{"id":27258,"date":"2014-09-26T07:54:14","date_gmt":"2014-09-26T05:54:14","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=27258"},"modified":"2014-09-26T07:54:14","modified_gmt":"2014-09-26T05:54:14","slug":"basters-soek-selfbeskikking","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=27258","title":{"rendered":"Basters soek selfbeskikking"},"content":{"rendered":"<p>Die Rehoboth Baster Gemeente (RBG) is besig om \u2019n hofgeding by die Internasionale Strafhof (ICC) in te dien om op inheemse eiendomsregte aan te dring, aanspraak te maak op selfbeskikking en om beweerde onteiening van Bastergrond en bates deur die Namibiese regering uit te daag.<\/p>\n<p>Volgens die RBG is die internasionale liggaam, die Unrepresented Nations and Peoples Organisation (UNPO), bereid om tegniese en finansi\u00eble hulp vir di\u00e9 hofgeding te verskaf, het Die Republikein berig.<\/p>\n<p>Die UNPO is \u2019n lidmaatskapgedrewe organisasie van inheemse minderheidsgroepe uit onerkende en besette gebiede. Volgens die UNPO-webblad is dit \u2019n vreedsame, demokratiese organisasie waarvan die lede nie genoegsame verteenwoordiging op internasionale forums soos die Verenigde Nasies (VN) het nie.<\/p>\n<p>Afrikaners in Suid-Afrika is ook deel van UNPO. Die doel van UNPO-lidmaatskap is om die politieke, kulturele en ekonomiese regte van die Afrikaners te bevorder.<\/p>\n<p>Omdat die UNPO nie groepe met militante neigings aanvaar nie, is die RBG se aansoek tot lidmaatskap in 1993 afgekeur wens die weerstandsgeskiedenis van die Basters teen Duitse koloniale besetting.<\/p>\n<p>Die RBG het egter ongeveer agt jaar gelede UNPO-lidmaatskap gekry. Met di\u00e9 lidmaatskap verseker, is die UNPO nou besig om re\u00eblings vir die stigting en finansiering van \u2019n Baster-ambassade in Den Haag, Nederland te tref.<br \/>\n\u201cDie doel van die ambassade is om blootstelling van die Baster-gemeen\u00adskap se strewe na selfbeskikking te bevorder,\u201d het een van die RBG-leiers, mnr. Martin Dentlinger, aanRepublikein ges\u00ea.<\/p>\n<p>Dentlinger was deel van \u2019n afvaardiging wat gister van \u2019n vergadering van die Nuwe W\u00eareldberaadorganisasie in Brussel, Belgi\u00eb, teruggekeer het.<\/p>\n<p>Di\u00e9 beraad is \u2019n \u201ckunstige en politieke\u201d formasie wat in 2012 gestig is om \u201calternatiewe parlemente\u201d te verskaf vir organisasies wat tans \u201cuit demokrasie gesluit is\u201d.<\/p>\n<p>By die vergadering wat die afgelope naweek gehou is, het die RBG aansoek gedoen om lid van die beraad se parlement te word \u201cas \u2019n volk wat uitgesluit is van demokrasie en wie se reg op selfbeskikking aangeval word\u201d.<\/p>\n<p>Die groep het ook vir solidariteit van susterorganisasies gevra en het \u2019n beroep op die organisasies gedoen om druk op die Namibiese regering te plaas ter ondersteuning van die Basters se selfbeskikkingsaspirasies.<\/p>\n<p>RBG het ook gevra vir \u201caktiewe politieke en wetlike oorsig\u201d in die hang\u00adende ho\u00ebrhofsaak waarin die Baster-kaptein John McNab en ander van onwettige besetting van erwe in Rehoboth beskuldig word.<\/p>\n<p>McNab het vandeesweek ges\u00ea die Bastersaak vir selfbeskikking is om grond wat n\u00e1 onafhanklikwording onteien is, terug te kry en self te administreer.<\/p>\n<p>Die RBG wil ook selfbestuur oor die Bastervolk se onderwys en munisipale en ander openbare dienste h\u00ea.<\/p>\n<p>McNab het benadruk dat selfbeskikking nie met afstigting verwar moet word nie.<\/p>\n<p>\u201cSelfbeskikking beteken nie afskei nie. Ons wil nie afstig nie. Dit is nie dat ons op ons eie wil staan nie.<\/p>\n<p>\u201cOns is in die land gebore en het vriende en familie in alle dele van die land,\u201d het McNab by \u2019n vergadering op Rehoboth ges\u00ea.<\/p>\n<p>Hy het bygevoeg: \u201cDit is die reg van enige volk wat oor \u2019n lang tydperk deur \u2019n regering onderdruk is om op selfbeskikking aanspraak te maak.\u201d<\/p>\n<p>Hy het ges\u00ea afstigting is nie \u2019n volhoubare opsie nie, maar het die \u201cgrootskaalse maatskaplike disintegrasie en verval\u201d in die land aan die behoefte vir selfbestuur toege\u00adskryf.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Rehoboth Baster Gemeente (RBG) is besig om \u2019n hofgeding by die Internasionale Strafhof (ICC) in te dien om op inheemse eiendomsregte aan te dring, aanspraak te maak op selfbeskikking en om beweerde onteiening van Bastergrond en bates deur die Namibiese regering uit te daag. Volgens die RBG is die internasionale liggaam, die Unrepresented Nations &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=27258\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Basters soek selfbeskikking&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[52,5],"tags":[18126,18129,6831,18128,4784,18127],"class_list":["post-27258","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c36-afrikaanse-nuus","category-nuus","tag-basters","tag-internasionale-strafhof-icc","tag-namibie","tag-rehoboth-baster-gemeente-rbg","tag-selfbeskikking","tag-unpo"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27258","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=27258"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27258\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=27258"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=27258"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=27258"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}