{"id":27538,"date":"2014-10-13T08:50:31","date_gmt":"2014-10-13T06:50:31","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=27538"},"modified":"2014-10-13T08:50:31","modified_gmt":"2014-10-13T06:50:31","slug":"malema-ontken-dat-hy-namibiese-byeenkoms-sou-bywoon","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=27538","title":{"rendered":"Malema ontken dat hy Namibiese byeenkoms sou bywoon"},"content":{"rendered":"<p>Die leier van die Economic Freedom Fighters (EFF) in Suid-Afrika, mnr. Julius Malema, het ontken dat hy die bekendstelling van die Namibian Economic Freedom Fighters (NEFF) se verkiesingsmanifes die afgelope naweek sou bywoon.<\/p>\n<p>Die bekendstelling het Saterdag by die UN Plaza in Windhoek, Katutura plaasgevind en is deur drie lede van die EFF bygewoon, het die Republikein berig.<\/p>\n<p>Net oor \u2019n honderd mense, van wie die meeste kinders was, het die bekendstelling van die manifes bygewoon wat aan Namibi\u00eb se ontslape helde opgedra is.<\/p>\n<p>\u201cNee, ek het nog nooit ges\u00ea dat ek dit gaan bywoon nie. Ek het geen benul waarvan hulle praat nie,\u201d het Malema per telefoon aanRepublikein ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die nasionale ko\u00f6rdineerder van die NEFF, mnr. Iipumbu Kalimbo, meen egter Malema is met \u2019n politieke speletjie besig.<\/p>\n<p>\u201cDie NEFF het nog nooit vir die mense gelieg dat hy (Malema) sou kom nie, ek weet nie eens of dit nou ter sprake behoort te wees nie. Soos jy kon sien, was drie lede van EFF se sentrale komitee afgevaardig. Dat Malema sou kom, was nie \u2019n leuen nie,\u201d het Kalimbo ges\u00ea.<\/p>\n<p>Wat volgens hom wel belangrik is, is dat &#8216;n NEFF-regering godsdiens in skole sal terugbring. Die NEFF beoog ook om die maandelikse maatskaplike pensioen van N$600 na N$1 500, die kindertoelaag van N$250 na N$500 en die oorlogsveterane se toelaag van N$2 200 na N$4 400 te verhoog.<\/p>\n<p>Een van die EFF-afgevaardiges en lid van die Suid Afrikaanse parlement, me. Magdalene Moonsamy, het die NEFF gewaarsku om nooit in die voetspore te volg van diegene wat vir die massas jok nie. Sy het na die handvol mense verwys wat vir die bekendstelling opgedaag het en ges\u00ea dit word van die NEFF verwag om elke stem in die land vir di\u00e9 party te wen.<\/p>\n<p>\u201cDit is nie hoe EFF van Suid-Afrika lyk nie. Ons is groot en ons verwag van julle om elke Namibi\u00ebr se hart te oortuig om vir julle te stem,\u201d het sy ges\u00ea.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die leier van die Economic Freedom Fighters (EFF) in Suid-Afrika, mnr. Julius Malema, het ontken dat hy die bekendstelling van die Namibian Economic Freedom Fighters (NEFF) se verkiesingsmanifes die afgelope naweek sou bywoon. Die bekendstelling het Saterdag by die UN Plaza in Windhoek, Katutura plaasgevind en is deur drie lede van die EFF bygewoon, het &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=27538\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Malema ontken dat hy Namibiese byeenkoms sou bywoon&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[10876,6685,6831,17635],"class_list":["post-27538","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-eff","tag-julius-malema","tag-namibie","tag-neff"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27538","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=27538"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27538\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=27538"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=27538"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=27538"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}