{"id":27316,"date":"2014-10-01T06:09:12","date_gmt":"2014-10-01T04:09:12","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=27316"},"modified":"2014-10-01T06:09:12","modified_gmt":"2014-10-01T04:09:12","slug":"hoeveldse-ng-kerk-omhels-veelkleurige-gemeenskappe-en-diversiteit","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=27316","title":{"rendered":"Ho\u00ebveldse NG Kerk omhels &#8216;veelkleurige gemeenskappe&#8217; en &#8216;diversiteit&#8217;"},"content":{"rendered":"<p>Die Ho\u00ebveld-sinode van die NG Kerk het vroe\u00ebr vandeesmaand tydens sy sitting besluit om die Amerikaanse ideaal van &#8220;diversiteit&#8221; te omhels.<\/p>\n<p>Die tema van die sinode was \u201cVeelkleurige gemeentes na \u2019n veelkleurige gemeenskap\u201d.<\/p>\n<p>\u201cOns het di\u00e9 tema gekies, want ons erken en omarm diversiteit. Diversiteit is ons sterk punt,\u201d meen dr. Hugo van der Linde van die NG kerk Bonaero Park in Kempton Park. Hy is die nuwe moderator van die sinode.<\/p>\n<p>Uit uitsprake tydens die sinode klink dit asof die NGK se Ho\u00ebveldse sinode die Afrikanerlidmaat wil versaak ter wille van wat die kerk se &#8220;missionale roeping&#8221; genoem is. Daarom wil die kerk &#8216;n &#8220;verskil in verskillende gemeenskappe maak&#8221;.<\/p>\n<p>Die moderator, dr. Hugo van der Linde, het voorts ges\u00ea: \u201cOns wil minder praat en meer doen. Ons wil meer doen om grense oor te steek en mense te bereik wat ons nie anders sou bereik het nie.\u201d<\/p>\n<p>Die Ho\u00ebveldse sinode is ook die eerste wat tydens sy sitting gesprekke met mense van buite die sinode gere\u00ebl het.<\/p>\n<p>\u201cOns het onder andere straatmense, boere, dokters, Zimbabwi\u00ebrs en selfs ate\u00efste genooi om deel te neem aan \u2019n gesprek,&#8221; s\u00ea Van der Linde. &#8220;Een persoon is aan elke tafel geplaas. Daar is vrae aan elke tafel bespreek. Ons wou hoor hoe dink hulle, ons wou hulle verstaan.\u201d<\/p>\n<p>Hierdie gesprekke het die \u201coogklappe\u201d van leraars se o\u00eb laat afval.<\/p>\n<p>\u201cDit was \u2019n luister-oefening. Dit het aangesluit by ons roeping om meer na gemeenskappe en mense uit te reik.\u201d<\/p>\n<p>Ten slotte s\u00ea Van der Linde: \u201cOns het begin met veelkleurige gemeentes en ge\u00ebindig met veelkleurige gemeenskappe. Die verskeidenheid maak ons nie bang nie, want in verskeidenheid het God ons lief. Ons as gemeentes moet die Here vra waar ons nou moet uitreik.\u201d<\/p>\n<p>&#8216;n Bekende neomarxistiese teoloog, dr. Andr\u00e9 Bartlett, tans hoof van die NG Kerk se sentrum vir bedieningsontwikkeling aan die Universiteit van Pretoria, is tot assessor van die sinode verkies.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Ho\u00ebveld-sinode van die NG Kerk het vroe\u00ebr vandeesmaand tydens sy sitting besluit om die Amerikaanse ideaal van &#8220;diversiteit&#8221; te omhels. Die tema van die sinode was \u201cVeelkleurige gemeentes na \u2019n veelkleurige gemeenskap\u201d. \u201cOns het di\u00e9 tema gekies, want ons erken en omarm diversiteit. Diversiteit is ons sterk punt,\u201d meen dr. Hugo van der Linde &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=27316\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Ho\u00ebveldse NG Kerk omhels &#8216;veelkleurige gemeenskappe&#8217; en &#8216;diversiteit&#8217;&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[16947,6210,18155,18156,9539],"class_list":["post-27316","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","tag-andre-bartlett","tag-diversiteit","tag-hoeveld-sinode","tag-hugo-van-der-linde","tag-ng-kerk"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27316","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=27316"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27316\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=27316"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=27316"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=27316"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}