8216;n nuuskonferensie ges\u00ea: &#8220;Ons moet met\u00a0een stem praat, en s\u00ea hierdie skuld kan nie betaal word nie. En omdat ek die eensame stem is, sal ek vermoor word. Ons moet saam s\u00ea, ons kan nie betaal nie, want ons moet\u00a0werk om &#8216;n toekoms vir ons mense te bou. Indien slegs Burkina Faso weier om te betaal, sal ek nie hier wees by die volgende konferensie nie.&#8221;<\/p>\n<p>Twee weke na di\u00e9 opmerkings, op 15 Oktober 1987, het Sankara se tweede-in-bevel, Compaore, by &#8216;n vertrek ingeloop\u00a0waar Sankara gesit het en twee skote in Sankara se bors geskiet.<\/p>\n<p>Compaore het sy staatsgreep met die CIA by die Amerikaanse ambassade in Ouagadougou en die Franse Algemene Direktoraat vir Eksterne Veiligheid (DGSE) in die Franse ambassade geko\u00f6rdineer.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Na &#8216;n gewilde opstand in\u00a0Burkina Faso teen die\u00a0jarelange diktator Blaise Compaore wat\u00a027 jaar aan bewind gebly het ondersteun deur die Verenigde State en Frankryk, moes president Barack Obama vinnig beweeg om die VSA se teenstanders in di\u00e9 land skaakmat te stel. Die Withuis moet verseker dat lojaliste van Compaore se vermoorde voorganger, Thomas Sankara, nie [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[14634,17381,9634,17835,18745,18746],"class_list":["post-28238","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-africom","tag-burkina-faso","tag-ivoorkus","tag-onbemande-tuie","tag-sankariste","tag-thomas-sankara"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28238","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=28238"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28238\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=28238"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=28238"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=28238"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}