{"id":27898,"date":"2014-10-27T07:10:29","date_gmt":"2014-10-27T05:10:29","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=27898"},"modified":"2014-10-27T07:31:54","modified_gmt":"2014-10-27T05:31:54","slug":"bafana-bafana-doelwagter-doodgeskiet","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=27898","title":{"rendered":"Bafana Bafana-doelwagter doodgeskiet"},"content":{"rendered":"<p>Die Bafana Bafana-doelwagter en kaptein, Senzo Meyiwa, 27, is doodgeskiet tydens &#8216;n rooftog by &#8216;n huis in Vosloorus, suid van Johannesburg. <\/p>\n<p>Die doelwagter het glo probeer om sy Afro-popsangeres en vriendin Kelly Khumalo, te beskerm.<\/p>\n<p>Volgens die polisie het twee mans die huis binnegeggaan terwyl &#8216;n derde buite gewag het, en Meyiwa se selfoon ge\u00ebis.<\/p>\n<p>Gauteng se LUR vir Gemeenskapsveiligheid Sizakele Nkosi-Malubane het die misdaadtoneel waar Meyiwa doodgeskiet is intussen besoek.   <\/p>\n<p>Daar was &#8216;n skermutseling, en skote is afgevuur. Meyiwa het voor Khumalo ingespring om haar te beskerm en hy is in die rug geskiet. Die koe\u00ebl het deur sy bors getrek.<\/p>\n<p>Die twee mans het te voet gevlug saam met die derde verdagte wat buite die huis gewag het. <\/p>\n<p>Daar was sewe mense in die huis toe die voorval plaasgevind het. Die ander mense is ongedeerd. <\/p>\n<p>Meyiwa is by &#8216;n Oos-Randse hospitaal dood verklaar. Hy was kaptein van Bafana Bafana tydens die span se laaste vier kragmetings, nadat Ithumeleng Khune beseer is. <\/p>\n<p>Hy was ook die kaptein en doelwagter van die klub Orlando Pirates. <\/p>\n<p>Khumalo is na die voorval gesien waar sy wegry in Meyiwa se BMW onder polisiebegeleiding. <\/p>\n<p>Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het bevestig dat &#8216;n beloning van tot R150 000 aangebied word vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die moordenaar van Bafana Bafana en Orlando Pirates se doelwagter.<\/p>\n<p>Die onderonsie het Sondagaand omstreeks 20:00 in Zamo-seksie van Vosloorus plaasgevind.<\/p>\n<p>Dit was die tweede dood van &#8216;n Suid-Afrikaanse swart sportman binne &#8216;n kwessie van dae, n\u00e1 die Olimpiese 800m silwermedaljewenner Mbulaeni Mulaudzi in &#8216;n motorongeluk Vrydag dood is.<\/p>\n<p>Bafana Bafana het op jongste w\u00eareldranglys van FIFA tien plekke gespring Donderdag om 57ste te wees.<\/p>\n<p>Na oorwinnings oor Soedan en die Kongo, asook gelykopuitslae teen Nigeri\u00eb en die Kongo, in hul Afrika-beker van Nasies (AFCON) kwalifiseerders, het die span 12 plekke in Afrika opgeskuif.<\/p>\n<p>Die nasionale polisie-kommissaris, Riah Phiyega sal later vanoggend die media in Johannesburg toespreek.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Bafana Bafana-doelwagter en kaptein, Senzo Meyiwa, 27, is doodgeskiet tydens &#8216;n rooftog by &#8216;n huis in Vosloorus, suid van Johannesburg. Die doelwagter het glo probeer om sy Afro-popsangeres en vriendin Kelly Khumalo, te beskerm. Volgens die polisie het twee mans die huis binnegeggaan terwyl &#8216;n derde buite gewag het, en Meyiwa se selfoon ge\u00ebis. &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=27898\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Bafana Bafana-doelwagter doodgeskiet&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[18560,18562,7165,18559,8814,17361,218,21133,18558,18561],"class_list":["post-27898","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-afcon","tag-afro-pop","tag-bafana-bafana","tag-doelwagter","tag-gewapende-roof","tag-kaptein","tag-misdaad","tag-c115-sokker","tag-swart-doelwagter","tag-vosloorus"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27898","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=27898"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27898\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=27898"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=27898"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=27898"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}