{"id":27779,"date":"2014-10-21T08:01:06","date_gmt":"2014-10-21T06:01:06","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=27779"},"modified":"2014-10-21T10:11:13","modified_gmt":"2014-10-21T08:11:13","slug":"pw-het-niks-vir-eie-gewin-gedoen-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=27779","title":{"rendered":"&#8216;PW het niks vir eie gewin gedoen nie&#8217;"},"content":{"rendered":"<p>Oudpres. PW Botha het geweier dat belastinggeld vermors word om \u2019n ondergrondse bunker by sy aftreehuis in Wildernis te bou.<\/p>\n<p>Barbara Botha, sy weduwee, het pres. Jacob Zuma se bewering dat die staat destyds die lughawe in George gebou het omdat Botha daar gewoon het, as snert afgemaak.<\/p>\n<p>Botha se weduwee het aan Media24 vertel dat daar planne opgetrek was om &#8216;n bunker by Die Anker, die Bothas se aftreehuis in Wildernis, in te rig as &#8216;n veiligheidsmaatre\u00ebl.<\/p>\n<p>\u201cHulle het ges\u00ea die departement is besig om ondergrondse kamers by verskeie BBP\u2019s se huise regoor die land in te rig, maar PW het net geweier. Hy het ges\u00ea dit is \u2019n mors van geld,\u201d het sy ges\u00ea.<\/p>\n<p>Botha het Die Anker eers in die laat sewentigs gekoop n\u00e1 die besluit om die lughawe te bou, reeds geneem is.<\/p>\n<p>Vandag gebruik meer as 560\u2009000 passasiers jaarliks die lughawe.<\/p>\n<p>\u201cPW het niks vir eie gewin gedoen nie,\u201d het sy weduwee ontstoke ges\u00ea.<\/p>\n<p>Luidens die Hansard het Lourens Muller, destydse minister van vervoer, op 8 Februarie 1977 in \u2019n parlement\u00eare antwoord ges\u00ea die lughawe word gebou deur die Suid-Afrikaanse lugmag, die departement van openbare werke en die departement van vervoer \u201cvir die verskaffing van \u2019n meer gereelde en gerieflike lugdiens tussen gemeenskappe in die Suid-Westelike distrikte en die res van die Republiek asook vir strategiese verdedigingsdoeleindes.\u201d<\/p>\n<p>Die regering in Maart 1973 besluit om die lughawe te bou en dit is in Junie 1977 voltooi.<\/p>\n<p>Daar is oorweeg om die lughawe in Oudtshoorn te bou, maar \u201cuit \u2019n praktiese en veiligheidsoogpunt\u201d is daar op George besluit, het Muller ges\u00ea.<\/p>\n<p>Frans Swarts (94), SAL-hoof toe die lughawe gebou is, het aan Media24 ges\u00ea vlugte het destyds gesukkel met weerstoestande in Kaapstad en kon weens lae wolke nie in Kaapstad land nie. Daar was nie vandag se moderne toerusting om sulke hindernisse te oorkom nie.<\/p>\n<p>Vlugte moes noodgedwonge dan in Bloemfontein land en dus was die lughawe in die Suid-Kaap &#8216;n noodsaaklikheid om \u2019n alternatiewe landingsplek te h\u00ea wanneer Kaapstad nie beskikbaar was nie.<\/p>\n<p>Hennie Smit, wat van 1981 tot 1983 LPR vir George was en later vir Botha as LV vir George opgevolg het, het ges\u00ea daar was geen druk van Botha se kant om die lughawe te bou nie.<\/p>\n<p>\u201cInteendeel, hy (Botha) het destyds \u2019n onafhanklike komitee aangestel om te kyk waar die beste plek is om die lughawe te bou. Daar is gekyk na Mosselbaai, \u00adGeorge en Oudtshoorn. Verskeie faktore, waaronder veiligheidsoorwegings en weersomstandighede, is in ag geneem.\u201d<\/p>\n<p>Volgens Smit wou Botha gehad het dat die lughawe na die destydse minister van vervoer, Louw\u00adrens Muller, vernoem word. <\/p>\n<p>Nkandla is \u2019n privaatwoning en die lughawe is in staatsbesit, het kritici ges\u00ea.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Oudpres. PW Botha het geweier dat belastinggeld vermors word om \u2019n ondergrondse bunker by sy aftreehuis in Wildernis te bou. Barbara Botha, sy weduwee, het pres. Jacob Zuma se bewering dat die staat destyds die lughawe in George gebou het omdat Botha daar gewoon het, as snert afgemaak. Botha se weduwee het aan Media24 vertel &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=27779\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;&#8216;PW het niks vir eie gewin gedoen nie&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[4976,4624,18475,4933,2300,18474,9052,4828,14284,7721],"class_list":["post-27779","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized","tag-bloemfontein","tag-george","tag-hansard","tag-kaapstad","tag-korrupsie","tag-lourens-muller","tag-lughawe","tag-mossgas","tag-oudtshoorn","tag-pw-botha"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27779","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=27779"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27779\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=27779"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=27779"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=27779"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}