{"id":27518,"date":"2014-10-13T05:58:15","date_gmt":"2014-10-13T03:58:15","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=27518"},"modified":"2014-10-13T08:30:31","modified_gmt":"2014-10-13T06:30:31","slug":"om-diefstal-te-legitimeer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=27518","title":{"rendered":"Om diefstal te legitimeer"},"content":{"rendered":"<p>Sedert 1994 is Afrikaners nuwe lesse geleer &#8211; veral in die hoofstroommedia wat ons soos kritikasters betig as ons nie polities korrek bly nie.<\/p>\n<p>Ons is geleer dat politieke leierskap nie deur beginsels gelei word nie, maar deur pragmatisme, oftewel gedienstigheid. \u00a0Met hierdie insig verstaan ons nou die gebeure van die laaste tien jaar van NP-bewind soveel beter.<\/p>\n<p><a href=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2010\/02\/wingard_johann.jpg\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"alignright size-full wp-image-7517\" src=\"http:\/\/praag.co.za\/wordpress\/wp-content\/uploads\/2010\/02\/wingard_johann.jpg\" alt=\"wingard_johann\" width=\"110\" height=\"138\" \/><\/a>Ons is geleer dat die begrip Afrikaner \u2018n kunsmatige sosiale konstruk was en ingespan is om die Afrikaner-establishment se politieke mag te verseker. \u00a0Toe hulle die mag verloor het, het die konstruk verval en slegs by klein kerngroepies bittereinders behoue gebly.<\/p>\n<p>Op ons beurt het ons geleer van volkstaatkunde; die haalbaarheid daarvan, asook die mites daaromheen. Vandag is daar in Afrikanergeledere honderde kitsvolkekundiges&#8230;<\/p>\n<p>Maar die grootste les wat ons geleer het, is dat dr. Verwoerd se differensiasiepolitiek finaal bewys dat witmense en swartmense verskillende psiges het en baie moeilik \u00a0as sosiale gelykes sal kan saambestaan. \u00a0Hul korporatiewe psiges is botsend van aard.<\/p>\n<p>Dit is by hierdie les waar ek vir \u2018n oomblik wil stilstaan.<\/p>\n<p>Dit is alom bekend dat Westerlinge skeppend van aard is en dat hulle aan die onbeperkte potensiaal van hul eie vermo\u00eb glo. Hierdie eienskap het meegehelp dat hulle van die feodale stelsel van driehonderd jaar gelede kon onsnap. \u00a0Europe\u00ebrs het die landbourewolusie meegemaak, gevolg deur verskillende rewolusies soos die nywerheidsrewolusie en inligtingsrewolusie. \u00a0Hul lewensbeskouing en ekonomiese welvaart het daardeur ingrypend verander. \u00a0Hulle het ervaar dat welvaart en groei uit innovering spruit. \u00a0Dat nuwe rykdom deur innovering geskep word.<\/p>\n<p>Afrika was nooit deel van daardie historiese rewolusies nie en sy mense se psige het feodaal gebly. Maar hulle trek vandag voordeel uit die huidige digitale en kommunikasierewolusie.<\/p>\n<p>Afrika se feodale ingesteldheid is presies soos di\u00e9 van Europa se prerewolusion\u00eare lewensbeskouing. \u00a0Dit word bepaaal deur \u2018n natuurwet waarvan hulle nie kan ontsnap nie.<\/p>\n<p>Daardie wet is die begrip van beperkte rykdom wat diep in die psige gewortel is.<\/p>\n<p>Beperkte rykdom beteken dat mens jou eie finansi\u00eble posisie slegs ten koste van iemand anders s\u2019n kan verbeter. \u00a0Die koek word dus gereeld onderverdeel en word nooit groter nie. Diefstal en batestropery verteenwoordig \u2018n legitieme oorlewingstrategie wanneer jy die mag besit om jou koekdeel te vergroot.<\/p>\n<p>Dit is hier waar die elfde gebod sy ontstaan het, naamlik, dat jy nie uitgevang mag word nie, want dan moet jy die straf wat onvermydelik volg, kan vat. \u00a0Dis nie verkeerd om te steel nie; die misdaad is dat jy nie uitgevang mag word nie.<\/p>\n<p>Dit verklaar waarom endemiese korrupsie regoor Afrika heers en nie maklik gaan verander nie.<\/p>\n<p>Dit verklaar waarom die ANC vir Zuma beskerm en \u2018n R246-miljoen bate vir hom geskep het wat wettiglik sy eiendom sal word wanneer hy oor \u2018n paar jaar gaan uittree. Belastingvry.<\/p>\n<p>Dit verklaar die beleid van swart ekonomiese bemagtiging en regstellende aksie, wat niks met historiese ongelykhede te doen het nie, maar met die herverdeling van die nasionale ekonomiese koek.<\/p>\n<p>Dit is bloot te wyte aan die Afrikapsige wat nooit verder gevorder het as die verbruiksfase nie, en altyd sal teer op medeburgers wat die rykdom skep.<\/p>\n<p>Wit mans mag nie poste in die staatsdiens kry nie. \u00a0As entrepreneurs moet hulle die stroperbendes se honger voed.<\/p>\n<p>D\u00edt is wat dr. Verwoerd voorsien het en dit is waarvan die Kodesa-onderhandelaars weggeskram het.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Sedert 1994 is Afrikaners nuwe lesse geleer &#8211; veral in die hoofstroommedia wat ons soos kritikasters betig as ons nie polities korrek bly nie. Ons is geleer dat politieke leierskap nie deur beginsels gelei word nie, maar deur pragmatisme, oftewel gedienstigheid. \u00a0Met hierdie insig verstaan ons nou die gebeure van die laaste tien jaar van [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":16,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[121,10],"tags":[4112,768,18293,18295,4953,18294],"class_list":["post-27518","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c113-johann-wingard","category-rubrieke","tag-afrika","tag-afrikaner","tag-psige","tag-swartman","tag-verwoerd","tag-volkekunde"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27518","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/16"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=27518"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27518\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=27518"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=27518"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=27518"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}