{"id":27825,"date":"2014-10-23T07:15:37","date_gmt":"2014-10-23T05:15:37","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=27825"},"modified":"2014-10-23T07:15:37","modified_gmt":"2014-10-23T05:15:37","slug":"transnet-gee-aalmoes-vir-pensioenarisse-met-n-dosis-anti-wit-rassisme","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=27825","title":{"rendered":"Transnet gee aalmoes vir pensioenarisse &#8211; met &#8216;n dosis anti-wit rassisme"},"content":{"rendered":"<p>In &#8216;n poging om sy openbare beeld te herstel, gaan Transnet Kersfeesbonusse in die vorm van ex gratia-betalings aan sy pensioentrekkers uitbetaal. Di\u00e9 betalings geskied egter aan &#8220;die begunstigdes van afgetrede swart werknemers&#8221;. Die enigste blankes wat daarvoor in aanmerking kom, is diegene &#8220;met lang diens en beperkte alternatiewe inkomste&#8221;.<\/p>\n<p>Blykbaar gaan die pensioene aanstaande maand uitbetaal word en sal gelykstaande wees aan 8,33% van die pensioenaris se jaarlikse pensioen.<\/p>\n<p>Transnet word tans <a title=\"Hof beslis in Transnet-pensioenarisse se guns\" href=\"http:\/\/praag.co.za\/?p=26126\">gedagvaar<\/a> as deel van &#8216;n klasaksie weens sy jare lange verwaarlosing van hoofsaaklik Afrikanerpensioenarisse wat hul lewe lank by di\u00e9 instelling gewerk het. As deel van die &#8220;hestrukturering&#8221; van Transnet deur Maria Ramos, huidige hoof van ABSA, is &#8216;n groot deel van die maatskappy se pensioenfondsbeleggings gestroop om vir ander doeleindes aangewend te word.<\/p>\n<p>Jaarlikse verhogings in Transnetpensioene is slegs 2%, wat veroorsaak het dat inflasie die koopkrag van die pensioene grootliks uitgewis het.<\/p>\n<p>In &#8216;n verklaring s\u00ea Transnet dat &#8220;pensioentrekkers en begunstigdes van Transnet se Tweede Vastevoordeelfonds en die Transnet-subfonds van die Vervoerpensioenfonds R178 miljoen aan ad hoc-bonusse sal ontvang&#8221;.<\/p>\n<p>Dit beteken egter gemiddeld slegs R2 825 per lid, want die twee fondse beskik oor 63 000 lede.<\/p>\n<p>&#8216;n Verdere bedrag van R75 miljoen sal aan &#8220;begunstigdes en pensioentrekkers wat kwalifiseer&#8221; betaal word, waar die rassekriterium heel moontlik sal geld.<\/p>\n<p>November se betalings sal die tweede keer in 2014 wees dat pensioenarisse bykomende uitkerings ontvang. Daar is reeds in April R178 miljoen aan bonusse betaal.<\/p>\n<p>In sy verklaring vermeld Brian Molefe, Transnet se uitvoerende hoof, dat die betalings &#8220;getuig van Transnet se vasbeslotenheid om die finansi\u00eble posisie van die fondse te verbeter&#8221;.<\/p>\n<p><em>Metropolitan-aftree-administrateurs hanteer die ex gratia-betalings wat op 7 November sal geskied, met die ad hoc-bonusse wat op 21 November uitgekeer sal word. Hul kontaknommer is 011 587 8000.<\/em><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>In &#8216;n poging om sy openbare beeld te herstel, gaan Transnet Kersfeesbonusse in die vorm van ex gratia-betalings aan sy pensioentrekkers uitbetaal. Di\u00e9 betalings geskied egter aan &#8220;die begunstigdes van afgetrede swart werknemers&#8221;. Die enigste blankes wat daarvoor in aanmerking kom, is diegene &#8220;met lang diens en beperkte alternatiewe inkomste&#8221;. Blykbaar gaan die pensioene aanstaande &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=27825\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Transnet gee aalmoes vir pensioenarisse &#8211; met &#8216;n dosis anti-wit rassisme&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,85],"tags":[18511,11007,5163,13959],"class_list":["post-27825","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-c76-sake","tag-brian-molefe","tag-maria-ramos","tag-pensioene","tag-transnet"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27825","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=27825"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27825\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=27825"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=27825"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=27825"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}