{"id":27580,"date":"2014-10-15T09:50:39","date_gmt":"2014-10-15T07:50:39","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=27580"},"modified":"2014-10-15T09:50:39","modified_gmt":"2014-10-15T07:50:39","slug":"rooftogte-by-winkelsentrums-styg-142-en-polisie-is-verlore","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=27580","title":{"rendered":"Rooftogte by winkelsentrums styg 142% en polisie is &#8216;verlore&#8217;"},"content":{"rendered":"<p>Korrupsie, wanadministrasie en &#8216;n gebrek aan inligting kortwiek die stryd teen misdaad, het sprekers gister by &#8216;n konferensie oor misdaadvoorkoming ges\u00ea. Die hoof van die spesiale ondersoekeenheid, adv. Vas Soni, het sover gegaan soos om te vereis dat alle bates wat deur misdadigers verkry word, onteien behoort te word.<\/p>\n<p>Volgens &#8216;n ander spreker by die konferensie, dr. Johan Burger van die Instituut vir Sekerheidstudies, het rooftogte by winkelsentrums binne &#8216;n jaar meer as verdubbel. Trouens, die persentasiestyging in di\u00e9 misdaadkategorie is &#8216;n skrikwekkende 142%.<\/p>\n<p>Burger het veral die polisie se misdaadinligtingseenheid gekritiseer vir hul gebrek aan inligting oor di\u00e9 tipe misdaad: \u201cSonder intelligensie is ons verlore (by die aanpak van di\u00e9 misdade), maar ons misdaadintelligensie sukkel. Dit is duidelik dat diewe iets nuuts gekry het om op te fokus.\u201d<\/p>\n<p>Soos wat privaatveiligheidsmaatskappye sekere vorme van misdaad moeiliker maak, verskuif misdaadaktiwiteit na ander terreine.<\/p>\n<p>\u201cMisdadigers kyk na hul risiko\u2019s en kyk waar hulle meer wins kan maak teen minder risiko,\u201d s\u00ea dr. Johan Burger. Hy vind die neiging vir misdaad om jaarliks toe te neem &#8220;kommerwekkend&#8221; en voeg by: \u201cOns moet bekommerd wees; ons moet antwoorde kry.\u201d<\/p>\n<p>Soni het voorts ges\u00ea dat &#8220;Suid-Afrikaners ongeduldig is as dit by korrupsie kom&#8221;. Sy eenheid is veral betrokke by die bekamping van korrupsie en omkopery.<\/p>\n<p>Hy meen dat wanadministrasie en korrupsie &#8216;n bedreiging vir demokrasie inhou omdat dit die regstaat ondermyn.<\/p>\n<p>Dit is egter nie meer genoeg om die oortreders van korrupsiewette in die openbaar uit te wys en skaam te maak nie.<\/p>\n<p>\u201cDie afgelope 20 jaar van ons demokrasie het genoegsaam gewys dat dit nie genoeg is om diegene wat van korrupsie verdink word in die openbaar te beskaam nie,\u201d s\u00ea Soni<\/p>\n<p>Baie meer as net openbare hoon is nodig. \u201cOns het \u2019n skaamtelose geslag geword.\u201d<\/p>\n<p>Die openbare beskermer Thuli Madonsela en Emiritusaartsbiskop Tutu het insgelyks die konferensie toegespreek.<\/p>\n<p>Tutu het die polisie bedank dat hulle hul lewens waag om Suid-Afrikaners te beskerm, terwyl Madonsela &#8216;n beroep op Suid-Afrikaners gedoen het om teen korrupsie te verenig.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Korrupsie, wanadministrasie en &#8216;n gebrek aan inligting kortwiek die stryd teen misdaad, het sprekers gister by &#8216;n konferensie oor misdaadvoorkoming ges\u00ea. Die hoof van die spesiale ondersoekeenheid, adv. Vas Soni, het sover gegaan soos om te vereis dat alle bates wat deur misdadigers verkry word, onteien behoort te word. Volgens &#8216;n ander spreker by die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=27580\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Rooftogte by winkelsentrums styg 142% en polisie is &#8216;verlore&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[7488,11795,18366,2300,218,18368,10785,18367,17806],"class_list":["post-27580","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-desmond-tutu","tag-instituut-vir-sekerheidstudies","tag-johan-burger","tag-korrupsie","tag-misdaad","tag-rooftogte","tag-thuli-madonsela","tag-vas-soni","tag-winkelsentrums"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27580","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=27580"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27580\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=27580"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=27580"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=27580"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}