{"id":27373,"date":"2014-10-03T07:37:18","date_gmt":"2014-10-03T05:37:18","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=27373"},"modified":"2014-10-03T08:56:36","modified_gmt":"2014-10-03T06:56:36","slug":"agt-misdadigers-in-een-week-vas","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=27373","title":{"rendered":"Agt misdadigers in een week vas"},"content":{"rendered":"<p>Agt swartes is die afgelope week in die Sinoville-omgewing in hegtenis geneem. Sinoville-polisiewoordvoerder Mirna von Benecke s\u00ea verdagtes is vir onder meer roof, huisbraak, besit van gesteelde goedere en betreding aangekeer, het die Rekord Noord berig.<\/p>\n<p>Maandag is twee 26-jarige vermeende diewe in Montanapark in hegtenis geneem toe hulle \u2018n vrou beroof het wat op pad bank toe was om geld te deponeer. Hulle is deur \u2018n lid van die gebiedspolisi\u00ebringsforum (GPF) opgemerk wat die SAPD sowel as ander GPF-lede in kennis gestel het. Die verdagtes is toe aangekeer.<\/p>\n<p>In \u2018n ander geval is twee verdagtes (27 en 35) Dinsdag vasgetrek nadat hulle by \u2018n huis ingebreek het. Die twee diewe het \u2018n huishulp in Wonderboom aangehou en onder meer \u2018n televisie, drank, \u2018n dvd-speler en juwele gesteel.<\/p>\n<p>Twee rowers is deur die GPF opgemerk toe hulle oor die muur gespring het en \u2018n derde wat buite in \u2018n voertuig gewag het. Twee diewe het weggejaag nadat hulle die gesteelde items in die voertuig gelaai het.<\/p>\n<p>Die derde een het te voet gevlug en is deur die GPF naby Laerskool Wonderboom voorgekeer. Die voertuig wat weggejaag het, is deur die polisie agtervolg.<\/p>\n<p>Een van die verdagtes het uit die bewegende motor gespring en is naby die Deon Malherbe-swembad in hegtenis geneem.<\/p>\n<p>In die harwar het die voertuig waarin die diewe gevlug het, weggekom, maar is later in klein Zambesi opgespoor. Al die gesteelde goedere is teruggekry, maar die derde verdagte is steeds soek.<\/p>\n<p>Nog twee diewe (31 en 19) is Dinsdag in \u2018n ander voorval vir huisbraak in hegtenis geneem. Hulle het verlede week by \u2018n Montana-huis ingebreek. \u2018n Onbekende persoon het die beroofde vrou geskakel en ges\u00ea sy kan haar gesteelde goedere by \u2018n adres in East Lynn gaan haal. Sy het die polisie in kennis gestel en hulle het haar na die adres vergesel. Die twee rowers is daar in hegtenis geneem.<\/p>\n<p>Die polisie het Maandag ook \u2018n 26-jarige in hegtenis geneem toe hulle hom in Montana voorgekeer en in besit van onder meer gesteelde sparre betrap het. Die dief het erken dat hy die sparre gesteel het.<\/p>\n<p>Von Benecke moedig die publiek aan om vertroud te raak met die GPF en om aan te sluit. Die GPF help om inligting vining by die polisie te kry wat spoedige reaksie verseker.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Agt swartes is die afgelope week in die Sinoville-omgewing in hegtenis geneem. Sinoville-polisiewoordvoerder Mirna von Benecke s\u00ea verdagtes is vir onder meer roof, huisbraak, besit van gesteelde goedere en betreding aangekeer, het die Rekord Noord berig. Maandag is twee 26-jarige vermeende diewe in Montanapark in hegtenis geneem toe hulle \u2018n vrou beroof het wat op &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=27373\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Agt misdadigers in een week vas&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[17148,218,753,5169,18185],"class_list":["post-27373","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","tag-gpf","tag-misdaad","tag-pretoria","tag-sapd","tag-sinoville"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27373","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=27373"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27373\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=27373"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=27373"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=27373"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}