{"id":2811,"date":"2008-09-17T03:55:48","date_gmt":"2008-09-17T03:55:48","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=2811"},"modified":"2008-09-17T03:55:48","modified_gmt":"2008-09-17T03:55:48","slug":"aig-kry-r700-miljard-van-amerikaanse-regering","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=2811","title":{"rendered":"AIG kry R700 miljard van Amerikaanse regering"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p>Hierdie buitengewone stap is bedoel om die ineenstorting van American International Group te verhoed, wat die globale finansi&euml;le stelsel kon skaad.<\/p>\n<p>Onder die plan gaan die bestaande bestuur van die maatskappy deur nuwe uitvoerende beamptes vervang word. Gerugte wil h&ecirc; dat Edward Liddy, die vorige uitvoerende beampte van Allstate vir Robert Willumstad gaan vervang. Laasgenoemde is verlede jaar deur die voorsitter ingebring om die afgesette Martin Sullivan te vervang.<\/p>\n<p>Die owerheid, wat &#39;n vetoreg oor alle belangrike besluite van die maatskappy sal behou, sal ekwiteit ontvang wat hulle &#39;n 79,9 persent aandeel in AIG sal besorg. In ruil gaan die versekeraar &#39;n oorbruggringslening van $85 miljard ontvang om dit staande te hou totdat die maatskappy van sy miljarde dollar aan bates ontslae kan raak. Die Fed het ges&ecirc; die lening sal na verwagting terugbetaal word uit die verkoop van AIG-filiale. &#39;n Senior beampte van die Federale Reserwe het ges&ecirc; die mees waarskynlike gevolg gaan &#39;n ordelike likwidasie van AIG wees, hoewel dit moontlik is dat die maatskappy as &#39;n werkende firma mag oorleef.<\/p>\n<p>Die lening geskied teen &#39;n strafrentekoers van driemaande-LIBOR (Die Londense interbankaanbodkoers) plus 850 basispunte, wat aan AIG &#39;n sterk aansporing bied om dit so gou moontlik terug te betaal. As sekuriteit geld al AIG se bates, waaronder di&eacute; van filiale.<\/p>\n<p>Die Fed het in &#39;n verklaring ges&ecirc; dat dit optree om &#39;n &quot;wanorderlike ondergang van AIG&quot; te verhoed wat &quot;sou bydra tot die reeds beduidende vlakke van markbroosheid en tot heelwat ho&euml;r leningskostes aanleiding kan gee, iets wat huishoudelike bates nog verder sou verminder en die ekonomie nog meer sou skaad&quot;.<\/p>\n<p>AIG is &#39;n groot multinasionale versekeraar, maar dis veel meer as dit. &#39;n Kykie na die groep se struktuur toon waarom. Indien dit Lehman sou volg en onder beheer van &#39;n likwidateur geplaas word, sou dit skokgolwe deur die globale finansi&euml;le markte stuur.<\/p>\n<p>Die uitreiking van die ekwiteitsdeelname aan die regering is bedoel om bestaande aandeelhouers te verhoed om te baat by die maatskappy se redding, wat tans deur verliese op komplekse instrumente met onderliggende verbandlenings en ander bates gekniehalter word.<\/p>\n<p>Volgens president George W. Bush sal die reddingsdaad &quot;stabiliteit in die finansi&euml;le markte bevorder&quot;.<\/p>\n<p>Die noodmaatre&euml;ls kom n&aacute; vroe&euml;re planne vir &#39;n privaatsektorreddingspoging misluk het vanwe&euml; die 21 persent-daling in AIG se aandele, wat die markkapitalisering van een van die grootste versekeringsmaatskappye ter w&ecirc;reld tot net oor die $7,5 miljard (R64 miljard) gereduseer het.<\/p>\n<p>Die AIG-krisis het nog &#39;n dag van onbestendigheid in globale markte gister veroorsaak, wat deur die bankrotskap van Lehman Brothers oor die naweek ingelui is, asook die haastige oorname van Merrill Lynch deur die Bank van Amerika. Ondanks die onstuimigheid, wat deur brutale toestande in die Europese depositomarkte gekenmerk is, het die Federale Reserwe Dinsdagaand rentekoerse onveranderd op 2 persent gehou.<\/p>\n<\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/pro100casino.com\/book-of-maya\">Book of Maya<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/extrimcams.com.ua\/object\/dostavka-avia-i-sudoxodnimi-liniyami-topcargo\">topcargo<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p align=\"justify\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/aig.png\" width=\"200\" height=\"99\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>09:55:59 Die Amerikaanse Federale Reserwebank gaan $85 miljard (ongeveer R700 miljard) aan die versekeringsreus AIG leen. In ruil ontvang die regering &#39;n aandeel van 79,9 persent van die maatskappy en effektiewe beheer daaroor.<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[85],"tags":[2721,21089,21113],"class_list":["post-2811","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c76-sake","tag-aig-kry-r700-miljard-van-amerikaanse-regering","tag-nuus","tag-c76-sake"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2811","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=2811"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2811\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=2811"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=2811"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=2811"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}