{"id":28114,"date":"2014-11-05T07:12:44","date_gmt":"2014-11-05T05:12:44","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=28114"},"modified":"2014-11-05T07:12:44","modified_gmt":"2014-11-05T05:12:44","slug":"polisie-in-hul-eie-vangwa-toegesluit-deur-rowers","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=28114","title":{"rendered":"Polisie in hul eie vangwa toegesluit deur rowers"},"content":{"rendered":"<p>Drie verdagtes is Dinsdag in hegtenis geneem nadat twee polisiebeamptes in Rabierif in Midrand, Gauteng van hul vuurwapens beroof is\u00a0en agter in hul eie vangwa opgeland het.<\/p>\n<p>\u201cDie drie verdagtes, tussen 25 en 30 jaar oud, sal binnekort in die Tembisa landdroshof verskyn,\u201d het brig. Neville Malila, woordvoerder van die polisie, in \u0149 verklaring ges\u00ea.<\/p>\n<p>Hulle sal teregstaan op aanklagte van gewapende roof, kaping, poging tot moord en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.<\/p>\n<p>\u201cDie verdagtes het twee polisiebeamptes oor middagete genader terwyl hulle by \u0149 kosstalletjie gesit het,\u201d het Malila verduidelik. \u201cDie verdagtes het \u0149 vuurwapen op die beamptes gerig en hulle wapens afgeneem. Hulle het die beamptes daarna in hul patrollievoertuig toegesluit en met die vuurwapens gevlug.\u201d<\/p>\n<p>Malila s\u00ea nog drie verdagtes het opgedaag en hulle het \u0149 voertuig gekaap en daarmee gevlug.<\/p>\n<p>\u201cLede van die gemeenskap het die vangwa oopgemaak en die polisiebeamptes bevry,\u201d het hy ges\u00ea. \u201cDie lede het bystand ontbied en die verdagtes is agternagesit.\u201d Die verdagtes het verskeie skote op die polisiebeamptes gevuur voordat hulle beheer verloor het oor hul voertuig. Geen beserings is aangemeld nie.<\/p>\n<p>\u201cDie polisie het drie verdagtes in hegtenis geneem en drie vuurwapens gekonfiskeer,\u201d het Malila bygevoeg. \u201c\u0149 Derde vuurwapen word verbind aan \u0149 voorval in September 2014 waar daar op Johannesburgse metropolisiebeamptes geskiet is voordat hulle van hul wapens ontneem is.\u201d<\/p>\n<p>Nog verdagtes is op vrye voet.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Drie verdagtes is Dinsdag in hegtenis geneem nadat twee polisiebeamptes in Rabierif in Midrand, Gauteng van hul vuurwapens beroof is\u00a0en agter in hul eie vangwa opgeland het. \u201cDie drie verdagtes, tussen 25 en 30 jaar oud, sal binnekort in die Tembisa landdroshof verskyn,\u201d het brig. Neville Malila, woordvoerder van die polisie, in \u0149 verklaring ges\u00ea. &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=28114\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Polisie in hul eie vangwa toegesluit deur rowers&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[218,18695,2851,10851,5169,18693,18694],"class_list":["post-28114","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-misdaad","tag-patrollievoertuig","tag-polisie","tag-rowers","tag-sapd","tag-vangwa","tag-vuurwapens-en-ammunisie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28114","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=28114"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28114\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=28114"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=28114"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=28114"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}