{"id":27924,"date":"2014-10-28T08:37:11","date_gmt":"2014-10-28T06:37:11","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=27924"},"modified":"2014-10-28T08:41:15","modified_gmt":"2014-10-28T06:41:15","slug":"engels-laat-ebola-vinniger-in-liberie-versprei","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=27924","title":{"rendered":"Engels laat Ebola vinniger in Liberi\u00eb versprei"},"content":{"rendered":"<p>Terwyl hy sukkel om die radio by sy oor te hoor, wys Wesley Wudea vir sy kleinkinders dat hulle moet stilbly soos wat hy sonderlinge wenke oor Ebolavoorkoming in sy eie taal opdoen.<\/p>\n<p id=\"yui_3_16_0_1_1414472002083_2129\">In Liberi\u00eb, wat die sentrum van die Wes-Afrikaanse uitbraak is, is die luggolwe gewoonlik die beste manier om inligting oor die epidemie te versprei; nietemin verstaan groot dele van die etnies diverse land geen Engels nie, &#8216;n taal wat gewoonlik as lingua franca of omgangstaal voorgehou word.<\/p>\n<figure id=\"attachment_27939\" aria-describedby=\"caption-attachment-27939\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/10\/ebola-liberia8.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-27939\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/10\/ebola-liberia8-300x200.jpg\" alt=\"'n Gemeenskapsradiostasie in Liberi\u00eb\" width=\"300\" height=\"200\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/10\/ebola-liberia8-300x200.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/10\/ebola-liberia8-535x357.jpg 535w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/10\/ebola-liberia8-120x80.jpg 120w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/10\/ebola-liberia8-148x99.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/10\/ebola-liberia8-31x21.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/10\/ebola-liberia8-38x25.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/10\/ebola-liberia8-323x215.jpg 323w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/10\/ebola-liberia8.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-27939\" class=\"wp-caption-text\">&#8216;n Gemeenskapsradiostasie in Liberi\u00eb<\/figcaption><\/figure>\n<p id=\"yui_3_16_0_1_1414472002083_2131\">&#8220;Dis nie dat hulle breedweg nie die woorde (oor die radiostasies) wat in Engels gebesig word, verstaan nie. Sommige mense verstaan geen woord Engels nie,&#8221; s\u00ea die 61-jarige, in sy eie gebrekkige poging om sy land se enigste amptelike taal te praat.<\/p>\n<p id=\"yui_3_16_0_1_1414472002083_1891\">Wudea is &#8216;n sonderlinge figuur tussen sy landgenote, want slegs &#8216;n beraamde 20 persent van die bevolking van vier miljoen verstaan Engels, terwyl die res almal in een van 30 minderheidstale kommunikeer.<\/p>\n<p id=\"yui_3_16_0_1_1414472002083_1893\">&#8220;Sonder die spreektaalprogram, sou hulle nie die voorkomende maatre\u00ebls verstaan het wat hulle teen Ebola moet tref nie,&#8221; s\u00ea die afgetrede onderwyser vanaf Saint John, &#8216;n statjie naby die suidelike hawe Buchanan.<\/p>\n<p id=\"yui_3_16_0_1_1414472002083_1895\">Wudea hou &#8216;n radio byderhand en loop nooit die nuusprogramme in sy Bassa-moedertaal mis nie, wat deur die plaaslike stasie Radio Gbezohn uitgesaai word.<\/p>\n<p id=\"yui_3_16_0_1_1414472002083_2133\">Hy s\u00ea dit was die Bassa-programme wat hom in die gewoonte gekry het om sy kinders en kleinkinders te vra om dikwels hul hande te was as &#8216;n maatre\u00ebl teen Ebola-besmetting.<\/p>\n<p id=\"yui_3_16_0_1_1414472002083_1897\">En sy mede-inwoners is nou almal bewus van die voorkomende maatre\u00ebls teen die siekte, asook die behoefte om fisieke kontak met die siekes of dooies te vermy, s\u00ea hy.<\/p>\n<h3>Sleutelwapen<\/h3>\n<p>Die openbaregesondheidsboodskap is so ingegrif, s\u00ea hy, dat die sosiale gewoontes wat oor eeue heen ontwikkel het, soos om hande te skud of om die dooies by begrafnisse aan te raak, gestaak is.<\/p>\n<p>&#8220;Om hande te skukd, is deel van ons tradisie. Ons kan dit nie tans doen nie, vanwe\u00eb Ebola. Dis moeilik om te aanvaar, maar ons m\u00f3\u00e9t,&#8221; s\u00ea Wudea.<\/p>\n<p>Radio Gbehzohn het sy programme in Bassa verdubbel, &#8216;n taal wat deur &#8216;n paar honderdduisend lede van die Kru-stam gepraat word, sedert die epidemie begin het, vertel Isaac Siegal, die programdirekteur by die stasie.<\/p>\n<p id=\"yui_3_16_0_1_1414472002083_2135\">Besoekers aan sy kantoor in Buchanan, wat met plakkate beplak is wat teen die gevare van Ebola waarsku, moet hul hande met chloorbehandelde water was onder die wakende oog van sy veiligheidswag alvorens hulle binnegelaat word.<\/p>\n<p>&#8220;Die plaaslike taal speel &#8216;n baie belangrike rol in ons programme want die meerderheid van die bevolking woon in die plattelandse gebiede,&#8221; s\u00ea Siegal.<\/p>\n<p id=\"yui_3_16_0_1_1414472002083_1909\">&#8220;Voorheen het hulle net 15 minute drie maal per dag gehad. Vandag ontvang hulle 30 minute drie maal per dag. Ons ontvang boodskappe van mense wat ons bedank dat ons hulle in &#8216;n taal wat hulle verstaan, inlig.&#8221;<\/p>\n<p id=\"yui_3_16_0_1_1414472002083_1911\">Die adjunkminister van inligting, Patrick Worzie, erken dat uitsaai in plaaslike tale &#8216;n &#8220;kardinale rol&#8221; gespeel het tydens sy onlangse besoek om higi\u00ebniese toerusting aan gemeenskapsradiostasies in die nabygele\u00eb Margibi-distrik te versprei.<\/p>\n<p id=\"yui_3_16_0_1_1414472002083_2137\">Wes-Afrika bestaan uit lande waar die amptelike taal Frans, Engels of Portugees is.<\/p>\n<p>Maar in Liberi\u00eb, Sierra Leone en Guinee &#8211; die drie lande wat die ergste deur die epidemie getref word wat reeds 5 000 mense gedood het &#8211; asook in nabygele\u00eb lande, het die fokus op stamtale &#8216;n sleutelwapen in die stryd teen die verpreiding van Ebole geword.<\/p>\n<h3>Dodelike taak<\/h3>\n<p id=\"yui_3_16_0_1_1414472002083_1920\">Advertensies, inbelprogramme en nuusbulletins word oor die radio en op televisie in die plaaslike taal uitgesaai, met die luggolwe wat vir godsdiensleiers, stamkapteins en vertroude meningsvormers oopgegooi word.<\/p>\n<p>Human Rights Watch (HRW) het die &#8220;sleutelrol&#8221; verwelkom wat die Liberiese mediagroepe in opvoeding oor openbare gesondheid speel, wat inligting oor Ebola in inheemse taal op 44 gemeenskapsradiostasies uitsaai.<\/p>\n<p>HRW het ook die rol beklemtoon wat deur Radio MOA in Kailahun, &#8216;n dorp in die episentrum van die uitbraak in Sierra Leone, gespeel word.<\/p>\n<p>Die stasie het &#8216;n veldtog geloods om gerugte te onderdruk wat die stryd teen die virus ondermyn, waarmee tienduisende luisteraars in die grensgebied tussen Sierra Leone, Liberi\u00eb en Guinee bereik is.<\/p>\n<h3>&#8216;Blanke komplot teen swartmense&#8217;<\/h3>\n<p id=\"yui_3_16_0_1_1414472002083_2139\">Tog kan die taak om bewustheid oor Ebola in afgele\u00eb gebiede te verhoog, &#8216;n ondankbare en selfs dodelike wees.<\/p>\n<p id=\"yui_3_16_0_1_1414472002083_2143\">In suidelike Guinee is agt lede van die Ebola-veldtogspan, waaronder drie radiojoernaliste, deur statbewoners vermoor wat ontken het dat die epidemie werklik is en dink dat dit &#8216;n blanke komplot teen swartmense is.<\/p>\n<p id=\"yui_3_16_0_1_1414472002083_2145\">Die stryd oor die radio is nie tot lande in die Ebolagebied beperk nie.<\/p>\n<p>Canal France International, &#8216;n staatsgesubsidieerde Franse agentskap wat die ontwikkeling van uitsaaimedia in Afrika bevorder, het verlede week &#8216;n projek geloods om mense by 48 Wes-Afrikaanse radiostasies in Ebolavoorkoming op te lei.<\/p>\n<p>Die hoofdoelwit is om die aanvaarding van sulke inligting te bevorder onder mense wat dikwels wenke oor siektevoorkoming wantrou, en om by te dra om sodanige gedrag te verander, s\u00ea die agentskap.<\/p>\n<p>Die &#8220;Radio teen Ebola&#8221;-veldtog teiken die Ivoorkus, Burkina Faso, Togo en Benin &#8211; lande wat tot dusver nog geen Ebolageval gehad het nie &#8211; asook Senegal, wat as Ebolavry verklaar is, en Mali, die mees onlangse land wat deur die virus geraak is.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Terwyl hy sukkel om die radio by sy oor te hoor, wys Wesley Wudea vir sy kleinkinders dat hulle moet stilbly soos wat hy sonderlinge wenke oor Ebolavoorkoming in sy eie taal opdoen. In Liberi\u00eb, wat die sentrum van die Wes-Afrikaanse uitbraak is, is die luggolwe gewoonlik die beste manier om inligting oor die epidemie &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=27924\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Engels laat Ebola vinniger in Liberi\u00eb versprei&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[16492,17415,5329,5591],"class_list":["post-27924","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-ebola","tag-liberie","tag-radiostasies","tag-sierra-leone"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27924","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=27924"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27924\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=27924"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=27924"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=27924"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}