{"id":27978,"date":"2014-10-29T17:18:37","date_gmt":"2014-10-29T15:18:37","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=27978"},"modified":"2014-10-29T17:18:37","modified_gmt":"2014-10-29T15:18:37","slug":"onregmatige-staatsbesteding-verdubbel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=27978","title":{"rendered":"Onregmatige staatsbesteding verdubbel"},"content":{"rendered":"<p>Dit gaan moeilik wees\u00a0om te verduidelik hoekom sommiges in Suid-Afrika uitmergelende begrotingsbesnoeiings in die gesig staar, terwyl die presidensie skaamteloos vir &#8216;n verdriedubbeling van hul eie begroting ruimte laat\u00a0in\u00a0die mediumtermynbestedingsraamwerk, van R366 miljoen tot R1 miljard in 2017.<\/p>\n<p>Daarbenewens het staatsdepartemente se onregmatige besteding die afgelope geldjaar meer as R62 miljard beloop.<\/p>\n<p>Die ouditeur-generaal Kimi Makwetu wat die ouditverslae in die parlement bekendgemaak het, s\u00ea onregmatige besteding het meer as verdubbel vanaf R26 miljard in die 2011-2012 boekjaar.<\/p>\n<p>Makwetu s\u00ea die departement van Onderwys in Limpopo het vier persent van die R62,7\u00a0miljard in die water gesmyt.\u00a0Dit is &#8216;n bedrag van R2,2\u00a0miljard\u00a0wat vermors is.<\/p>\n<p>Die ANC gaan ook nie terugdeins van die skep van 750 nuwe poste om hul netwerk uit te brei nie.<\/p>\n<p>Dit is duidelik dat\u00a0regering vrees kiesers sal in &#8216;n\u00a0ekonomiese krisis, wanneer hardwerkende mense hul werk verloor, nie meer vir die regerende party wil stem nie.<\/p>\n<p>Behalwe die presidensie se uitspattigheid, is daar geen\u00a0maatre\u00ebls om &#8216;n groeiende\u00a0burokrasie terug te snoei nie. Dit het daartoe gelei dat die regering se besteding tot &#8216;n ongelooflike 45,9% van die BBP toegeneem het.<\/p>\n<p>In 2012 het Ghana se regering die besluit geneem het om die openbare sektor lone\u00a0met sowat 20% te verhoog. Dit het die salarisrekening laat styg sowat 47%, volgens\u00a0die Internasionale Monet\u00eare Fonds.<\/p>\n<p>Teen die middel van verlede jaar was Ghana in &#8216;n fiskale krisis gedompel, met &#8216;n tekort van 12% en die regering se skuld meer\u00a0as 60% van die bruto binnelandse produk (BBP).<\/p>\n<p>Nigeria sukkel met\u00a0oliepryse wat bly daal. Buitelandse reserwes het &#8216;n maand gelede gedaal met sowat $600 miljoen en\u00a0met $1 miljard in vergelyking met drie maande gelede.<\/p>\n<p>Buitelandse reserwes is\u00a0&#8216;n kosbare fiskale buffer in Nigeri\u00eb, en tree as &#8216;n stabiliseringsmaatstaf vir die naira op.<\/p>\n<p>Dit is die soort probleme waarop Suid-Afrika binnekort gaan afstuur te midde van &#8216;n moeilike ekonomiese w\u00eareldklimaat.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit gaan moeilik wees\u00a0om te verduidelik hoekom sommiges in Suid-Afrika uitmergelende begrotingsbesnoeiings in die gesig staar, terwyl die presidensie skaamteloos vir &#8216;n verdriedubbeling van hul eie begroting ruimte laat\u00a0in\u00a0die mediumtermynbestedingsraamwerk, van R366 miljoen tot R1 miljard in 2017. Daarbenewens het staatsdepartemente se onregmatige besteding die afgelope geldjaar meer as R62 miljard beloop. Die ouditeur-generaal Kimi [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,85],"tags":[227,12724,18623,9115,13752,8695],"class_list":["post-27978","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-c76-sake","tag-anc","tag-bbp","tag-fiskale-krisis","tag-limpopo","tag-staatsbesteding","tag-staatskuld"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27978","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=27978"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27978\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=27978"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=27978"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=27978"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}