{"id":27270,"date":"2014-09-26T08:40:51","date_gmt":"2014-09-26T06:40:51","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=27270"},"modified":"2014-09-26T08:40:51","modified_gmt":"2014-09-26T06:40:51","slug":"britte-gereed-vir-lugaanvalle-in-irak","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=27270","title":{"rendered":"Britte gereed vir lugaanvalle in Irak"},"content":{"rendered":"<p>Die Britse parlementslede stem Vrydag oor hul land se deelname aan lugaanvalle teen die Islamitiese Staat in Irak.<\/p>\n<p>Die debat sal met \u2018n toespraak deur premier David Cameron afskop.<\/p>\n<p>Weens die talle video-opnames van sogenaamde &#8220;onthoofdings&#8221; is dit waarskynlik dat Britse deelname gestem sal word aangesien hoofopposisiepartye sowel as die regering die lugaanvalle steun.<\/p>\n<p>Cameron het ges\u00ea dat IS \u2018n \u201cboosheid is waarteen die hele w\u00eareld moet saamstaan. En as die doel vryheid, demokrasie en geregtigheid is, moet Brittanje sy rol speel.\u201d<\/p>\n<p>Blykbaar is die Britse vegvliegtuie reeds gereed om te begin met aanvalle op IS, \u2018n milit\u00eare veldtog wat &#8220;jare kan duur&#8221;.<\/p>\n<p>Militantes van die Islamitiese Staat (IS) het in die openbaar \u2019n menseregte-prokureur in die Irakse stad Mosoel tereggestel om saam te val met die Britse stemmery.<\/p>\n<p>Samira Salih al-Nuaimi is op 17 September by haar huis in hegtenis geneem nadat sy na bewering inskrywings op haar Facebook-blad gemaak het waarin sy krities was teenoor die militantes se verwoesting van religieuse geboue in Mosoel. <\/p>\n<p>Haar Facebook-blad is blykbaar sedert haar dood verwyder.<\/p>\n<p>Volgens die VN se bystandsending in Irak is al-Nuaimi in sjaria-hof verhoor. Sy is glo vyf dae lank gemartel voor sy tot \u2019n openbare teregstelling gevonnis is.<\/p>\n<p>IS het Mosoel, die tweede grootste stad in Irak, in Junie oorgeneem tydens die groep se oorname van groot dele van die noorde en weste van die land.<\/p>\n<p>Intussen het die Amerikaanse Federale Speurdiens &#8211; die FBI &#8211; ges\u00ea hulle het die gemaskerde man ge\u00efdentifiseer wat in &#8216;n video verskyn waarin drie Amerikaanse gyselaars die afgelope weke in Siri\u00eb &#8220;onthoof&#8221; is, maar hulle gaan nie s\u00ea wie dit is nie.<\/p>\n<p>Die geloofwaardigheid van die videomateriaal van die &#8220;onthoofdings&#8221; is steeds onder verdenking. <\/p>\n<p>Die direkteur van die FBI, James Comey, het in Washington ges\u00ea hy gaan nie die man met die mes se identiteit bekend maak nie, maar hy weet wat sy nasionaliteit is. <\/p>\n<p>Hy wou nie verdere besonderhede verskaf nie. Comey wou ook nie s\u00ea of hulle glo dat die man, wat lid is van die Islamitiese Staat, self die onthoofdings uitgevoer het nie. <\/p>\n<p>Die aanvanklike ondersoekwerk om die man te identifiseer is glo deur die Britte gedoen.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Britse parlementslede stem Vrydag oor hul land se deelname aan lugaanvalle teen die Islamitiese Staat in Irak. Die debat sal met \u2018n toespraak deur premier David Cameron afskop. Weens die talle video-opnames van sogenaamde &#8220;onthoofdings&#8221; is dit waarskynlik dat Britse deelname gestem sal word aangesien hoofopposisiepartye sowel as die regering die lugaanvalle steun. Cameron &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=27270\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Britte gereed vir lugaanvalle in Irak&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[7402,17508,17039,17849,17539,10641],"class_list":["post-27270","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-irak","tag-isil","tag-isis","tag-islamitiese-staat","tag-lugaanvalle","tag-sirie"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27270","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=27270"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27270\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=27270"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=27270"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=27270"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}