{"id":28204,"date":"2014-11-10T09:33:26","date_gmt":"2014-11-10T07:33:26","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=28204"},"modified":"2014-11-10T09:45:45","modified_gmt":"2014-11-10T07:45:45","slug":"anc-alliansie-steier-onder-numsa-se-skorsing","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=28204","title":{"rendered":"ANC-alliansie steier onder Numsa se skorsing"},"content":{"rendered":"<p>Cosatu se eenheid en die stabiliteit van die regerende\u00a0alliansie is &#8216;n swaar slag\u00a0toegedien\u00a0na die uitsetting van Numsa, die vakbondfederasie se grootste vennoot.<\/p>\n<p>Numsa\u00a0is die naweek by &#8216;n vergadering van Cosatu se sentrale uitvoerende komitee uit die vakbondfederasie geskors.<\/p>\n<p>Die stap, wat in die vroe\u00eb oggendure\u00a0Saterdag besluit is, plaas die ANC-eenheid ook in gevaar.<\/p>\n<p>Die skorsing volg nadat Numsa besluit het om nie die ANC in vanjaar se verkiesings te steun nie, om werkers van buite die vakbond se tradisionele steunbasis te werf, en &#8216;n beroep op Cosatu om van die drieparty-alliansie weg te breek.<\/p>\n<p>Cosatu se bondgenote kon egter nie duidelik uitspel wat die\u00a0implikasies van die federasie se skuif teen Numsa\u00a0is nie.<\/p>\n<p>Die ANC het intussen &#8216;n oproep gedoen vir die &#8220;beginselvaste eenheid van die werkersklas.&#8221;<\/p>\n<p>Sekretaris-generaal Gwede Mantashe het ges\u00ea &#8220;enige verdeeldheid onderling of tussen\u00a0van die alliansie-vennote is sleg vir die ANC en die samelewing&#8221;.<\/p>\n<p>Een van die gevolge\u00a0is onder meer dat ander\u00a0vakbonde wat Numsa ondersteun, ook\u00a0uit Cosatu\u00a0sal stap.<\/p>\n<p>Dit sal gebeur\u00a0as die dominante faksie wat verantwoordelik is vir die besluit,\u00a0van sekretaris-generaal Zwelinzima Vavi volgende ontslae raak.<\/p>\n<p>Die hoofsekretaris van die mynwerkersvakbond NUM, Frans Baleni het die leierskap van die metaalwerkersvakbond Numsa\u00a0gevra om binnegevegte te staak en op eenheid onder werkers te fokus.<\/p>\n<p>Baleni het vroe\u00ebr openlik sy spyt uitgespreek met Numsa se skorsing uit Cosatu.<\/p>\n<p>Numsa se hoofsekretaris, Irvin Jim het dit egter verwerp. Hy het Baleni van skynheiligheid beskuldig en s\u00ea hy was onder diegene wat Numsa\u00a0se skorsing voorgestaan het.<\/p>\n<p>Baleni s\u00ea Numsa\u00a0is die slagoffer van sy eie omstandighede.<\/p>\n<p>Die ANC sal Maandag &#8216;n nuuskonferensie in Johannesburg hou oor die jongste verwikkelinge.<\/p>\n<p>Die ANC het Numsa se skorsing vroe\u00ebr as &#8216;n tragedie bestempel. Die ANC woordvoerder, Zizi Kodwa s\u00ea &#8216;n verswakte en verdeelde Cosatu maak werkers kwesbaar.<\/p>\n<p>Volgens Kodwa sal die ANC aanhou om in gesprek te tree met alle rolspelers.<\/p>\n<p>Die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty het ook sy kommer oor die skorsing uitgespreek.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Cosatu se eenheid en die stabiliteit van die regerende\u00a0alliansie is &#8216;n swaar slag\u00a0toegedien\u00a0na die uitsetting van Numsa, die vakbondfederasie se grootste vennoot. Numsa\u00a0is die naweek by &#8216;n vergadering van Cosatu se sentrale uitvoerende komitee uit die vakbondfederasie geskors. Die stap, wat in die vroe\u00eb oggendure\u00a0Saterdag besluit is, plaas die ANC-eenheid ook in gevaar. Die skorsing &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=28204\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;ANC-alliansie steier onder Numsa se skorsing&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[6332,10815,5335,5255,17872],"class_list":["post-28204","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-cosatu","tag-num","tag-numsa","tag-vakbond","tag-werkers"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28204","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=28204"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28204\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=28204"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=28204"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=28204"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}