{"id":27686,"date":"2014-10-17T16:43:43","date_gmt":"2014-10-17T14:43:43","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=27686"},"modified":"2014-10-17T16:43:43","modified_gmt":"2014-10-17T14:43:43","slug":"anc-nie-eerlik-oor-moedertaalonderrig-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=27686","title":{"rendered":"ANC nie eerlik oor moedertaalonderrig nie"},"content":{"rendered":"<p>Statistiek toon Engels is al hoe meer besig om moedertaalonderrig in Afrikaans en ander tale uit die onderwysstelsel te druk.<\/p>\n<p>Uit antwoorde op parlement\u00eare vrae oor die aangeleentheid deur &#8216;n opposisieparty blyk dit dat veral Afrikaans die grootste verloorder is. Net in Gauteng is sowat \u0149 kwart van Afrikaanse skole sedert 2002 na Engels-medium verander.<\/p>\n<p>Wat die Vrystaat aanbetref het 26 uit 113 skole van enkelmedium-Afrikaans na ander mediums verander, in Gauteng 103 uit 266 en in KwaZulu-Natal 27 uit 44.<\/p>\n<p>In Gauteng is tans net 168 Afrikaanse skole teenoor 1 539 Engels en in die Vrystaat 75 teen 303. In KwaZulu-Natal is daar nog net 12 Afrikaanse skole teen 2 153 Engels. Net in die Wes-Kaap is Afrikaanse skole nog in die meerderheid met 648 teen 461 Engelse skole.<\/p>\n<p>Die navorsingsinstelling Ipsos-Markinor het verlede maand die uitslag van \u0149 meningspeiling bekend gemaak wat aantoon dat meer as twee derdes van Suid-Afrikaners van alle rasse van mening is dat kinders die reg het om in hul moedertaal onderrig te ontvang.<\/p>\n<p>Volgens Ipsos-Markinor is daar ooreenstemmigheid hieroor van regoor die onderskeie taalgroepe in die land, maar veral onder Engels- en Afrikaanssprekendes, met ander Afrika-tale wat kort hierop volg.<\/p>\n<p>Die minister se antwoord druis lynreg teen hierdie navorsing in aangesien sy s\u00ea Engels het nou die \u2018voorkeur-taal van onderrig\u2019 vir ouers geword.<\/p>\n<p>Hieroor lui die minister se antwoord: \u201cWeens die groeiende aanvraag van leerders wat Engels as onderrigtaal verkies, is skole besig om Engels as tweede medium vir onderrig in te stel. Die krimpende aantal Afrikaanssprekende leerders is \u0149 verdere rede waarom skole wegbeweeg van Afrikaans-enkelmedium.<\/p>\n<p>\u201cSommige ouers verkies ook Engels-onderrig aangesien hulle dit beskou as \u0149 noodsaaklike taal om in die internasionale sakew\u00eareld sukses te behaal,\u201d lui die antwoord.<\/p>\n<p>Die afname in Afrikaanse skole en die bevindings van die marknavorsing wys dat die ANC-regering nie eerlik is oor die aangeleentheid nie, en besig is om eensydig Engels op sprekers van ander tale af te dwing.<\/p>\n<p>\u201cSoos sake nou staan boer moedertaalonderrig agteruit en Engels gedy. Dis &#8216;n skande. Engels moet hoogstens &#8216;n brugtaal wees behalwe vir eerstetaal-Engelssprekendes. Die minister sal saam met die provinsies meer moet doen om skole vir moedertaalonderrig te skep.<\/p>\n<p>\u201cWittes moet ook verplig word om ten minste een Afrikataal te leer anders as Afrikaans sodat kommunikasie-br\u00fbe gebou kan word sonder Engels as enigste platform daarvoor. Ons moet inheems, lokaal en globaal dink, praat en droom,\u201d het adv. Alberts van die VF+ ges\u00ea.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Statistiek toon Engels is al hoe meer besig om moedertaalonderrig in Afrikaans en ander tale uit die onderwysstelsel te druk. Uit antwoorde op parlement\u00eare vrae oor die aangeleentheid deur &#8216;n opposisieparty blyk dit dat veral Afrikaans die grootste verloorder is. Net in Gauteng is sowat \u0149 kwart van Afrikaanse skole sedert 2002 na Engels-medium verander. &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=27686\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;ANC nie eerlik oor moedertaalonderrig nie&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[167,18419,6016,8720,11216,18418],"class_list":["post-27686","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","tag-afrikaans","tag-eentaligheid","tag-engels","tag-meertaligheid","tag-moedertaalonderrig","tag-taalverdrukking"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27686","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=27686"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27686\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=27686"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=27686"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=27686"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}