{"id":27971,"date":"2014-10-29T10:43:56","date_gmt":"2014-10-29T08:43:56","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=27971"},"modified":"2014-10-29T11:10:55","modified_gmt":"2014-10-29T09:10:55","slug":"poetin-lewer-n-grondverskuiwende-toespraak","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=27971","title":{"rendered":"Poetin lewer &#8216;n grondverskuiwende toespraak"},"content":{"rendered":"<p>Wladimir Poetin het Vrydag\u00a0die enkele mees belangrike toespraak oor buitelandse beleid gelewer sedert hy president van Rusland in 2000 geword het.<\/p>\n<p>Mikhail Gorbatsjof, die voormalige Russiese president, het ges\u00ea hy het gedink dit was die beste, en mees betekenisvolle toespraak wat hy ooit gemaak het.<\/p>\n<p>Die reaksie van Westerse politieke ontleders en hul media-elite was daarenteen\u00a0jammerlik ontoereikend. Die grondverskuiwende toespraak \u00a0in Sochi, by die\u00a0Valdaiklub, het\u00a0verbasend min aandag ontlok.<\/p>\n<p>Westerse ontleders wat die moeite gedoen het, het dit voorgehou as &#8216;n\u00a0uitdagende reaksie op die Amerikaanse beleid van\u00a0sanksies wat Rusland weens\u00a0die Oekra\u00efense krisis opgel\u00ea is, terwyl die Russiese president byna skaars daarna verwys het.<\/p>\n<p>Hulle\u00a0het Poetin se uiters samehangende intellektuele raamwerk totaal ge\u00efgnoreer.<\/p>\n<p>Dit was\u00a0&#8216;n heel ander persoon aan die woord as\u00a0die aggressiewe, ekspansionistiese en nasionalistiese demagoog wat die Weste graag wil skilder.<\/p>\n<p>Enigiemand wat op soek was na &#8216;n Poetin om die\u00a0groot kruistog teen die VSA te lei, moet waarlik n\u00e1 hierdie toespraak teleurgesteld voel.<\/p>\n<p>Rusland vra nederig\u00a0samewerking &#8211; en nie\u00a0konflik\u00a0nie &#8211;\u00a0van die VSA en\u00a0Poetin se visie van die internasionale stelsel kan slegs na dese as &#8216;n eng\u00a0konserwatiewe een beskryf word.<\/p>\n<p>Dit loop soos &#8216;n goue draad deur die toespraak. Sy hunkering is &#8216;n tipiese konserwatiewe hunkering na stabiliteit asook wantroue teenoor verandering.<\/p>\n<p>Dit is &#8216;n wens vir &#8216;n voorspelbare, organiese, re\u00ebls-gegronde stelsel waarin die soewereine regte van volke eerbiedig word. Verandering, wanneer dit gebeur, moet\u00a0bestuur en nooit aangemoedig word nie .<\/p>\n<p>&#8216;n Groot gedeelte van sy toespraak het gehandel oor die verlies aan balans in die internasionale stelsel wat deur die ineenstorting van die Sowjetunie veroorsaak is.<\/p>\n<p>In plaas daarvan om die wanbalans te herstel, is die VSA besig om die chaos wat daaruit voortvloei aan te moedig, het hy ges\u00ea. Die Russiese president het die vrees uitgespreek dat daar\u00a0aanstons nie meer hefbome sal wees om sulke uitgebreide chaos te tem nie.<\/p>\n<p>Poetin het\u00a0die lysie herhaal: Kosovo, Irak, Afghanistan, Libi\u00eb, Siri\u00eb en nou Oekra\u00efne. Hy het sy gehoor daarop gewys dat nie een van hierdie plekke tans vooruitgang gemaak het of beter daaraan toe is nie.<\/p>\n<p>Hiermee het Poetin die VSA vergelyk \u00a0met &#8216;n pasryk\u00a0verkwister wat sy\u00a0meevaller wegdobbel.<\/p>\n<p>Die Russiese leier het &#8216;n diep verbintenis tot die internasionale reg bevestig, vertolk op die mees konserwatiewe manier waar\u00a0regsdokumente, hofbeslissings en verdragstekste moet geld.<\/p>\n<p>Met verwysing na die VN en die Internasionale Geregshof se Raadgewende Mening oor Kosovo, het hy die Krim se posisie helder uiteengesit.<\/p>\n<p>Poetin se opleiding as &#8216;n regsgeleerde kry nooit media-aandag nie, terwyl sy\u00a0diens in die KGB al is wat lesers ooit vertel word.<\/p>\n<p>Dit is &#8216;n visie van Rusland wat geanker is in die internasionale stelsel,\u00a0 en wat poog om die VSA saam met bondgenote soos China en ander BRICS-lande, waar moontlik in toom te hou, van\u00a0dwaasheid te weerhou binne die raamwerk van\u00a0internasionale reg, en om die heersende w\u00eareldorde en stabiliteit te waarborg.<\/p>\n<p>Dit is &#8216;n tipies Europese visie in die tradisie van die negentiende eeu se groot staatsmanne.<\/p>\n<p>Dit is &#8216;n visie wat uiteraard baie gewild is in Rusland, &#8216;n land met &#8216;n lang en bloedige geskiedenis.<\/p>\n<p>Vir &#8216;n ekonomie wat groei, het Rusland &#8216;n bestendige en ordelike internasionale omgewing\u00a0nodig, het die president benadruk.<\/p>\n<p>Poetin het dit duidelik gemaak deur herhaaldelik te fokus op die belangrikheid van ekonomiese ontwikkeling vir Rusland as oorheersende prioriteit vir sy\u00a0regering, en daarmee sy afkeur vir\u00a0vergeldingaksies herbevestig.<\/p>\n<p>Wie kan daarvan verskil?<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wladimir Poetin het Vrydag\u00a0die enkele mees belangrike toespraak oor buitelandse beleid gelewer sedert hy president van Rusland in 2000 geword het. Mikhail Gorbatsjof, die voormalige Russiese president, het ges\u00ea hy het gedink dit was die beste, en mees betekenisvolle toespraak wat hy ooit gemaak het. Die reaksie van Westerse politieke ontleders en hul media-elite was [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[45,10],"tags":[6260,9820,8319,18619,18622,2078,12166,18621,18620,18061,2848],"class_list":["post-27971","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c26-karin-roodt","category-rubrieke","tag-chaos","tag-ekonomiese-groei","tag-internasionale-reg","tag-internasionale-stelsel","tag-konserwatiewe-waardes","tag-rusland","tag-samewerking","tag-soewereine-regte-van-volke","tag-stabiliteit","tag-vrede","tag-vsa"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27971","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=27971"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27971\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=27971"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=27971"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=27971"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}