{"id":28124,"date":"2014-11-05T09:25:05","date_gmt":"2014-11-05T07:25:05","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=28124"},"modified":"2014-11-05T09:25:05","modified_gmt":"2014-11-05T07:25:05","slug":"gaan-die-republikeine-verder-oorlog-maak","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=28124","title":{"rendered":"Gaan die Republikeine verder oorlog maak?"},"content":{"rendered":"<p>President Barack Obama se administrasie sal\u00a0in sy laaste twee jaar &#8216;n opdraende stryd moet voer, nadat die opposisie &#8211; die Republikeine &#8211; beheer oor die Senaat in die middeltermynverkiesing gewen het.<\/p>\n<p>Elke Senaatskomitee sal nou onder voorsitterskap van &#8216;n Republikein staan,\u00a0alles van buitelandse beleid tot Hooggeregshofaanstellings.<\/p>\n<p>Die Republikeine beheer die Huis van Verteenwoordigers sowel as die Senaat.<\/p>\n<p>Die party het ses bykomende setels in die senaat benodig om &#8216;n meerderheid te behaal, en het daarin geslaag om sewe setels te verower.<\/p>\n<p>Die toekoms wat die VSA se buitelandse beleid betref, is egter duister, aangesien gewone Amerikaners toenemend gekant is teen oorlog, maar weens drakoniese binnelandse wetgewing nie in opstand kom teen hulle heersers se konflikgedrewe uitbreidingsug nie.<\/p>\n<p>Onder aanvoering van NAVO is Bulgarye, Estland, Letland, Litoue, Romeni\u00eb, Slovakye, and Sloveni\u00eb reeds onder die VSA se hak en is die Nuwe Koue Oorlog in die Oekra\u00efne aangekondig.<\/p>\n<p>Republikeine het sedert 1970 binnelandse veiligheid beklemtoon.<\/p>\n<p>Vir byna al die afgelope 40 jaar, het stembusse getoon dat die Amerikaners die Republikeine met\u00a0veiligheid,\u00a0buitelandse sake en die weermag vertrou, maar met George Bush het di\u00e9 ingesteldheid dalk verander.<\/p>\n<p>Sedert\u00a01972, was\u00a0dit vir die Republikeinse Party maklik om kiesers te vertel dat hulle milit\u00eare uitgawes beheer.<\/p>\n<p>Dit was verreweg hul topbestedingsprioriteit, terwyl Demokrate o\u00ebnskynlik altyd veg teen armoede.<\/p>\n<p>Gewapen met meerderheid in beide huise, kan &#8216;n Republikeinse Kongres President Obama egter in die verleentheid stel met\u00a0veranderinge aan sy gesondheidsorgplan.<\/p>\n<p>Die GOP kan &#8216;n 1996-Wet gebruik om feitlik enige regulasie te stop, ten minste totdat Obama sy veto\u00a0uitoefen, wat die politieke gang in Washington kan vertraag.<\/p>\n<p>Die president se immigrasieplanne is natuurlik ook van die baan met felle Republikeinse teenkanting en &#8216;n onmiddellike befondsingsmeganisme vir die Keystone-oliepyplyn kan so gou as\u00a0Januarie gebeur.<\/p>\n<p>Vir die milit\u00ear-industri\u00eble kompleks in Washington is dit\u00a0die Pentagon wat hul winsgrense waarborg.\u00a0Oorlogskoors uit daardie oorde sal dus nie gou taan nie.\u00a0Dit het ook nie onder die Demokrate en &#8216;n swart president gewapen met &#8216;n Nobelvredesprys nie.<\/p>\n<p>Washington se werklike teiken is Rusland wat oorloop van natuurlike energiehulpbronne. Dit sal interessant wees om te sien hoe die Republikeine dit gaan benader.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>President Barack Obama se administrasie sal\u00a0in sy laaste twee jaar &#8216;n opdraende stryd moet voer, nadat die opposisie &#8211; die Republikeine &#8211; beheer oor die Senaat in die middeltermynverkiesing gewen het. Elke Senaatskomitee sal nou onder voorsitterskap van &#8216;n Republikein staan,\u00a0alles van buitelandse beleid tot Hooggeregshofaanstellings. Die Republikeine beheer die Huis van Verteenwoordigers sowel as [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50,11],"tags":[18700,12240,12243,15225,9575,12241,18684],"class_list":["post-28124","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","category-s7-menings","tag-buitelandse-beleid","tag-demokrate","tag-huis-van-verteenwoordigers","tag-konflik","tag-oorlog","tag-republikeine","tag-senaat"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28124","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=28124"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28124\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=28124"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=28124"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=28124"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}