{"id":28216,"date":"2014-11-10T11:37:09","date_gmt":"2014-11-10T09:37:09","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=28216"},"modified":"2014-11-10T11:37:09","modified_gmt":"2014-11-10T09:37:09","slug":"rooi-rose-vir-oos-duitsland","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=28216","title":{"rendered":"Rooi Rose vir Oos-Duitsland"},"content":{"rendered":"<p>Brigitte Weidlich, &#8216;n gebore Namibi\u00ebr en deesdae &#8216;n vry\u00adskutjoernalis, het in 1989 in die musiekdepartement van \u2019n private radiostasie in M\u00fcnchen gewerk, het sy aan die Republikein vertel.<\/p>\n<p>Op die geskiedkundige aand toe die aankondiging in Oos-Duitsland gemaak is dat grensposte na Wes-Berlyn oop is, was sy nie tuis nie en het gevolglik niks van die water\u00adskeiding-aankondiging geweet nie.<\/p>\n<p>\u201cDie oggend van 10 November was ek op pad werk toe toe ek die nuus oor die radio hoor. By die werk aangekom, het die nuusredakteur vir een van die joernaliste ges\u00ea om onmiddellik Berlyn toe te gaan om die grootste storie sedert die einde van die Tweede W\u00eareldoorlog te dek.<\/p>\n<p>Andreas, die joernalis, het dadelik ingestem, maar ges\u00ea hy het \u2019n assistent nodig. Ek het onmiddellik aangebied om saam te gaan, al het ek geen joernalistieke ondervinding gehad nie,\u201d vertel Brigitte.<\/p>\n<p>\u201cOns het die oggend van 11 November by Bahnhof Zoo in Wes-Berlyn aangekom. In daardie stadium was dit die enigste stasie vanwaar besoekers in Wes-Berlyn kon inkom.<\/p>\n<p>\u201cOns opdrag was om so gou as moontlik by die Brandenburger Tor te kom. Die verkeer was druk en oral was die bekende Oos-Duitse Trabi-motors te sien. Dit het ons byna &#8216;n uur geneem om daar te kom.<\/p>\n<p>\u201cDie muur het nog gestaan en gewapende Oos-Duitse soldate het op die muur gestaan met die helfte van Berlyn se bevolking wat voor die muur saamgedrom het. Die atmosfeer was gespanne. Sommige mense het probeer om met die nors Oos-Duitse soldate te praat. &#8216;n Bejaarde vrou van Berlyn het met hulle gepraat en ges\u00ea: \u2019S\u00ea vir jul base hierdie muur moet gaan.\u2019 Hulle het nie spier verroer nie. Die vrou het nader gegaan en aan &#8216;n jong soldaat ges\u00ea: \u2019Jy is so jonk dat jy my seun kon wees. Hou jy daarvan dat families geskei bly, selfs n\u00e1 wat op 9 November gebeur het? Hierdie muur moet gaan.\u2019<\/p>\n<p>\u201c\u2019n Jong meisie met &#8216;n bos rooi rose het daar aangekom en probeer om vir elke soldaat &#8216;n roos te gee. Die muur was te hoog vir haar om by te kom. \u2019n Paar jong mans het haar opgelig en sy het weer probeer. Die eerste twee of drie soldate het geweier om die roos te vat, maar een van hulle het. Groot applous het opgegaan en toe die ander soldate sien so \u2019n gebaar dra die goedkeuring van die skare weg, het hulle elkeen ook &#8216;n roos aanvaar.<\/p>\n<p>\u201cSommige mense het begin skree: &#8216;Wir sind ein Volk&#8217; (Ons is een volk).<\/p>\n<p>\u201cAmerika en Brittanje het sedert die einde van die oorlog verteenwoordigers in Berlyn gehad. Gedurende die oggend het die Britse milit\u00eare attach\u00e9 in volle uniform daar aangekom, vergesel van \u2019n hele afvaardiging om die situasie te ondersoek.<\/p>\n<p>\u201cMy kollega, Andreas, het ges\u00ea ons moet met hulle \u2019n onderhoud voer en wou weet hoe goed my Engels is. Ons het ons mediakaarte gewys en ek het die Britse generaal in Engels gevra vir \u2019n onderhoud. Hy het ingestem. Hy was duidelik verbaas dat iemand Engels met hom praat en het gevra waar ek Engels geleer het. Ek het ges\u00ea in Namibi\u00eb en toe vra hy uit oor Namibi\u00eb. Ongelukkig kan ek nie sy naam onthou nie. Hy het die gebeure as \u2019n unieke en geskiedkundige geleentheid beskryf wat fundamenteel die pad vir Europa vorentoe sou verander.<\/p>\n<p>\u201c\u2019n Mens moet onthou dat selfone en die internet 25 jaar gelede nie bestaan het nie. Ons moes \u2019n telefoonhokkie kry om die radiostasie in M\u00fcnchen te skakel en verslag te doen. Andreas het regstreeks verslag gedoen en op die regte oomblik moes ek die knoppie op die bandopnemer druk. Dan het Andreas die telefoongehoorstuk oor die luidspreker van die bandmasjien gehou.<\/p>\n<p>\u201cOos-Duitsers wat in Wes-Berlyn ingekom het, het \u2019verwelkomingsgeld\u2019 van die federale regering gekry. Die handelsbanke is oorstroom en gevolglik het die banke stalletjies buite die banke geopen om mense te help en vir hulle hul geld te gee.<\/p>\n<p>\u201cDie Oos-Duitsers was oorweldig deur die verskeidenheid goedere wat hulle in Wes-Berlynse winkels aangetref het. Dit was asof hulle in \u2019n wonderw\u00eareld was. Al was dit winter en die weer grys en oortrokke, was Wes-Berlyn daardie dag so oorweldigend lig, met groot helder advertensieborde en straatligte en winkelvertoonvensters vol kleur en lig. Dit was in skrille kontras met hoe grys en vaal dit in die ooste van die stad was.<\/p>\n<p>\u201cBerlyn se stadsraad het ook onmiddellik gratis ritte op treine en busse ingestel sodat mense vrylik kon rondbeweeg. In nog \u2019n stap wat baie gehelp het, is afgetrede bus- en trempersoneel weer in uniform geplaas en hulle het mense gehelp om by hul bestemmings uit te kom. Mense uit die ooste het nie geweet waar om wat in die weste te vind nie. Mense was in daardie dae so hulpvaardig, dit was \u2019n ongelooflike belewenis.<\/p>\n<p>\u201cGedurende die dag het ons gehoor mense het elders in die stad begin om aan die muur te kap. Hulle het die bynaam \u2018Mauerspecht\u2019 (muur houtkappervo\u00ebls) gekry. Ons is daarheen en het gesien hoe jong mense besig was om te kap en vir hulle aandenkings van die muur te neem.<\/p>\n<p>\u201cDie Wes- en Oos-Duitse regering was ondertussen besig om te onderhandel om van die muur ontslae te raak, want die grensposte kon eenvoudig nie die druk hanteer van al die mense wat wou deurkom nie.<\/p>\n<p>Die aand van 11 November het Andreas en ek na \u2019n sekere plek gegaan waar die Wes-Berlynse burgemeester, Walter Momper, by was en waar &#8216;n trekker en hyskraan begin het om die muur af te breek en dit fisies te verwyder.<\/p>\n<p>\u201cDie muur is in segmente gebou, en in segmente verwyder. Ek onthou dit was koud en Momper het \u2019n helder, rooi serp aangehad. Mense was saamgetrek om die verwydering van die muur te aanskou. Hulle het geskree en dit was baie emosioneel. Na die muursegment verwyder is, kon ons aan die oostekant \u2019n oop stuk grond sien waar polisie en soldate gestaan het. Berlyners het sjampanjeproppe geskiet en mense het gefluit en geskree en handegeklap, en sommige het van pure emosie gehuil. Toe die eerste mense van die ooste deurkom n\u00e1 hulle hul dokumente aan die soldate getoon het, het hulle \u2019n byna heldeontvangs aan die westekant van die muur gekry.<\/p>\n<p>\u201cDie Sondagmiddag toe ons by Bahnhof Zoo was om na M\u00fcnchen terug te keer, het mense ons vertel dat die w\u00eareldbekende Russiese tjellis, Mstislaw Rostropowitsj, met sy private vliegtuig in Berlyn geland het en met sy tjello by een van die plekke langs die muur begin tjello speel het. Dit was sy manier om te wys hoe gelukkig hy met die gebeure was,\u201d vertel Brigitte.<\/p>\n<p>Ambassadeur H\u00fcckmann onthou<\/p>\n<p>Die Duitse ambassadeur in Namibi\u00eb, mnr. Onno H\u00fcckmann, was ten tyde van hierdie geskiedkundige \u00adhoofstuk in Duitsland se \u00adgeskiedenis, in Bonn by die Duitse ministerie van buitelandse sake se lessenaar gemoeid met Afrikasake.<\/p>\n<p>\u201cDie val van die muur en die opening van grense tussen Oos- en Wes-Duitsland het vir almal as \u00adverrassing gekom. Net soos die muur in 1961 byna oornag verrys het.&#8221;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Brigitte Weidlich, &#8216;n gebore Namibi\u00ebr en deesdae &#8216;n vry\u00adskutjoernalis, het in 1989 in die musiekdepartement van \u2019n private radiostasie in M\u00fcnchen gewerk, het sy aan die Republikein vertel. Op die geskiedkundige aand toe die aankondiging in Oos-Duitsland gemaak is dat grensposte na Wes-Berlyn oop is, was sy nie tuis nie en het gevolglik niks van &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=28216\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Rooi Rose vir Oos-Duitsland&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[6279,7342,18736,4708,18737,9940,18738],"class_list":["post-28216","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-berlyn","tag-berlynse-muur","tag-die-muur","tag-kommunisme","tag-mstislaw-rostropowitsj","tag-oos-duitsland","tag-tjellis"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28216","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=28216"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28216\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=28216"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=28216"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=28216"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}