{"id":27798,"date":"2014-10-21T13:37:11","date_gmt":"2014-10-21T11:37:11","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=27798"},"modified":"2014-10-21T16:30:05","modified_gmt":"2014-10-21T14:30:05","slug":"vyf-jaar-vir-oscar-pistorius","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=27798","title":{"rendered":"Vyf jaar vir Oscar Pistorius"},"content":{"rendered":"<p>Die paralimpiese atleet, Oscar Pistorius, is vir vyf jaar tronk toe gestuur.<\/p>\n<p>Hy het Dinsdag sy vonnis gehoor nadat hy vroe\u00ebr skuldig bevind is aan strafbare manslag na die skietdood van sy vriendin.<\/p>\n<p>Regter Thokozile Mazipa het Pistorius tot vyf jaar tronkstraf gevonnis vir die dood van Reeva Steenkamp op 14 Februarie 2014. <\/p>\n<p>Hy is voorts tot drie jaar tronkstraf, opgeskort vir vyf jaar gevonnis vir die oortreding van die wapenwet. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word. <\/p>\n<p>Die vonnisoplegging het meer as &#8216;n uur geduur. <\/p>\n<p>Regter Masipa het die verskillende vonnis-moontlikhede oorweeg en &#8216;n uiteensetting gegee. <\/p>\n<p>Die belange van die gemeenskap, die erns van die misdaad en die persoonlike omstandighede van Pistorius is volgens die regter in aanmerking geneem.<\/p>\n<p>Pistorius sal waarskynlik tien maande gevangenisstraf in die Kgosi Mampuru gevangenis in Pretoria uitdien voordat hy vir parool in aanmerking kom. <\/p>\n<p>Volgens Artikel 276 van die Strafproseswet, kan &#8216;n sesde van &#8216;n gevangenistermyn omgeskakel word huisarres as die vonnis nie meer as vyf jaar is nie.<\/p>\n<p>Regter Masipa het met haar vonnisoplegging ges\u00ea &#8216;n opgeskorte vonnis of korrektiewe toesig sou nie &#8216;n gepaste vonnis wees nie.<\/p>\n<p>Die Nasionale Vervolgingsgesag s\u00ea intussen die NVG het nog nie besluit of hy gaan appelleer teen Pistorius se skuldigbevinding aan strafbare manslag nie. <\/p>\n<p>Die regsverteenwoordiger van die Steenkamp-gesin, Dup de Bruyn het na die vonnisoplegging ges\u00ea die reg het gese\u00ebvier en die regte vonnis is opgel\u00ea. <\/p>\n<p>Pistorius is na die hofverrigtinge in &#8216;n gepantserde voertuig na die gevangenis geneem.<\/p>\n<p>Die atleet se loopbaan is waarskynlik verby aangesien hy nie toegelaat sal word om aan die 2016 Paralimpiese Spele deel te neem nie, selfs al word hy vroe\u00ebr uit die tronk vrygelaat. <\/p>\n<p>Die Internasionale Paralimpiese Komitee s\u00ea hy sal verbied word om aan enige van hulle byeenkomste deel te neem vir die volle vyf jaar wat sy vonnis is. <\/p>\n<p>Die verbod sal steeds geld selfs al word hy vroe\u00ebr vrygelaat onder huisarres of op volle parool. <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die paralimpiese atleet, Oscar Pistorius, is vir vyf jaar tronk toe gestuur. Hy het Dinsdag sy vonnis gehoor nadat hy vroe\u00ebr skuldig bevind is aan strafbare manslag na die skietdood van sy vriendin. Regter Thokozile Mazipa het Pistorius tot vyf jaar tronkstraf gevonnis vir die dood van Reeva Steenkamp op 14 Februarie 2014. Hy is &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=27798\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Vyf jaar vir Oscar Pistorius&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[218,5170,10567,11625,11687,12381,13331,13903],"class_list":["post-27798","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-misdaad","tag-moord","tag-oscar-pistorius","tag-paralimpiese-atleet","tag-reeva-steenkamp","tag-strafbare-manslag","tag-tronkstraf","tag-vonnisoplegging"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27798","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=27798"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27798\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=27798"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=27798"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=27798"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}