{"id":27327,"date":"2014-10-01T07:44:55","date_gmt":"2014-10-01T05:44:55","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=27327"},"modified":"2014-10-01T07:45:14","modified_gmt":"2014-10-01T05:45:14","slug":"namibie-binnekort-stembus-toe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=27327","title":{"rendered":"Namibi\u00eb binnekort stembus toe"},"content":{"rendered":"<p>Namibi\u00ebrs gaan op 28 November vanjaar stembus toe om vir lede van die Nasionale Vergadering en \u2019n nuwe president te stem.<\/p>\n<p>Anders as in vorige jare, sal die verkiesings vanjaar net op een dag plaasvind en nie soos in die verlede oor twee dae nie. Die kwessie van twee stemdae was in die verlede \u2019n steen des aanstoots vir opposisiepartye wat aan\u00adgevoer het dat dit \u2019n skuiwergat vir verkiesings\u00adkullery geskep het.<\/p>\n<p>Die proklamasie van die verkiesingsdatum sal op 13 Oktober plaasvind wanneer dit deur pres. Hifikepunye Pohamba in die Staatskoerant gepubliseer\u00ad sal word.<\/p>\n<p>Namibi\u00ebrs wat hulle in die buiteland bevind, kan op 14 November by Namibi\u00eb se ambassades en ho\u00eb kommissariate stem. Dieselfde datum is geoormerk vir seevarende personeel wat dan op L\u00fcderitz en Walvisbaai hul stemme kan uitbring.<\/p>\n<p>Aanvanklik is voorstelle deur hoofsaaklik die Rally for Democracy and Progress (RDP) gemaak dat die verkiesings eerder in Februarie aanstaande jaar moes plaasvind.<\/p>\n<p>Die RDP voer aan die eerste demokratiese verkiesing wat in Namibi\u00eb gehou is, het in November 1989 plaasgevind. Dit was voor \u2019n datum vir onafhanklikwording vasgestel is. Destyds moes \u2019n grondwet geskryf word, nasionale simbole soos die landsvlag en volkslied aanvaar word en voorbereidings vir onafhanklikwording getref word.<\/p>\n<p>Sedertdien is verkiesings tradisioneel altyd in November gehou, met die nuwe Nasionale Vergadering wat eers op 21 Maart die daaropvolgende jaar diens aanvaar en ingesweer word.<\/p>\n<p>Dit bring volgens die RDP mee dat die land vir byna vier maande lamgel\u00ea word omdat ampstermyne voortsleep, maar almal weet nuwe NV-lede en \u2019n nuwe president is reeds verkies.<\/p>\n<p>Die nominasieproses vir presidentskandidate en die indien van party\u00adlyste begin op 13 Oktober en duur tot 29 Oktober.<\/p>\n<p>Op Woensdag 29 Oktober sal die voorsitter van die verkiesingskommissie \u2019n openbare sitting by die ECN se hoofkantoor in Van Rhijnstraat, Windhoek-Noord, hou waar die nominasies ontvang sal word. Die sitting sal van 09:00 tot 11:00 duur.<\/p>\n<p>N\u00f3g nuus van die verkiesingskommissie is dat tussenverkiesings vir die Endola-kiesafdeling op 7 November sal plaasvind en di\u00e9 in Windhoek-Wes op 14 November.<\/p>\n<p>Die verkiesingskommissie is ook besig met re\u00eblings vir die akkreditasie van buitelandse en plaaslike verkiesingswaarnemers.<\/p>\n<p>N\u00e1 afloop van die bykomende registrasieproses is die voorlopige kiesersregister na al 121 kiesafdelings gestuur waar dit van 1 tot 3 Oktober vir inspeksie en besigtiging beskikbaar sal wees. Die finale kiesersregister sal op 7 November in die Staatskoerant gepubliseer word.<\/p>\n<p>Bron: Die Republikein<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Namibi\u00ebrs gaan op 28 November vanjaar stembus toe om vir lede van die Nasionale Vergadering en \u2019n nuwe president te stem. Anders as in vorige jare, sal die verkiesings vanjaar net op een dag plaasvind en nie soos in die verlede oor twee dae nie. Die kwessie van twee stemdae was in die verlede \u2019n &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=27327\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Namibi\u00eb binnekort stembus toe&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[18161,6831,18160,4635,17637],"class_list":["post-27327","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-kiesersregister","tag-namibie","tag-stemdag","tag-verkiesings","tag-windhoek"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27327","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=27327"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27327\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=27327"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=27327"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=27327"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}