{"id":27678,"date":"2014-10-17T10:29:28","date_gmt":"2014-10-17T08:29:28","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=27678"},"modified":"2014-10-17T10:34:40","modified_gmt":"2014-10-17T08:34:40","slug":"saog-weer-deel-van-veiligheidsraad","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=27678","title":{"rendered":"SAOG weer deel van Veiligheidsraad"},"content":{"rendered":"<p>Met die verkiesing van Angola tot die Veiligheidsraad, het die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap SAOG, weer &#8216;n setel op die Raad bekom.<\/p>\n<p>Die algemene vergadering van die VN het Donderdag vyf nuwe nie-permanente lede verkies wat twee jaar op die Veiligheidsraad sal dien. <\/p>\n<p>Die ander vier lande wat verkies is, is Venezuela, Maleisi\u00eb, Nieu-Seeland en Spanje. Die vyf lande se termyn sal op 1 Januarie afskop.<\/p>\n<p>Die VSA het dadelik begin om Venezuela aan te val.<\/p>\n<p>In &#8216;n felle stryd het Turkye verloor teen Spanje en Nieu-Seeland om twee beskikbare setels vir &#8216;n stemblok wat Wes-Europese en ander groepe, sowel as die Verenigde State van Amerika insluit. <\/p>\n<p>In die afgelope paar dae, volgens verskeie diplomatieke bronne, was daar &#8216;n intense veldtog, gelei deur Griekeland, Egipte en Saoedi-Arabi\u00eb, teen Turkye se lidmaatskap in die raad. <\/p>\n<p>Spanje het 132 stemme gekry, terwyl Turkye net 60 stemme kon inoes. Nieu-Seeland is in &#8216;n vroe\u00ebr rondte verkies.<\/p>\n<p>Turkye speel glo volgens waarnemers &#8216;n onverkwiklike rol in die ondersteuning van ISIS in Siri\u00eb en Irak.<\/p>\n<p>Intussen het president Jacob Zuma Turkse sakelui verseker dat toekomstige beleggings in Suid-Afrika in &#8216;n sakevriendelike omgewing ontvang sal word.<\/p>\n<p>Zuma was die eregas by die tweede Sake-toekennings van die Suid-Afrikaanse-Turkse Sakevereniging in Sandton. &#8216;<\/p>\n<p>Die Turkse afgevaardigdes het onderneem om te help met werkskepping en die ophef van gemeenskappe deur middel van die ontwikkeling van klein sake-ondernemings. <\/p>\n<p>Verskeie maatskappye van die grootste sake-federasie in Turkye, Tuscon, doen sake in Suid-Afrika.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Met die verkiesing van Angola tot die Veiligheidsraad, het die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap SAOG, weer &#8216;n setel op die Raad bekom. Die algemene vergadering van die VN het Donderdag vyf nuwe nie-permanente lede verkies wat twee jaar op die Veiligheidsraad sal dien. Die ander vier lande wat verkies is, is Venezuela, Maleisi\u00eb, Nieu-Seeland en Spanje. Die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=27678\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;SAOG weer deel van Veiligheidsraad&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[5048,11894,6750,6627,8716,18413,11396,5827,2848],"class_list":["post-27678","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-angola","tag-maleisie","tag-nieu-seeland","tag-saog","tag-spanje","tag-stemblok","tag-veiligheidsraad","tag-venezuela","tag-vsa"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27678","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=27678"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27678\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=27678"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=27678"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=27678"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}