{"id":27861,"date":"2014-10-24T09:24:38","date_gmt":"2014-10-24T07:24:38","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=27861"},"modified":"2014-10-24T09:31:45","modified_gmt":"2014-10-24T07:31:45","slug":"sa-se-groeivooruitsigte-nie-rooskleurig","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=27861","title":{"rendered":"&#8216;SA se groeivooruitsigte nie rooskleurig&#8217;"},"content":{"rendered":"<p>Suid-Afrika se medium-termyn vooruitsigte lyk nie rooskleurig nie s\u00ea &#8216;n ekonoom van die Nywerheidsontwikkelingskorporasie.<\/p>\n<p>Groei lyk nie besonder bemoedigend nie en die ekonomie gaan ernstige probleme tegemoet, s\u00ea Jorge Maia. Maia s\u00ea dit is omdat Suid-Afrika op buitelandse handel in veral mynbou en vervaardiging steun.<\/p>\n<p>Maia het aan sakelui wat die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid se jaarkongres in Johannesburg bywoon, ges\u00ea w\u00eareldtoestande sal Suid-Afrika se toekomstige ekonomiese groei be\u00efnvloed. <\/p>\n<p>Hy s\u00ea staatsinkomste is onder druk weens swakker ekonomiese groei.<\/p>\n<p>Die minister van Finansies, Nhlanhla Nene het pas aangekondig dat belastings verder sal verhoog word om die armes tegemoet te kom.<\/p>\n<p>Volgens Nene, sal amper 10,5% voorts van volgende jaar se belastinginkomste bestee word om skuld te delg. <\/p>\n<p>Die land se begrotingsbeleid beperk veral nie die groei van die Suid-Afrikaanse welsynstaat nie en skuld bly toeneem. Die wit belastingbetaler beur reeds onder die las weens wanbetaling.<\/p>\n<p>In KwaZulu-Natal alleen skuld staatsdepartemente en belastingbetalers munisipaliteite meer as 10 miljard rand. <\/p>\n<p>Die LUR vir finansies in die provinsie, Belinda Scott wat die munisipale finansies-verslag vir 2013\/2014 ter tafel gel\u00ea het, s\u00ea huishoudings skuld sowat helfte van di\u00e9 bedrag. <\/p>\n<p>Sy s\u00ea staatsinstellings se skuld het meer meer as 30 persent tot 697 miljoen rand toegeneem.<\/p>\n<p>Die Internasionale Monet\u00eare Fonds voorspel dat die groei van Suid-Afrika se Bruto Binnelandse Produk volgende jaar die derde stadigste in Suider-Afrika sal wees. <\/p>\n<p>Die voorspelling is ten spyte van die verwagting dat dit van 1,4% vanjaar na 2,3% sal styg. <\/p>\n<p>Die IMF s\u00ea onvoldoende kragvoorsiening, swak arbeidsverhoudinge asook &#8216;n gebrek aan sakevertroue kortwiek die land. <\/p>\n<p>Die gemiddelde groeikoers vir lande in Suider-Afrika in 2015 sal volgens die IMF sowat vyf persent wees.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Suid-Afrika se medium-termyn vooruitsigte lyk nie rooskleurig nie s\u00ea &#8216;n ekonoom van die Nywerheidsontwikkelingskorporasie. Groei lyk nie besonder bemoedigend nie en die ekonomie gaan ernstige probleme tegemoet, s\u00ea Jorge Maia. Maia s\u00ea dit is omdat Suid-Afrika op buitelandse handel in veral mynbou en vervaardiging steun. Maia het aan sakelui wat die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=27861\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;&#8216;SA se groeivooruitsigte nie rooskleurig&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,85],"tags":[15314,7290,15318,6977,18533,18532,11915,18505,18531],"class_list":["post-27861","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-c76-sake","tag-arbeidsverhoudinge","tag-belasting","tag-groei","tag-imf","tag-nywerheidsontwikkelingskorporasie","tag-staatsinkomste-ekonomiese-groei","tag-suid-afrikaanse-kamer-van-koophandel-en-nywerheid","tag-taks","tag-welsynstaat"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27861","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=27861"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27861\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=27861"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=27861"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=27861"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}