{"id":27715,"date":"2014-10-20T08:37:54","date_gmt":"2014-10-20T06:37:54","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=27715"},"modified":"2014-10-20T09:20:01","modified_gmt":"2014-10-20T07:20:01","slug":"san-gemeenskap-moet-beskerm-word","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=27715","title":{"rendered":"&#8216;San-gemeenskap moet beskerm word&#8217;"},"content":{"rendered":"<p>Die raad van die San-gemeenskap in samewerking met die Werksgroep vir Inheemse Minderhede in Suider-Afrika (Wimsa) het &#8216;n pamflet oor San-kinders se reg tot onderwys bekend gestel, het die Republikein berig.<\/p>\n<p>Die pamflet getiteld \u201cInclusive Education for San Children in Namibia\u201d is in samewerking met die Finse ambassade onderneem wat die projek geborg het.<\/p>\n<p>Die saakgelastigde van die Finse ambassade, me. Anne Saloranta, het ges\u00ea die doel van die insluitende onderwysprojek wat hulle borg, is om die gaping tussen beleid en realiteit te vernou. Saloranta het ges\u00ea vanwe\u00eb die verskil in taal en kultuur bestaan \u2019n groter kans dat San-leerlinge die skool sal verlaat voor hulle graad 12 voltooi het. Dit maak hulle meer weerloos vir maat\u00adskaplike uitsluiting.<\/p>\n<p>\u201cEkstra ondersteuning en sorg is nodig om die kinders te help en hul skoolbywoning te fasiliteer,\u201d meen Saloranta.<br \/>\nDie pamflet verduidelik onder meer wie die San-raad is wat ook na onderwys vir San-kinders omsien. Dit bevat ook inligting aangaande voor\u00adskrifte oor onderwys in die Grondwet, beleidrigtings oor onderwys vir gemarginaliseerde gemeenskappe en internasionale onderwysooreenkomste. Volgens Saloranta is dit belangrik dat gemeen\u00adskappe die belangrikheid van onderwys verstaan sodat kinders die nodige ondersteuning kry om klasse by te woon.<\/p>\n<p>\u201cOpgeleide lede van die San-gemeenskap kan as rolmodelle optree en \u2019n positiewe voorbeeld stel deur te wys wat kan gebeur as jy jou opvoeding met erns beje\u00ebn,\u201d meen sy.<\/p>\n<p>\u2019n Student aan die Universiteit van Namibi\u00eb, me. Elsarien Katiti, het ges\u00ea \u2019n veilige omgewing waarin skole bygewoon kan word, is \u2019n kwessie wat aandag moet geniet.<\/p>\n<p>Volgens haar is daar mense wat vir San-leeringe lag en spot, omdat di\u00e9 kinders \u2019n kultuur het wat die wat spot nie verstaan nie. Katiti meen sulke voorvalle belemmer \u201cdie veilige omgewing\u201d en kan tot skoolverlating lei.<\/p>\n<p>\u201cOns moet kinders leer om vir hulself lief te wees en selfrespek te h\u00ea. Dit maak dit moeiliker vir ander mense om te oordeel,&#8221; het sy ges\u00ea.<\/p>\n<p>Volgens Katiti word nie genoeg voorspraak vir die San-gemeenskap gedoen nie.<\/p>\n<p>\u201cBaie mense weet nie dat daar verskillende groepe en tale in die San-gemeenskap is nie. Dit is nie hulle skuld nie, want daar moet meer opvoeding gedoen word.&#8221;<\/p>\n<p>Katiti is voorts van mening kinders moet geleer word daar is niks daarmee verkeerd om van ander mense te verskil nie.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die raad van die San-gemeenskap in samewerking met die Werksgroep vir Inheemse Minderhede in Suider-Afrika (Wimsa) het &#8216;n pamflet oor San-kinders se reg tot onderwys bekend gestel, het die Republikein berig. Die pamflet getiteld \u201cInclusive Education for San Children in Namibia\u201d is in samewerking met die Finse ambassade onderneem wat die projek geborg het. Die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=27715\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;&#8216;San-gemeenskap moet beskerm word&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[18444,18440,18441,16221,7551,6831,18443,16222,18442],"class_list":["post-27715","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized","tag-afsonderlike-ontwikkeling","tag-boesman","tag-filand","tag-khoi","tag-minderhede","tag-namibie","tag-opvoeding","tag-san","tag-wimsa"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27715","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=27715"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27715\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=27715"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=27715"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=27715"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}