{"id":28202,"date":"2014-11-10T08:12:32","date_gmt":"2014-11-10T06:12:32","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=28202"},"modified":"2014-11-10T08:12:32","modified_gmt":"2014-11-10T06:12:32","slug":"brand-eis-troetelpapegaai","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=28202","title":{"rendered":"Brand eis troetelpapegaai"},"content":{"rendered":"<p>\u2018n Inwoner van Meiringspark is hoogs ontsteld na sy huis af gebrand het en sy geliefde papegaai nie gered kom word nie.<\/p>\n<p>Terwyl die vlamme om hom in \u2018n brandende huis opgeslaan het, het Xander Rehbock tevergeefs probeer om Kerneels, \u2018n African Grey-papegaai te red, het Record East berig.<\/p>\n<p>Clive Oosthuizen en Marie Rehbock van Erasmus Straat, Meiringspark, was albei by die werk toe die brand Woensdag omstreeks 15:30 ontstaan. \u2018n Huishulp het onraad bemerk toe sy by die venster uitkyk en rook by die dak sien uitborrel.<\/p>\n<p>Sy het Xander Rehbock, wat in \u2018n huis langsaan vir die matriek-eksamen studeer het, dadelik geroep.\u201cEk het geweet my neef en sy ouma was nie daar nie. Terwyl my moeder Elize die brandweer ontbied het, het ek na Clive se huis gehardloop. Dit was gesluit en ek het \u2018n baksteen by die venster ingegooi om in te gaan, maar die vlamme was te kwaai,\u201d vertel Xander.\u201c<\/p>\n<p>Die vlamme was reeds hoog en ek het die voordeur met \u2018n pyp oopgebreek. Ek het Kerneels se draadhok probeer gryp, maar di\u00e9 was so warm dat ek nie daaraan kon raak nie. Kerneels was toe nog lewendig,\u201d het Xander vertel.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea dat hy met die verstikkende rookdampe geen ander keuse gehad het as om uit die huis te hardloop nie.\u201cEk het in die uithardloop twee muurbehangsels gegryp. Twee oorspronklike Maggie Laubscher-skilderye en ander meubelstukke van Clive se ouma wat oor die 100 jaar oud is, is in die see van vlamme vernietig. Die brandweer van Silverton was vinnig op die toneel, maar dis al,\u201d s\u00ea Xander.\u201c<\/p>\n<p>Die eerste van die twee brandweerwaens het met \u2018n tenk half vol water daar aangekom. Ek weet dit is so, want een van die brandweermense het dit vir my ges\u00ea.\u201d<\/p>\n<p>Johnny Klopper van die buurtwag vertel dat hy oor die gemeenskapsradio van die brand gehoor en dadelik soontoe gery het.\u201c<\/p>\n<p>By my aankoms was die eerste brandweerwa daar, maar hulle was beslis nie gereed om die brand te bestry nie. Dit was opvallend hoe doodluiters hulle nader gestap het. Hulle het brandweerslange gehad wat vol gate was,\u201d vertel hy.\u201c<\/p>\n<p>Hulle koppelings was so swak dat die water hemelho\u00eb bo\u00eb uitgespuit het voordat dit by die punt uitgekom het. Toe hulle agterkom hulle het nie genoeg water nie, het hulle nie eens geweet van die brandweer-koppelpunte in die omgewing nie.\u201d<\/p>\n<p>Klopper s\u00ea die brandweer het toe ver gery om water te gaan haal \u2013 ten spyte daarvan dat \u2018n buurman sy swembad vol water aangebied het.<\/p>\n<p>Klopper het ook \u2018n video van die brandweerwaens op die toneel geneem wat toon hoe water by koppelpunte uitspuit en in die inrit van die woning afloop.<\/p>\n<p>Clive Oosthuizen het van sy werkplek in Waltloo huis toe gejaag toe hy van die brand hoor.\u201c<\/p>\n<p>By my aankoms het die brand, wat vermoedelik in my slaapkamer ontstaan het, reeds deur die huis versprei. Ja, daar was onvervangbare skilderye in die huis en duur outydse meubels, maar dit is alles niks as dit by Kerneels kom nie,\u201d s\u00ea hy.<\/p>\n<p>\u201cKerneels was een van my kosbaarste besittings. Hy het gepraat en dit verskriklik geniet as ek saans met hom op my skouer rondloop. Ek is net bly dat my honde buite die huis was. Die mense van Meiringspark en die buurtwag kan ek nie genoeg bedank vir die steun wat hulle ons daar op die toneel aangebied het nie.\u201d<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>\u2018n Inwoner van Meiringspark is hoogs ontsteld na sy huis af gebrand het en sy geliefde papegaai nie gered kom word nie. Terwyl die vlamme om hom in \u2018n brandende huis opgeslaan het, het Xander Rehbock tevergeefs probeer om Kerneels, \u2018n African Grey-papegaai te red, het Record East berig. Clive Oosthuizen en Marie Rehbock van &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=28202\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Brand eis troetelpapegaai&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[7108,11595,5380,18729,18728,18727],"class_list":["post-28202","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-brand","tag-brandweer","tag-dienslewering","tag-maggie-laubscher","tag-silverton","tag-troetelpapegaai"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28202","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=28202"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28202\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=28202"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=28202"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=28202"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}