{"id":27288,"date":"2014-09-29T07:57:37","date_gmt":"2014-09-29T05:57:37","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=27288"},"modified":"2014-09-29T09:51:28","modified_gmt":"2014-09-29T07:51:28","slug":"twee-in-kaapstad-geskiet","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=27288","title":{"rendered":"Twee in Kaapstad geskiet"},"content":{"rendered":"<p>&#8216;n Vyftienjarige seun is Sondagmiddag in Valhalla Park, Kaapstad in die kop geskiet. Hy is aan die besering dood.<\/p>\n<p>Die Wes-Kaapse nooddienste het bekend gemaak dat die seun se liggaam in sy huis in Eleanor-pad gevind is terwyl hulle in die gebied was om \u2018n ander noodgeval te hanteer.<\/p>\n<p>Dis nie bekend wat die omstandighede van sy dood was nie.<\/p>\n<p>In &#8216;n onverwante voorval is \u2018n 25-jarige man in Tygerberg-hospitaal opgeneem met \u2018n skietwond aan die kop. <\/p>\n<p>Hy is in Ertjieboom-pad in Delft geskiet en dit wil voorkom of dit bendeverwant is. Hy verkeer in \u2018n kritieke toestand.<\/p>\n<p>Die anti-misdaadgroep Pagad het intussen &#8216;n beleid geformuleer vir bendegeteisterde buurte van die Kaapse Skiereiland in sy stryd teen dwelm- en bendebedrywighede.<\/p>\n<p>Pagad se ko\u00f6rdineerder, Moegamat Keraan, s\u00ea hulle het in Mitchells&#8217;s Plain met politieke partye vergader om die jongste misdaadstatistiek in die gebied te bespreek en oor die pad vorentoe te besin.<\/p>\n<p>Hy s\u00ea dit is onaanvaarbaar dat plekke soos Nyanga en Mitchell&#8217;s Plain ingesluit word in die gebiede met die hoogste voorkoms van dwelmverwante misdade en moorde. <\/p>\n<p>Keraan s\u00ea hulle sal met behulp van politieke partye toegang kry tot gebiede waar hulle nie voorheen kon ingaan nie. <\/p>\n<p>Hy s\u00ea met die hulp van Azapo, die PAC en Cosatu kan hulle nou di\u00e9 gemeenskappe help om van bendebedrywighede en dwelms ontslae te raak.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&#8216;n Vyftienjarige seun is Sondagmiddag in Valhalla Park, Kaapstad in die kop geskiet. Hy is aan die besering dood. Die Wes-Kaapse nooddienste het bekend gemaak dat die seun se liggaam in sy huis in Eleanor-pad gevind is terwyl hulle in die gebied was om \u2018n ander noodgeval te hanteer. Dis nie bekend wat die omstandighede &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=27288\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Twee in Kaapstad geskiet&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[11291,4933,18143],"class_list":["post-27288","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-bendes","tag-kaapstad","tag-skietvoorvalle"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27288","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=27288"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27288\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=27288"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=27288"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=27288"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}