{"id":28031,"date":"2014-10-31T12:48:36","date_gmt":"2014-10-31T10:48:36","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=28031"},"modified":"2014-10-31T12:57:25","modified_gmt":"2014-10-31T10:57:25","slug":"te-veel-ekstremiste-is-al-vernoem","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=28031","title":{"rendered":"Te veel ekstremiste is al vernoem"},"content":{"rendered":"<p>Die Kaapse stadsraad wil\u00a0Tafelbaai-boulevard na F.W. de Klerk hernoem en De Klerk se minnesanger Leopold Scholtz vind dit uitstekend aangesien &#8220;ekstremiste&#8221; daarteen gekant is.<\/p>\n<p>Die probleem is egter dat sommige\u00a0&#8220;ekstremiste&#8221; in Leopold se eie verbeeldingsw\u00eareld nes geskop het, waarmee hyself sy &#8220;gematigde&#8221; draadsitterstatus onder verdenking plaas.<\/p>\n<blockquote><p>Linkse ekstremiste meen De Klerk was \u2019n nare apartheidspresident wat di\u00e9 beleid net afgeskaf het omdat die heldhaftige ANC hom daartoe gedwing het. Aan die regterkant word ges\u00ea De Klerk het die wit mense en die Afrikaners verraai.<\/p>\n<p>Albei groepe meen De Klerk moenie op di\u00e9 manier vereer word nie. (Interessant hoe uiterstes mekaar altyd \u00earens vind!)<\/p><\/blockquote>\n<p>Teen hierdie tyd is daar min Afrikaners wat nie al oor die kop geslaan is met die &#8220;wonderlike&#8221; uitkoms van\u00a0De Klerk\u00a0se onderhandelinge nie, en hulle is gewone middelklasmense, kwalik die soort wat by ISIS gaan aanmeld om koppe af te saag.<\/p>\n<p>Dis daar in die &#8220;gematigde middel&#8221; waar Poldi homself bevind waar sulke afwykings eintlik heers. Dis die soort mense wat glo terreur is die antwoord om van Afrikaners ontslae te raak, en dit befonds, aanmoedig en uitvoer. En dan vir 20 jaar volhou met geteikende veldtogte teen ons taal, ons skole en elke ander instelling waar Afrikaners verteenwoordig is.<\/p>\n<p>Poldi is dus terde\u00eb \u00a0bewus van die onverkwiklike gemors wat De Klerk nagelaat het, anders sou hy nie so verheug gewees het dat\u00a0ons\u00a0&#8220;burgerregte&#8221; flink deur die Grondwet beskerm\u00a0word nie.<\/p>\n<p>Renate Barnard, die wit polisiekaptein, sal egter verskil hiervan:<\/p>\n<blockquote><p>Twee gevolgtrekkings spruit hieruit. Een: Moenie so baie kerm nie; gooi jou gewig agter bewegings soos AfriForum en Solidariteit in en maak gebruik van die Grondwet as wapen. Twee: Vereer De Klerk vir sy rol in die Suid-Afrikaanse geskiedenis.<\/p><\/blockquote>\n<p>Verbasend dat die twee uitsluitende gevolgtrekkings Scholtz\u00a0nie in die minste pla nie.\u00a0As sy\u00a0tweede gevolgtrekking korrek\u00a0is, was die eerste nie nodig nie, nie waar nie?<\/p>\n<p>Die vermaarde pryssanger erken egter sy tekortkominge: Hy\u00a0weet &#8220;vaagweg&#8221; van al die &#8220;geweld en burgeroorlo\u00eb ver in die w\u00eareld, die Oekra\u00efne, Siri\u00eb, Irak, Afganistan, Pakistan, die Kongo, Suid-Soedan, Ni\u00adgeri\u00eb, noem maar op, maar is nie r\u00e9gtig bewus daarvan nie&#8221;.<\/p>\n<p>Dit het Praaglesers al opgeval hoe oningelig die man is, ja, maar blykbaar weerhou dit hom nie daarvan om voortdurend allerlei &#8220;internasionale&#8221; menings aan algar op te dis nie, die meeste daarvan\u00a0uit sy duim gesuig.<\/p>\n<blockquote><p>Ons was onderweg na \u2019n volskaalse burgeroorlog, soortgelyk aan die enorme geweld in die gebiede wat hierbo genoem is, veel erger as wat ons tans ondervind.<\/p><\/blockquote>\n<p>En die maan is van kaas gemaak. Daar is baie ander uitkomste wat namens die Afrikaners onderhandel sou kon word, maar met sulke vooropgestelde idees soos &#8220;die volskaalse burgeroorlog&#8221; waarheen ons op pad was, was dit kennelik te groot om af te byt vir die Boksombende.<\/p>\n<blockquote><p>Die harde waarheid is dat apartheid teen 1989-\u201990 nie alleen moreel uitgehol was nie, maar prakties misluk het. Ons weet vandag dat die oorspronklike partisie-idee wat \u2013 as dit behoorlik uitgevoer kon word \u2013 moreel aanvaarbaar was, reeds met die NP-oorwinning in 1948 onuitvoerbaar was. In die praktyk het dit verword tot \u2019n naakte en immorele rasse-oorheersing van \u2019n meerderheid deur \u2019n minderheid.<\/p><\/blockquote>\n<p>Hierdie wysheid het Poldi waarskynlik woordeliks uit sy Britse handleiding vertaal. Die harde waarheid is dat die myne Eldorado in die opkoms van China raakgesien het en hul bedrywe terug wou skuif na Londen en dus geen meer nut gehad het in apartheid nie, &#8216;n stelsel wat deur Jan Smuts verfyn\u00a0is om arbeid aan\u00a0Britse mynbelange te verseker.<\/p>\n<p>Die burgeroorlog teen Afrikaners woed onverpoos voort sedert 1994. Ons het geen geweld\u00a0vrygespring nie; ons beleef dit daagliks. Die mynbase in Londen ni\u00e9. Die idee\u00a0dat ons\u00a0geweld vrygespring het, is gewoon onsinnig. Met 77 moorde per dag as die gevalle van manslag ingesluit word, grens Scholtz se stellings eintlik aan kr\u00e1nksinnig.<\/p>\n<p>Uit De Klerk se persoonlike geskiedenis wil dit voorkom asof hy juis op daardie tydstip toe hy bewus moes gewees het van sulke kwessies, nie ernstige oorweging\u00a0daaraan\u00a0geskenk het\u00a0nie.<\/p>\n<p>Dat Poldi sekere burgerregte-organisasies adverteer\u00a0saam met De Klerk, moet vir sulke organisasies rede tot kommer wees, tensy hulle hulself distansieer van die man wat vir Afrikaners se penarie verantwoordelik is.<\/p>\n<p>Dit kan hulle beeld wat hul teikenmark betref, net goed doen.<\/p>\n<p>Daar is al genoeg ekstremiste wat vernoem is. Om die waarheid te s\u00ea, te veel, want oral waar &#8216;n mens kom, pryk hulle name op straatborde, geboue en openbare ruimtes in Suid-Afrika. Nie nog een nie, asseblief!<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Kaapse stadsraad wil\u00a0Tafelbaai-boulevard na F.W. de Klerk hernoem en De Klerk se minnesanger Leopold Scholtz vind dit uitstekend aangesien &#8220;ekstremiste&#8221; daarteen gekant is. Die probleem is egter dat sommige\u00a0&#8220;ekstremiste&#8221; in Leopold se eie verbeeldingsw\u00eareld nes geskop het, waarmee hyself sy &#8220;gematigde&#8221; draadsitterstatus onder verdenking plaas. Linkse ekstremiste meen De Klerk was \u2019n nare apartheidspresident [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[50,11],"tags":[18655,17661,5631,10221,5478,9379,7829],"class_list":["post-28031","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c33-hoofartikels","category-s7-menings","tag-britse-mynbelange","tag-ekstremiste","tag-fw-de-klerk","tag-leopold-scholtz","tag-naamsverandering","tag-onderhandeling","tag-terreur"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28031","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=28031"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28031\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=28031"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=28031"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=28031"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}