{"id":27878,"date":"2014-10-24T14:10:25","date_gmt":"2014-10-24T12:10:25","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=27878"},"modified":"2014-10-24T14:10:25","modified_gmt":"2014-10-24T12:10:25","slug":"privatiseer-staatsgrond-om-begroting-te-laat-klop-tlu","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=27878","title":{"rendered":"Privatiseer staatsgrond om begroting te laat klop: TLU"},"content":{"rendered":"<p>Grond in die staat se hande, is \u2018n ongesonde praktyk wat die land en Landbou net skade berokken.<\/p>\n<p>Mnr. Louis Meintjes, TLU SA se President, het gereageer op die bekendmaking van gruwelike verwaarlosing op \u2019n plaas naby Nigel wat deur die plaaslike owerheid bestuur word. Skynbaar het talle varke en hoenders van dors gevrek terwyl plante in groentetonnels ook van droogte gevrek het. Daarbenewens het dit aan die lig gekom dat die Mamahlola farm naby Tzaneen, wat 10 jaar gelede aan die Banareng Ba-Ga-Letsoalo-gemeenskap gegee is en sedertdien onder administrasie van die regering geplaas is, nie sy werkers kan betaal nie aangesien dit wanbestuur word.<\/p>\n<p>\u201cDit is \u2018n bekende feit dat grond wat in private besit is, oor die algemeen beter bestuur word aangesien dit as deel van \u2018n sake-onderneming beskou word wat winsgewend moet wees.<\/p>\n<p>\u201cWaar die staat grond bestuur, moet \u2018n amptenaar met geen wesenlike of persoonlike belang die bestuur behartig. Die wins of verlies is nie vir sy eie rekening nie met die gevolg dat dit hom nie werklik raak nie.<\/p>\n<p>\u201cWaar die Minister van Finansies in sy tussentydse begroting aangekondig het dat sekere staatsbates gedeeltelik verkoop gaan word om die staat uit sy finansi\u00eble verknorsing te help, is dit onder daardie omstandighede juis nou wenslik om ook staatsgrond te verkoop sodat daar kommersieel op geboer kan word, in plaas dat dit verwaarloos word soos die Spaarwater- en Tzaneen-gevalle, waarin daar boonop R15 miljoen belastinggeld gepomp is (by Spaarwater) sonder \u2018n enkele sent opbrengs daaruit,\u201d s\u00ea mnr. Meintjes.<\/p>\n<p>Boonop is dit ook so dat heelwat grond wat as gevolg van die restitusieproses van eienaarskap verwissel het, steeds in naam van die Republiek van Suid-Afrika geregistreer is. Daardie grond se titelaktes behoort onverwyld aan die nuwe begunstigdes daarvan oorgedra te word sodat hulle die geleentheid kan kry om voluit kommersieel daarop te produseer. Sonder eiendomsreg op daardie grond, sal die begunstigdes daarvan nooit ten volle suksesvol kan boer aangesien hulle nie toegang tot kapitaal het nie, s\u00ea mnr. Meintjes.<\/p>\n<p>\u201cTerselfdertyd moet die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, kennis neem van hierdie verwikkeling. Hier is nie \u2018n persepsie van onvermo\u00eb nie, hier is die werklikheid van onvermo\u00eb, en in di\u00e9 geval onvermo\u00eb van \u2018n staatsinstelling wat deur die ANC beheer word.\u201d<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Grond in die staat se hande, is \u2018n ongesonde praktyk wat die land en Landbou net skade berokken. Mnr. Louis Meintjes, TLU SA se President, het gereageer op die bekendmaking van gruwelike verwaarlosing op \u2019n plaas naby Nigel wat deur die plaaslike owerheid bestuur word. Skynbaar het talle varke en hoenders van dors gevrek terwyl [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[9625,11423,17979,9729],"class_list":["post-27878","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","tag-grond","tag-louis-meintjes","tag-privatisering","tag-tlu-sa"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27878","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=27878"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27878\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=27878"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=27878"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=27878"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}