{"id":27832,"date":"2014-10-23T07:21:22","date_gmt":"2014-10-23T05:21:22","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=27832"},"modified":"2014-10-23T07:21:22","modified_gmt":"2014-10-23T05:21:22","slug":"derde-ongeluk-vir-vragmotorbestuurder-wat-chaos-saai","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=27832","title":{"rendered":"Derde ongeluk vir vragmotorbestuurder wat chaos saai"},"content":{"rendered":"<p>Dit is die derde keer dat die swart vragmotorbestuurder wat verlede week verwoesting by Alberton gesaai het, vir strafbare manslag aangekla word.<\/p>\n<p>Isaac Maruding het verlede week tussen 48 motors op die N12 by Alberton ingejaag en vier mense se dood veroorsaak.<\/p>\n<p>Maruding (44) het Woensdag in die Palm Ridge-landdroshof aan die Oos-Rand om borgtog aansoek gedoen. Hy ontken skuld op vier aanklagte van strafbare manslag en roekelose of nalatige bestuur.<\/p>\n<p>Maruding is in 1996\u2009van strafbare manslag aangekla nadat hy ook in \u2019n ongeluk betrokke was, maar dit is later teruggetrek, het Media24 berig.<\/p>\n<p>In 1997\u2009is hy na n\u00f3g \u2019n ongeluk weer van strafbare manslag aangekla. Hy is skuldig bevind en het \u2019n vonnis van 18\u2009maande uitgedien. <\/p>\n<p>Hy is toe ook op aanklagte van roekelose of nalatige bestuur\u2009skuldig bevind, maar het \u2019n opgeskorte vonnis van vyf jaar tronkstraf gekry. Sy rybewys is ook vir 12\u2009maande opgeskort.<\/p>\n<p>Sewe mense is nog in \u2019n kritieke toestand en nog 19\u2009is beseer. Die polisie het Maruding eers \u2019n dag n\u00e1 die ongeluk in Potchefstroom aangekeer.<\/p>\n<p>Maruding het van die ongelukstoneel gevlug en daarna gelieg deur te beweer verkeersbeampte het hom toestemming gegee om die toneel te verlaat. <\/p>\n<p>Hy het Potchefstroom toe gevlug en nie sy werkgewer of die polisie oor die ongeluk ingelig nie.<\/p>\n<p>Die eienaar van die Benusi-vervoermaatskappy, het ges\u00ea hulle was nie bewus van Maruding se vorige oortredings toe hy aangestel is nie.<\/p>\n<p>Die verhoor is tot 27\u2009Oktober uitgestel.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Dit is die derde keer dat die swart vragmotorbestuurder wat verlede week verwoesting by Alberton gesaai het, vir strafbare manslag aangekla word. Isaac Maruding het verlede week tussen 48 motors op die N12 by Alberton ingejaag en vier mense se dood veroorsaak. Maruding (44) het Woensdag in die Palm Ridge-landdroshof aan die Oos-Rand om borgtog &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=27832\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Derde ongeluk vir vragmotorbestuurder wat chaos saai&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[17091,17942,12540,12381],"class_list":["post-27832","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-alberton","tag-kettingbotsing","tag-n12","tag-strafbare-manslag"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27832","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=27832"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27832\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=27832"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=27832"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=27832"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}