{"id":28059,"date":"2014-11-03T08:19:58","date_gmt":"2014-11-03T06:19:58","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=28059"},"modified":"2014-11-03T08:33:12","modified_gmt":"2014-11-03T06:33:12","slug":"doodsdreigemente-en-laster-teen-steve-hofmeyr","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=28059","title":{"rendered":"Doodsdreigemente en laster teen Steve Hofmeyr"},"content":{"rendered":"<p>Steve Hofmeyr het verlede week, voor sy optrede Saterdag by Afriforum se gratis musiekfees by die Voortrekkermonument, teenoor <span style=\"color: #0000ff;\">praag<\/span> vermeld dat hy tans &#8216;n ongekende aantal doodsdreigemente ontvang. Vanoggend berig die media dat daar Saterdag spesiale veiligheidsmaatre\u00ebls vir die sanger en Afrikaanse aktivis getref is.<\/p>\n<p>Die Johannesburgse dagblad Beeld, wat vroe\u00ebr met &#8216;n veldtog teen die laaste Afrikaanse kampus op Potchefstroom begin het deur studente van &#8220;Nazi-rituele&#8221; te beskuldig, verkeer op die voorpunt van die aksie\u00a0teen Hofmeyr omdat hy dit durf waag het om enkele weke gelede Die Stem te sing. Die ekstreemlinkse redakteur van Beeld, Adriaan Basson, neem Hofmeyr ook kwalik omdat hy onlangs beklemtoon het dat swartes\u00a0weens hul deelname aan die stelsel en verskeie ander faktore mede-argitekte van apartheid was.<\/p>\n<p>Tesame met Adriaan Basson, is die buikspreker Conrad Koch wat &#8220;namens&#8221; sy pop Chester Missing vir 144 000 volgelinge twiet, besig om mense teen Hofmeyr en Afrikaners in die algemeen op Twitter te probeer opsweep. Koch huiwer nie om vloekwoorde en lasterlike taal te gebruik nie en tipeer Hofmeyr om die beurt as &#8220;moroon&#8221;, &#8220;idioot&#8221; en &#8220;rassis&#8221;. Hier is &#8216;n voorbeeld van een van sy twiets waarin hy openlik dreig dat hy Hofmeyr gaan vernietig.<\/p>\n<blockquote class=\"twitter-tweet\" lang=\"en\"><p>Steve, u dicktroll, by the time I am done with you even your dog will think you&#8217;re a c*nt. \u201c<a href=\"https:\/\/twitter.com\/steve_hofmeyr\">@steve_hofmeyr<\/a>: Koch&#8217;s campaign is backfiring<\/p>\n<p>\u2014 Chester Missing (@chestermissing) <a href=\"https:\/\/twitter.com\/chestermissing\/status\/528276870593523712\">October 31, 2014<\/a><\/p><\/blockquote>\n<p><script src=\"\/\/platform.twitter.com\/widgets.js\" async=\"\" charset=\"utf-8\"><\/script><\/p>\n<p><a title=\"Aktief, aktueel, Afrikaans!\" href=\"http:\/\/praag.co.za\">praag<\/a> het vanoggend boodskappe met Hofmeyr uitgeruil waarin hy Koch daarvan beskuldig dat hy &#8220;regter, jurie en laksman speel&#8221;.<\/p>\n<p>&#8220;Conrad Koch is besig om die swart publiek met sy verdraaiings, asook borge soos Williams Hunt en Pick n Pay, teen my af te speel,&#8221; meen Steve Hofmeyr.<\/p>\n<figure id=\"attachment_28065\" aria-describedby=\"caption-attachment-28065\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/koch_zapiro.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-28065\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/11\/koch_zapiro-300x199.jpg\" alt=\"Conrad Koch en sy mede-Boerehater, Zapiro\" width=\"300\" height=\"199\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-28065\" class=\"wp-caption-text\">Conrad Koch en sy mede-Boerehater, Zapiro<\/figcaption><\/figure>\n<p>Williams Hunt op Port Elizabeth het &#8216;n week gelede hul borgvoertuig &#8216;n dag vroe\u00eb van Hofmeyr teruggevra nadat Koch hul telefoonnommer op Twitter gepubliseer het en sy volgelinge aangemoedig het om by die motorhandelaar beswaar teen Hofmeyr te maak. Tans spits Koch hom daarop toe om die Afrikaans is Groot-musiekfees, waar Steve Hofmeyr een van die genooide kunstenaars is, se borgskappe insgelyks te laat terugtrek. Hy plaas veral druk op Pick n Pay om sy borgskap aan di\u00e9 Afrikaanse musiekfees te onttrek.<\/p>\n<p>Op sy beurt het Steve Hofmeyr gewaarsku dat daar &#8220;vele afleggings kan geskied as gevolg van Conrad Koch se veldtog. Sowel Links as Regs kan die maatskappye begin boikot. Williams Hunt het in &#8216;n benoude twiet hul houding verander deur skielik te verkondig dat hulle &#8220;Steve weer sal borg&#8221; nadat inwoners van PE en boere in omliggende streke te kenne gegee het\u00a0dat hulle eenvoudig hul voertuie sal teruggee en daardie takke sal boikot oor hul ondeurdagte boikot teen\u00a0my.&#8221;<\/p>\n<p>Pick n Pay is insgelyks huiwerig om die hele Afrikaanse publiek te vervreem deur die sensuurveldtog deur Beeld en Conrad Koch teen Steve Hofmeyr te steun. Steve Hofmeyr s\u00ea: &#8220;Pick n Pay, een van die borge van Afrikaans is Groot het laat weet dat hy nie met individuele kunstenaars onderhandel nie maar alleen met &#8216;n agentskap.&#8221;<\/p>\n<p>By Saterdag se musiekfees by die Voortrekkermonument het Steve Hofmeyr, tesame met &#8216;n skare van 20 000 mense, weereens Die Stem gesing, ondanks die heftige kritiek wat Beeld en ander linkse media reeds weke lank teen Hofmeyr en die meer patriotiese Afrikaners monster.<\/p>\n<p><iframe loading=\"lazy\" src=\"\/\/www.youtube.com\/embed\/l24gVu99iuA\" width=\"420\" height=\"315\" frameborder=\"0\" allowfullscreen=\"allowfullscreen\"><\/iframe><\/p>\n<p>Nadat Hofmeyr aanvanklik Die Stem by die Innibos-kunstefees op Nelspruit gesing het, het Vodacom intussen laat weet dat hy voortaan van die organiseerders sal verwag dat hulle in die konktrakte van kunsternaars die sing van Die Stem sal verbied.<\/p>\n<p>Intussen het Conrad Koch vanoggend op Cape Talk verskyn waar hy ges\u00ea het:<\/p>\n<blockquote><p>&#8220;Steve Hofmeyr het die grens oorgesteek en verdien daarom om ge\u00f6strajeer te word toe hy ges\u00ea het dat swartmense self die argitekte van apartheid was. Ek kan nie met Steve Hofmeyr argumenteer nie, want ek het &#8216;n meestersgraad in antropologie. Die rede waarom Hofmeyr geloofwaardigheid het, is omdat groot maatskappye hom daardie geloofwaardigheid gee. Hofmeyr s\u00ea dat swartes nie ontwikkel genoeg was om aan ons samelewing deel te neem nie.&#8221;<\/p><\/blockquote>\n<p>Koch het op sy woernaal in nog &#8216;n aanval op Steve Hofmeyr geskryf:<\/p>\n<blockquote><p>Steve said: \u201cIf the world doesn\u2019t buy into African systems, mentality and reputation, it isn\u2019t always their fault\u201d. Let\u2019s start with the awkward fact that <em>he stole his entire language from black people<\/em>. Afrikaans was first written in Arabic by an Iman translating the Koran. Salaam alaikum, Oom Steve. [beklemtoning bygevoeg &#8211; red.]<\/p><\/blockquote>\n<p>Dit wil voorkom asof Koch &#8216;n voorstander is van Afrosentrisme, &#8216;n Amerikaanse doktrine wat deur Martin Bernal verwoord is. Daarvolgens het Europe\u00ebrs en blankes hul kennis, wetenskap en tegnologie oor die eeue heen van swartmense in Afrika &#8220;gesteel&#8221;, net soos blanke boere hul grond &#8220;gesteel&#8221; het.<\/p>\n<p>Volgens Koch tydens sy CapeTalk-onderhoud, sou Steve Hofmeyr se optredes lankal verbied gewees het indien hy ges\u00ea het &#8220;dat Jode die argitekte van apartheid was of dat ons seks met bokke in die openbaar moet h\u00ea. Wat Steve Hofmeyr s\u00ea, is absoluut weersinwekkend, hy ondersteun die stereotipes van kolonialisme en is besig met volledige (full-blown) rassisme.&#8221;<\/p>\n<p>Koch se veldtog word ook deur bekende lede van staatsveiligheid en veral die misdaadintelligensie-eenheid ondersteun. &#8216;n Polisieman op Stellenbosch wat gereeld smeerveldtogte teen Afrikaanse openbare figure het verwoed saam met Conrad Koch begin twiet, asook die name van dr. Dan Roodt se kinders op Twitter vrygestel in &#8216;n sinistere poging om hom te intimideer weens die steun wat hy tot dusver aan Hofmeyr op Twitter en elders gebied het.<\/p>\n<p>In sy kommentaar het dr. Dan Roodt ges\u00ea: &#8220;Pleks daarvan dat die misdaadintelligensie-eenheid plaas- en ander moorde probeer oplos, is hulle besig met lasterveldtogte en intimidasie van Afrikaanse skrywers en kunstenaars.&#8221;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Steve Hofmeyr het verlede week, voor sy optrede Saterdag by Afriforum se gratis musiekfees by die Voortrekkermonument, teenoor praag vermeld dat hy tans &#8216;n ongekende aantal doodsdreigemente ontvang. Vanoggend berig die media dat daar Saterdag spesiale veiligheidsmaatre\u00ebls vir die sanger en Afrikaanse aktivis getref is. Die Johannesburgse dagblad Beeld, wat vroe\u00ebr met &#8216;n veldtog teen &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=28059\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Doodsdreigemente en laster teen Steve Hofmeyr&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[8350,18547,18639,18667,9377],"class_list":["post-28059","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","tag-afrosentrisme","tag-chester-missing","tag-conrad-koch","tag-martin-bernal","tag-steve-hofmeyr"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28059","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=28059"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28059\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=28059"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=28059"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=28059"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}