{"id":27440,"date":"2014-10-08T09:04:37","date_gmt":"2014-10-08T07:04:37","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=27440"},"modified":"2014-10-08T09:04:37","modified_gmt":"2014-10-08T07:04:37","slug":"nobelprys-vir-fisika-aan-led-uitvinders","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=27440","title":{"rendered":"Nobelprys vir fisika aan LED-uitvinders"},"content":{"rendered":"<p>Twee Japannese en &#8216;n Japannese Amerikaner het die Nobelprys vir fisika vir 2014 losgeslaan met hul uitvinding van \u2019n blou liggewende diode (LED) \u2013 die deurbraak wat nodig was om wit LED-lampe te kan maak.<\/p>\n<p>Isamu Akasaki en Hiroshi Amano van Japan en Shuji Nakamura van Amerika se deurbraak \u201csal waarskynlik daartoe lei dat die 21ste eeu deur LED-lampe verlig word nadat die 20ste eeu deur gloeilampe verlig is\u201d, het die Koninklike Sweedse Wetenskapakademie ges\u00ea.<\/p>\n<p>Die drie uitvinders deel die prysgeld van $1,1 miljoen.<\/p>\n<p>\u201cRooi en groen LED-lampe is al lank beskikbaar, maar blou het ontbreek. Danksy die blou LED kan wit lampe nou vervaardig word wat besonder energiedoeltreffend is en lank hou,\u201d het Per Delsing, \u2019n lid van die akademie, op \u2019n nuuskonferensie ges\u00ea.<\/p>\n<p>Akasaki is verbonde aan die Meijo-universiteit in Japan en Amano is \u2019n professor aan die Nagoya-universiteit. Nakamura is aan die Universiteit van Kaliforni\u00eb in Santa Barbara verbonde.<\/p>\n<p>Nakamura is die eintlike brein agter die blou LED. Hy was in diens van die onderneming Nichia, wat hom nie veel vir sy uitvinding wou gee nie. Hy het Nichia toe vir $185\u2009miljoen gedagvaar en uiteindelik $8\u2009miljoen aanvaar.<\/p>\n<p>LED-lampe is aansienlik doeltreffender as die gloeilamp wat deur Joseph Swan en Thomas Edison aan die einde van die 19de eeu ontwikkel is.<\/p>\n<p>Colin Humphreys, \u2019n LED-kenner verbonde aan die Universiteit van Cambridge, het ges\u00ea die ligbron het inslag gevind in die motorbedryf en dit word ook in slimfone en rekenaarskerms gebruik. <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Twee Japannese en &#8216;n Japannese Amerikaner het die Nobelprys vir fisika vir 2014 losgeslaan met hul uitvinding van \u2019n blou liggewende diode (LED) \u2013 die deurbraak wat nodig was om wit LED-lampe te kan maak. Isamu Akasaki en Hiroshi Amano van Japan en Shuji Nakamura van Amerika se deurbraak \u201csal waarskynlik daartoe lei dat die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=27440\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Nobelprys vir fisika aan LED-uitvinders&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[18247,18248,18245,18246],"class_list":["post-27440","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-blou-liggewende-diode","tag-energiedoeltreffend","tag-led","tag-nobelprys-vir-fisika"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27440","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=27440"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27440\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=27440"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=27440"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=27440"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}