{"id":27918,"date":"2014-10-28T05:31:35","date_gmt":"2014-10-28T03:31:35","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=27918"},"modified":"2014-10-28T05:31:35","modified_gmt":"2014-10-28T03:31:35","slug":"klaar-met-afrika","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=27918","title":{"rendered":"Klaar met Afrika"},"content":{"rendered":"<p>Dit was hul tweede besoek aan Namibi\u00eb, \u2019n wonderlike land wat hulle vertrou het. Maar nou is hulle klaar met Afrika. Hulle gaan ook hul vriende aanraai om weg te bly.<\/p>\n<p>So het die egpaar Josef en Johanna Stapfler\u00ad Vrydag aan die Republikein ges\u00ea\u00a0voordat hulle drie dae n\u00e1 hul aankoms in Namibi\u00eb weer op \u2019n vliegtuig terug na Frankfurt was. Die Stapflers\u00ad was die vorige middag by Omaruru se Franke-\u00adtoring die slagoffers van \u2019n man wat asof van n\u00earens verskyn het, hulle afgedreig en hulle toe liederlik\u00ad aangerand het.<\/p>\n<p>N\u00e1 hul aankoms in Windhoek het die egpaar in hul gehuurde motor een aand in \u2019n lodge net suid van Karibib geslaap. Donderdagaand\u00ad het hulle soos bespreek in \u2019n bergherberg wes van Omaruru geslaap nadat hulle die vorige dag aangerand\u00ad is. Vrydag was dit vir hulle terug Windhoek en huis toe. Hul Namibiese\u00ad toer van 18 dae wat hulle ook na Damaraland en die Zambezi\u00adstreek sou bring, het net drie dae geduur.<\/p>\n<p>Die egpaar in hul vroe\u00eb veertigerjare\u00ad was ontnugter en teleurgesteld\u00ad.<br \/>\nNa behandeling in die staatshospitaal\u00ad op Omaruru het die Stapflers self vertel wat Donderdagmiddag net voor die etensuur\u00ad by Omaruru se Franke-\u00adtoring\u00ad met hulle gebeur het. Hulle wou die Franke-\u00adtoring as \u2019n historiese\u00ad erfenisbaken\u00ad besoek. Daar gekom, was die deur gesluit.<\/p>\n<p>Hulle was reeds terug by hul gehuurde voertuig\u00ad toe hul aanvaller\u00ad langs hul kar uitgeslaan het.<\/p>\n<p>Die man het beduie dat hy honger was en geld of enigiets anders soek. In daardie stadium was Johanna se sak met hul kosbare reisgoed nog om haar nek. Sonder enige argument het die man haar sak gegryp en het \u2019n struweling\u00ad ontstaan.\u00ad Die volgende oomblik het die man haar met \u2019n harde voorwerp oor die kop geslaan. In sy een hand was \u2019n kannetjie\u00ad. Johanna het gemeen dit kon die een of ander spreimiddel bevat en het vir haar o\u00eb gekeer. Toe Josef bygekom het, het hy \u2019n hou in sy ribbes gekry. Hy was nogtans sterk genoeg om op straat hulp te soek terwyl sy bebloed by hul voertuig gestaan het.<\/p>\n<p>Oor hul skielike huis toe gaan was die egpaar dit eens: \u201cOns wil nie meer hier wees nie\u201d.<\/p>\n<p>In die sak waarmee hul aanvaller die hasepad gekies het, was allerlei kaarte van die egpaar, sowat tweehonderd euro en \u2019n klompie Namibiese dollars. Behalwe die sak en die inhoud daarvan is ander goed nie uit die gehuurde motor gesteel nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit was hul tweede besoek aan Namibi\u00eb, \u2019n wonderlike land wat hulle vertrou het. Maar nou is hulle klaar met Afrika. Hulle gaan ook hul vriende aanraai om weg te bly. So het die egpaar Josef en Johanna Stapfler\u00ad Vrydag aan die Republikein ges\u00ea\u00a0voordat hulle drie dae n\u00e1 hul aankoms in Namibi\u00eb weer op \u2019n &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=27918\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Klaar met Afrika&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[6686,18574,5227,18573,218,6831,2846,17637],"class_list":["post-27918","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-aanranding","tag-damaraland","tag-duitsland","tag-frankfurt","tag-misdaad","tag-namibie","tag-toeriste","tag-windhoek"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27918","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=27918"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27918\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=27918"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=27918"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=27918"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}