{"id":28022,"date":"2014-10-31T09:16:24","date_gmt":"2014-10-31T07:16:24","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=28022"},"modified":"2014-10-31T09:16:24","modified_gmt":"2014-10-31T07:16:24","slug":"slegs-57-van-mense-in-suid-afrika-werk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=28022","title":{"rendered":"Slegs 57% van mense in Suid-Afrika werk"},"content":{"rendered":"<p>Die statistikus-generaal Pail Lohohla, het gister Suid-Afrika se droewige indiensnemingsyfers bekendgemaak. Nie net is werkloosheid hoog nie, maar vele mense is ook al baie lank sonder werk, wat van strukturele werkloosheid getuig.<\/p>\n<p>&#8220;Die verhaal in Suid-Afrika is dat ons in &#8216;n ho\u00ebwerkloosheidstoestand verkeer, oor &#8216;n baie lang tydperk, vanaf 2008, maar dit strek tot 2001 terug,&#8221; het hy tydens die vrystelling van Statistiek Suid-Afrika se kwartaallikse indiensnemingsopname in Pretoria ges\u00ea.<\/p>\n<p>&#8220;Hierdie toestand duur reeds vir geruime tyd. Diegene wat in nie-permanente werke verkeer, is regtig kwesbaar&#8230; As jy nie werk nie, verloor jy jou vaardighede en jy verloor jou vermo\u00eb om te presteer, en dan raak jy minder diensbaar.&#8221;<\/p>\n<p>Diegene wat nie werk nie bevind hulle in &#8216;n afwaartse siklus en as gevolg daarvan voel hulle die naderende uitwerking van armoede.<\/p>\n<p>Lehohla s\u00ea dat langtermynwerkloosheid &#8216;n probleem is wat beleidmakers in die gesig staar as hulle sou poog om werkloosheid op te los.<\/p>\n<p>&#8220;Ons sien dat 1,4 miljoen mense reeds langer as vyf jaar sonder werk sit. Die vraag is: kan sulke mense gerehabiliteer word?&#8221; het Lehohla tydens sy aanbieding gevra.<\/p>\n<p>&#8220;Beleid behoort nou te fokus op diegene wat reeds langer as vyf jaar geen werk het nie. Is daar &#8216;n klein tree&#8217;tjie na redding of is jy (tot werkloosheid) gevonnis?&#8221;<\/p>\n<p>&#8216;n Totaal van 1,1m mense is reeds vir een tot drie jaar sonder werk, 1m vir drie tot vyf jaar, 739 000 vir ses maande tot &#8216;n jaar, en 737 000 vir minder as ses maande.<\/p>\n<p>&#8220;Wat behoort ons te prioritiseer? Plaas &#8216;n mens die klem op diegene wat oor die kort termyn werkloos is of op diegene wat reeds oor die lang termyn geen werk het nie?&#8221; vra Lehohla.<\/p>\n<p>Wat werklose swartmense betref, bevind 67,3% hulle in langtermynwerkloosheid, asook 64,8% van werklose Indi\u00ebrs en Asi\u00ebrs, 59,9% van werklose kleurlinge en 50,1% van werklose blankes.<\/p>\n<p>Wat provinsies betref, beskik die Vrystaat oor die hoogste werkloosheidsyfer, op 34,6%, gevolg deur die Noord-Kaap (29,7), Oos-Kaap (29,5), Mpumalanga (29,3), Noordwes (26,8), Gauteng (24,6), Kwazulu-Natal (24,1), Wes-Kaap (23,6) en Limpopo (15,9).<\/p>\n<h3>Hoe lyk Suid-Afrika se arbeidsmag?<\/h3>\n<p>Die potensi\u00eble arbeidsmag van Suid-Afrika bestaan uit 35,5 miljoen mense wat tussen die ouderdom van 15 en 64 verkeer. &#8216;n Kleiner totaal van 20,3m maak egter volgens Statistiek Suid-Afrika die werklike arbeidsmag uit. In totaal het 15,1m mense tydens die derde kwartaal van 2014 oor werk in Suid-Afrika beskik, terwyl 5,2m werkloos was.<\/p>\n<p>Uit die 15,1m wat in diens was, het 10,8m in die formele sektor gewerk en 2,4m in die informele sektor. &#8216;n Totaal van 670 000 was in die landbousektor in diens terwyl 1,29m in privaat huishoudings gewerk het.<\/p>\n<p>Die arbeidsmagdeelnamekoers, wat uit die totale arbeidsmag gedeel deur die bevolking van werkende ouderdom bestaan, was 57,1%, wat &#8216;n daling van 0,2% vanaf die tweede kwartaal verteenwoordig.<\/p>\n<p>Die opnamekoers, wat die aantal werkers gedeel deur die bevolking van werkende ouderdom verteenwoordig, was 42,6%, wat &#8216;n daling van 0,1% vanaf die tweede kwartaal verteenwoordig.<\/p>\n<h3>Nog indiensnemingstatistieke<\/h3>\n<p>S\u00f3 lyk die persentasies werknemers in verskillende sektore:<\/p>\n<p>Gemeenskaps- en maatskaplike dienste: 23,2%<\/p>\n<p>Handel: 21,1%<\/p>\n<p>Finansi\u00eble dienste: 13,4%<\/p>\n<p>Vervaardiging: 11,5%<\/p>\n<p>Boubedryf: 8,5%<\/p>\n<p>Privaat huishoudings: 7,8%<\/p>\n<p>Vervoer: 6,2%<\/p>\n<p>Landbou: 4,5%<\/p>\n<p>Mynbou: 2,9%<\/p>\n<p>Nutsmaatskappye: 0,8%<\/p>\n<p>Uit die bevolking op werkende ouderdom, was 27,8% van vroue amptelik werkloos, wat &#8216;n daling van 0,3% vanaf die tweede kwartaal verteenwoordig, terwyl 23,4% van mans werkloos was.<\/p>\n<p>Die definisie van &#8216;n werklose is diegene tussen 15 en 64 jaar wat aktief na werk op soek is of wat gepoog het om &#8216;n onderneming in die weke voor Statistiek SA se opname te begin.<\/p>\n<p>As die uitgebreide definisie van werkloosheid gebruik word, is 39,9% van vroue en 32,3% van mans werkloos.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die statistikus-generaal Pail Lohohla, het gister Suid-Afrika se droewige indiensnemingsyfers bekendgemaak. Nie net is werkloosheid hoog nie, maar vele mense is ook al baie lank sonder werk, wat van strukturele werkloosheid getuig. &#8220;Die verhaal in Suid-Afrika is dat ons in &#8216;n ho\u00ebwerkloosheidstoestand verkeer, oor &#8216;n baie lang tydperk, vanaf 2008, maar dit strek tot 2001 &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=28022\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Slegs 57% van mense in Suid-Afrika werk&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,85],"tags":[18653,18654,14422,2242,7396],"class_list":["post-28022","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-c76-sake","tag-indiensneming","tag-pail-lohohla","tag-statistiek-suid-afrika","tag-suid-afrika","tag-werkloosheid"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28022","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=28022"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/28022\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=28022"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=28022"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=28022"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}