{"id":27838,"date":"2014-10-24T08:23:30","date_gmt":"2014-10-24T06:23:30","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=27838"},"modified":"2014-10-24T09:05:48","modified_gmt":"2014-10-24T07:05:48","slug":"russiese-kernfisici-vergader-met-sa-amptenare-in-drakensberg","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=27838","title":{"rendered":"Russiese kernfisici vergader met SA amptenare in Drakensberg"},"content":{"rendered":"<p>&#8216;n Span van 20 Russiese kernfisici het vandeesweek met 50 Suid-Afrikaanse amptenare in die Drakensberg vergader, volgens &#8216;n berig in die Johannesburgse dagblad Beeld. Die groepie vergader blykbaar by die Champagne Sports Resort, wat as &#8216;n &#8220;luukse oord&#8221; beskryf word.<\/p>\n<figure id=\"attachment_27840\" aria-describedby=\"caption-attachment-27840\" style=\"width: 300px\" class=\"wp-caption alignright\"><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/10\/champagne-entrance.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-27840\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2014\/10\/champagne-entrance-300x225.jpg\" alt=\"Ingang van die Champagne Sports Resort. Foto: drakensberg.biz\" width=\"300\" height=\"225\" srcset=\"https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/10\/champagne-entrance-300x225.jpg 300w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/10\/champagne-entrance-535x401.jpg 535w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/10\/champagne-entrance-160x120.jpg 160w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/10\/champagne-entrance-148x111.jpg 148w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/10\/champagne-entrance-31x23.jpg 31w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/10\/champagne-entrance-38x29.jpg 38w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/10\/champagne-entrance-287x215.jpg 287w, https:\/\/praag.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/10\/champagne-entrance.jpg 640w\" sizes=\"auto, (max-width: 300px) 85vw, 300px\" \/><\/a><figcaption id=\"caption-attachment-27840\" class=\"wp-caption-text\">Ingang van die Champagne Sports Resort. Foto: drakensberg.biz<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die Suid-Afrikaanse groepering word aangevoer deur Zizamele Mbambo, adjunk-direkteur-generaal van energie, terwyl die Russiese span almal vir die staatskernkragmaatskappy Rosatom werk.<\/p>\n<p>Volgens Beeld &#8220;verskyn Rosatom se naam egter n\u00earens in die hotelregister, op die Russe se naamkaartjies of op die plekaanwysings vir die verskillende konferensielokale nie&#8221;.<\/p>\n<p>Ons het <a title=\"Kernkrag-tender sluit ander spelers in s\u00ea ANC\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=27222\">vroe\u00ebr berig<\/a> oor Rosatom se &#8220;verklaring&#8230; waarin bekendgemaak is dat hy \u2018n ooreenkoms ter waarde van R100 miljard met die Suid-Afrikaanse regering gesluit het vir die toevoeging van \u2018n kernkrag-vermo\u00eb van 9 600 megawatt&#8221;.<\/p>\n<p>Wiktor Polikarpaf het blykbaar vandeesweek se byeenkoms in die Drakensberg bygewoon, aangesien sy naam in die hotelregister by chalet 27 verskyn. Hy staan aan die hoof van Rosatom se Suid-Afrikaanse kantoor in Sandton.<\/p>\n<p>Beeld se verslaggewers, wat volgens die berig die hotel &#8220;ge\u00efnfiltreer het&#8221;, het twee Russiese gaste in &#8220;gholfhemde met Rosatom se naam daarop&#8221; by die ontbyttafel opgemerk.<\/p>\n<p>Volgens Mbambo is dit bloot &#8216;n inligtingsessie waartydens die verkoopspan van Rosatom geleentheid gegee word om hul toerusting aan te bied. Ander lande se kernbedrywe sal ook so &#8216;n geleentheid gegun word. Frankryk en China sal volgende aan die beurt kom.<\/p>\n<p>\u201cAnder genooide lande, insluitend Suid-Korea en Amerika, sal hul voorleggings betyds reg moet h\u00ea as hulle vir die program oorweeg wil word,\u201d het Mbambo ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die Russiese voorleggings was \u201comvattend\u201d, het Mbambo ges\u00ea. Volgens hom is die geheimhouding nodig \u201com hierdie maatskappye se eiendomsreg\u201d te beskerm. Toekomstige verkrygingsprosesse sal heeltemal deursigtig wees, het hy ges\u00ea.<\/p>\n<p>Van die ander kernkragvervaardigers het egter gekla dat hulle nog nie genooi is nie.<\/p>\n<p>&#8216;n Fotograaf van Beeld, Rowan Philp, het hom as &#8216;n genooide amptenaar voorgedoen en vir 15 minute een van die werksessies bygewoon. Tydens die 15 minute is heelwat vrae oor die veiligheid van die reaktors vanaf Suid-Afrikaanse kant via &#8216;n tolk gevra. Die woord Foekoesjima, setel van die Japanse kernramp n\u00e1 die tsoenami van 11 Maart 2011, is verskeie kere gehoor, maar soms nie getolk nie. Volgens die Russe is veiligheid &#8216;n ho\u00eb prioriteit by die ontwerp van Rosatom se kernkragsentrales. \u201cOns ontwerp verwyder hitte; ons hoofdoel is om veiligheid te verskaf\u201d.<\/p>\n<p>Die Russiese wetenskaplikes het egter erken dat hul kernkragsentrales slegs langs riviere en nie naby die see gebou is nie. Weens Suid-Afrika se gebrek aan groot riviere, sal seewater noodwendig, soos in die geval van Foekoesjima, vir verkoeling gebruik moet word.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Span van 20 Russiese kernfisici het vandeesweek met 50 Suid-Afrikaanse amptenare in die Drakensberg vergader, volgens &#8216;n berig in die Johannesburgse dagblad Beeld. Die groepie vergader blykbaar by die Champagne Sports Resort, wat as &#8216;n &#8220;luukse oord&#8221; beskryf word. Die Suid-Afrikaanse groepering word aangevoer deur Zizamele Mbambo, adjunk-direkteur-generaal van energie, terwyl die Russiese span &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=27838\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Russiese kernfisici vergader met SA amptenare in Drakensberg&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[18516,18517,14023,18515,18092,2078,18514],"class_list":["post-27838","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-champagne-sports-resort","tag-drakensberg","tag-foekoesjima","tag-kernkragsentrales","tag-rosatom","tag-rusland","tag-zizamele-mbambo"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27838","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=27838"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27838\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=27838"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=27838"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=27838"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}