{"id":27813,"date":"2014-10-22T07:19:38","date_gmt":"2014-10-22T05:19:38","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=27813"},"modified":"2014-10-22T08:16:31","modified_gmt":"2014-10-22T06:16:31","slug":"swartvlek-kwessie-oor-sa-sitrus-na-who","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=27813","title":{"rendered":"Swartvlek-kwessie oor SA sitrus na WHO"},"content":{"rendered":"<p>Die krisis wat die EU oor swartvlek by SA se sitrus veroorsaak het, is op ho\u00eb vlak met die WHO opgeneem.<\/p>\n<p>Sitrusboere het die stap van die Departement van Handel en Nywerheid verwelkom om die swartvlekkwessie na die W\u00eareldhandelsorganisasie (WHO) te neem, maar ges\u00ea ander EU-kanale moet ook oop bly.<\/p>\n<p>Mnr. Rob Davies, Minister van Handel en Nywerheid, het die kwessie met die sanit\u00eare en fitosanit\u00eare komitee van die WHO opgeneem omdat die Europese Unie dreig om te weier dat sitrusvrugte uit Suid-Afrika die gebied binnekom omdat hulle glo bang is dat die siekte na boorde in die gebied oorgedra kan word.<\/p>\n<p>Davies meen dat die EU se standpunt daarop gemik is om sy lidlande te beskerm deur hoogs mededingende sitrus uit Suid-Afrika te beperk, eerder as wat die unie oor plantgesondheid besorg is.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea wetenskaplike kennis ondersteun nie die EU se aantyging dat swartvleksiekte Europese boorde kan besmet nie. Volgens hom het die EU \u2018n voorstel van Suid-Afrika om die EU in verskillende sones te verdeel en strenger regulasies in te stel vir sitrus wat na sitrusproduserende gebiede in die suide van Europa uitgevoer word, ge\u00efgnoreer.<\/p>\n<p>Mnr. Pieter Nortj\u00e9, voorsitter van die sitrusprodusentevereniging (CGA), s\u00ea hulle verwelkom die stap, maar meen dat die aangeleentheid dalk uitgeklaar kan word v\u00f3\u00f3rdat dit na die WHO gaan. \u201cDaar is reeds gunstige verwikkelinge deurdat Europa \u2018n onafhanklike paneel van kundiges saamgeroep het om die feite oor swartvlek om \u2018n tafel te bespreek. Indien dit in ons guns afloop, sal die saak ni\u00e9 voor \u2018n paneel van die WHO hoef te dien nie.\u201d<\/p>\n<p>Hy glo dat die deurlopende inligting wat hulle aan die Departement van Handel en Nywerheid deurgegee het, verseker het dat die minister baie goed ingelig is oor die aangeleentheid.<\/p>\n<p>Nortj\u00e9 s\u00ea gevestigde en nuwe sitrusprodusente is onder geweldige finansi\u00eble, operasionele en administratiewe druk om simptoomvrye vrugte te lewer. \u201cDie sitrusbedryf se koste uit eie sak was vanjaar byna R1 miljard. Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye is onder net soveel druk om die proses te administreer.\u201d<\/p>\n<p>Tog is dit nie net slegte nuus nie. \u201cDie goeie wat hieruit ontstaan het, is dat die sitrusbedryf en Departement van Landbou mekaar gevind en bygestaan het sodat ons nou net \u2018n sterker uitvoerder gaan word.\u201d<\/p>\n<p>Bron: landbou.com<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die krisis wat die EU oor swartvlek by SA se sitrus veroorsaak het, is op ho\u00eb vlak met die WHO opgeneem. Sitrusboere het die stap van die Departement van Handel en Nywerheid verwelkom om die swartvlekkwessie na die W\u00eareldhandelsorganisasie (WHO) te neem, maar ges\u00ea ander EU-kanale moet ook oop bly. Mnr. Rob Davies, Minister van &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=27813\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Swartvlek-kwessie oor SA sitrus na WHO&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[12547,18338,15796,4869,18494,18495,18492,18491,18493],"class_list":["post-27813","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-bosbou-en-visserye","tag-departement-van-handel-en-nywerheid","tag-departement-van-landbou","tag-eu","tag-proteksionisme","tag-sitrusprodusentevereniging-cga","tag-sitrusproduserende-gebiede","tag-swartvlek","tag-swartvleksiekte"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27813","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=27813"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27813\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=27813"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=27813"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=27813"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}