{"id":27410,"date":"2014-10-07T06:29:44","date_gmt":"2014-10-07T04:29:44","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=27410"},"modified":"2014-10-07T06:29:44","modified_gmt":"2014-10-07T04:29:44","slug":"namibiese-visbedryf-in-opstand","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=27410","title":{"rendered":"Namibiese visbedryf in opstand"},"content":{"rendered":"<p>Honderde werkers van vismaatskappye het Vrydag in Walvisbaai aan \u2019n massa-protesaksie deel\u00adgeneem teen wat hulle as die miskenning van hul arbeids- en menseregte beskou, het die Republikein berig.<\/p>\n<p>Di\u00e9 betoging volg kort op die hakke van \u2019n soortgelyke protesaksie verlede week toe viswerkers grond van die munisipaliteit van Walvisbaai ge\u00ebis het sodat hul werkgewers vir hulle woonhuise kan bou.<\/p>\n<p>Vrydag se betoging het onder leiding van die vakbonde vir die visbedryf (NFI) en vissermanne, die FWU, plaasgevind.<\/p>\n<p>Bepalings in die Arbeidswet van 2007 waarin die visbedryf van sekere sleutelbepalings uitgesluit word, veral ten opsigte van diensvoorwaardes en oortydbetaling, is die kern van die viswerkers se hernieude eise aan die regering.<\/p>\n<p>\u201cDit is hoog tyd dat die Namibiese regering aandag aan ons noodkrete gee, want ons kan nie langer toelaat om deur die kapitalistiese stelsel misbruik te word wat net op maksimum winste ingestel is nie,\u201d lui \u2019n petisie wat die betogers Vrydag aan die minister van arbeid en maat\u00adskaplike welsyn, me. Doreen Sioka, gestuur het.<\/p>\n<p>Die klagskrif is aan die voorsitter van die konfederasie van visverenigings, mnr. Matti Amukwa, en die plaaslike hoof van die ministerie van arbeid oorhandig.<\/p>\n<p>Volgens die brief aan die minister het daar nog niks gekom van \u2019n soortgelyke skrywe wat op 14 Augustus deur die vakbonde aan die minister gerig is nie.<\/p>\n<p>\u201cOns as seelui ly geruime tyd reeds weens ons diensvoorwaardes, wat skokkend is om die minste daarvan te s\u00ea, aangesien ons oor baie jare deur ons werkgewers uitgebuit word om net vir \u2019n vis-kommissie sonder oortyd te werk, sodat ons werkgewers aansienlike winste kan maak,\u201d lui die petisie.<\/p>\n<p>Hulle eis ook dat die minister van arbeid die bepalings van die arbeidswet soos vervat in artikels 15, 16, 17 en 19 sonder verwyl op die visbedryf van toepassing maak. Hulle eis ook dat die Namibiese regering die internasionale konvensie oor seelui bekragtig sodat hierdie werkers se diensvoorwaardes en voordele aan die res van die w\u00eareld gelyk gestel kan word.<\/p>\n<p>Me. Siyoka word in die klagskrif 14 dae tyd gegun om aan hul eise te voldoen.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Honderde werkers van vismaatskappye het Vrydag in Walvisbaai aan \u2019n massa-protesaksie deel\u00adgeneem teen wat hulle as die miskenning van hul arbeids- en menseregte beskou, het die Republikein berig. Di\u00e9 betoging volg kort op die hakke van \u2019n soortgelyke protesaksie verlede week toe viswerkers grond van die munisipaliteit van Walvisbaai ge\u00ebis het sodat hul werkgewers vir &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=27410\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Namibiese visbedryf in opstand&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[7981,18223,2264,18225,10819,18224],"class_list":["post-27410","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-kapitalisme","tag-namibiese-visbedryf","tag-sosialisme","tag-uitbuiting","tag-vakbonde","tag-vissermanne"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27410","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=27410"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27410\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=27410"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=27410"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=27410"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}