{"id":27947,"date":"2014-10-29T07:20:35","date_gmt":"2014-10-29T05:20:35","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=27947"},"modified":"2014-10-29T07:20:35","modified_gmt":"2014-10-29T05:20:35","slug":"plaas-brand-af-na-weermagoefening","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=27947","title":{"rendered":"Plaas brand af na weermagoefening"},"content":{"rendered":"<p>Drie jaar nadat duisende hektaar n\u00e1 \u2019n milit\u00eare oefening\u00ad op die plaas Otjisazu\u00ad in die Okahandja-distrik vernietig is, het die plaas wat aan die Osire Kari-weermagbasis grens, Vrydag weer onder vlamme deurgeloop.<\/p>\n<p>Die keer is sowat 90% van die plaas deur die vuur verswelg, het die Republikein berig.<\/p>\n<p>Die Namibiese weermag is in 2011 skriftelik deur Otjisazu se eienaar, dr. Hartmut Weimann, in \u2019n skrywe aan brig.genl. Shilungila en brig.genl. B. Kadila ingelig van sy kommer oor die afvuur van missiele en ligfakkels tydens milit\u00eare oefeninge. Dit het gevolg nadat sowat 8 000 hektaar weiding in die \u00adomgewing n\u00e1 \u2019n grofgeskutoefening verwoes is.<\/p>\n<p>Weimann het in sy skrywe vir geskikte en \u00advoldoende voorsorgmaatre\u00ebls voor \u2019n oefening gepleit om \u2019n herhaling van \u2019n soortgelyke voorval en skade te voorkom.<\/p>\n<p>Volgens hom het die basis nie oor die nodige en voldoende \u00adbrandtoerusting beskik om sulke situasies te hanteer nie. \u2019n Beroep is toe gedoen vir funksionele toerusting by Osire Kari, die \u00adskoonmaak van \u00adoorgroeide brandpaaie langs die grense en by die skietbane en dat milit\u00eare p\u00adersoneel geskikte opleiding in brand\u00adbestryding kry. Weimann het ook gemaan dat die NDF vir enige verliese of skade verantwoordelik gehou sal word.<\/p>\n<p>Tydens Vrydag se brand, wat tot 90% van Otjisazu se weiding vernietig het, het weermagpersoneel sonder \u00adwatertenks of brandtoerusting \u00adopgedaag om die vlamme te help blus. Van jasse tot stokke is glo deur die personeel gebruik om die vlamme te probeer doof.<\/p>\n<p>Volgens \u2019n \u00adooggetuie wat vanaf \u00adOkahandja \u00adonderweg was, het hy gesien hoe ses \u201crooi fakkels\u201d afgeskiet word en hoe brande op die ses verskillende plekke ontstaan waar dit in die veld geland het.<\/p>\n<p>Buiten NDF-\u00adpersoneel het bure van die \u00adomgewing ingespring om die brand tot bedaring te probeer bring.<\/p>\n<p>Benewens die \u00adduisende hektaar weiding wat vernietig is, het die wildwerende heining op Ojtisazu\u00ad ook deur\u00adgeloop. Die totale skade van die brand moet nog beraam word.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Drie jaar nadat duisende hektaar n\u00e1 \u2019n milit\u00eare oefening\u00ad op die plaas Otjisazu\u00ad in die Okahandja-distrik vernietig is, het die plaas wat aan die Osire Kari-weermagbasis grens, Vrydag weer onder vlamme deurgeloop. Die keer is sowat 90% van die plaas deur die vuur verswelg, het die Republikein berig. Die Namibiese weermag is in 2011 skriftelik &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=27947\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Plaas brand af na weermagoefening&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[18596,18595,18598,18593,18597,18594],"class_list":["post-27947","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-brandtoerusting","tag-fakkels","tag-grofgeskutoefening","tag-namibiese-weermag","tag-osire-kari-weermagbasis","tag-weermagoefeninge"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27947","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=27947"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27947\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=27947"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=27947"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=27947"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}