{"id":27672,"date":"2014-10-17T09:54:30","date_gmt":"2014-10-17T07:54:30","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=27672"},"modified":"2014-10-17T09:54:30","modified_gmt":"2014-10-17T07:54:30","slug":"wit-amerikaners-vrees-dat-swartes-draers-van-ebola-is","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=27672","title":{"rendered":"Wit Amerikaners vrees dat swartes draers van ebola is"},"content":{"rendered":"<p>&#8216;n Vliegtuig van Nigeri\u00eb wat Donderdag op JFK lughawe in New York geland het met &#8216;n manlike passasier aan boord, se medepassasiers is onthuts nadat die swarte tydens die vlug gesterf het na ernstige braking.<\/p>\n<p>Die swarte het wel aan ernstige braking gely, maar CDC-amptenare s\u00ea dit was nie agv ebola nie.<\/p>\n<p>Die 63-jarige se lyk is dadelik uit die vliegtuig verwyder deur die hawe-owerhede.<\/p>\n<p>In die Washington-gebied, die tuiste van die VSA se tweede grootste Afrika-immigrantebevolking, kla swartes dat al hoe meer wittes wegstaan van hulle uit vrees dat hulle draers van ebola is.<\/p>\n<p>Amptenare probeer drasties <a href=\"http:\/\/www.washingtonpost.com\/local\/west-africans-in-washington-say-they-are-being-stigmatized-because-of-ebola-fear\/2014\/10\/16\/39442d18-54c6-11e4-892e-602188e70e9c_story.html\">vrese besweer<\/a> met die versekering dat die virus slegs deur kontak met liggaamsvloeistowwe van &#8216;n besmette persoon wat simptomaties is oorgedra kan word, maar dit blyk nie genoeg te wees nie.<\/p>\n<p>Die Amerikaanse konserwatiewe politieke kommentator Patrick Buchanan s\u00ea egter indien die Amerikaanse regering nie dadelik optree teen swart besoekers uit ebola-besmette gebiede nie, &#8220;kan politieke korrektheid die einde van baie van ons beteken&#8221;.<\/p>\n<p>&#8216;n Tweede gesondheidswerker verbonde aan die Texas Health Presbyterian-hospitaal, wat sorg aan die swart Liberiese\u00ad pasi\u00ebnt Thomas Eric Duncan verleen het, het die week positief vir ebola getoets.<\/p>\n<p>Die werker het van koors gekla en is onmiddellik\u00ad ge\u00efsoleer\u00ad. Almal wat kontak met die werker gehad\u00ad het, word nou vir moontlike besmetting waargeneem\u00ad.<\/p>\n<p>Vooruitsigte vir \u2019n vinnige einde van besmetting het afgeneem. Die W\u00eareldgesondheidsorganisasie (WHO) voorspel\u00ad dat die drie verarmde lande in Wes-Afrika, te wete Liberi\u00eb\u00ad, Sierra Leone en Guinee, tot soveel as 10 000 nuwe gevalle per week teen vroeg Desember kan oplewer.<\/p>\n<p>Die eerste verpleegster wat met Ebola besmet is toe sy Duncan in Dallas verpleeg het, verkeer in \u201cgoeie toestand\u201d, volgens \u2019n verklaring wat deur die hospitaal uitgereik is.<\/p>\n<p>&#8216;n Ambulans met Amber Joy Vinson, \u2019n Amerikaanse verpleegster wat positief vir Ebola getoets het, is by die Emory-universiteitshospitaal in Atlanta, Georgia, opgeneem. Sy is Woensdag van die Texas Health Presbyterian-hospitaal oorgeplaas. <\/p>\n<p>Sy het simptome begin toon \u2019n dag nadat sy van Cleveland na Dallas gevlieg het. <\/p>\n<p>Die sentrum vir siektebeheer (CDC) wil nou \u00e1l 132 passasiers toets wat aan boord die vliegtuig op vlug 1143 van Frontier Airlines van Cleveland na Dallas\/Fort Worth was en Maandag\u00ad om 20:16 geland het.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Vliegtuig van Nigeri\u00eb wat Donderdag op JFK lughawe in New York geland het met &#8216;n manlike passasier aan boord, se medepassasiers is onthuts nadat die swarte tydens die vlug gesterf het na ernstige braking. Die swarte het wel aan ernstige braking gely, maar CDC-amptenare s\u00ea dit was nie agv ebola nie. Die 63-jarige se &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=27672\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Wit Amerikaners vrees dat swartes draers van ebola is&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[18407,16492,12642,18409,18406,5591,5072,18408],"class_list":["post-27672","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized","tag-braking","tag-ebola","tag-guinee","tag-liberie","tag-politiek-korrek","tag-sierra-leone","tag-washington","tag-wereldgesondheidsorganisasie-who"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27672","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=27672"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27672\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=27672"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=27672"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=27672"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}