{"id":27253,"date":"2014-09-26T07:28:32","date_gmt":"2014-09-26T05:28:32","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=27253"},"modified":"2014-09-26T07:28:32","modified_gmt":"2014-09-26T05:28:32","slug":"meerderheid-in-sa-wil-moedertaalonderrig-he","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=27253","title":{"rendered":"Meerderheid in SA wil moedertaalonderrig h\u00ea"},"content":{"rendered":"<p>Meer as twee derdes van Suid-Afrika se inwoners verkies moedertaalonderrig. Di\u00e9 oorweldigende getuienis teen Engelse onderrig blyk uit &#8216;n meningspeiling van Ipsos-Markinor wat pas bekend gemaak is.<\/p>\n<p>Onderrig in &#8216;n moedertaal op ho\u00ebr- en basiese onderwysvlakke verbeter prestasie, het navorsing herhaaldelik bevestig. Dit is veral toepaslik in &#8216;n meertalige land wat reeds grootliks onderpresteer weens &#8216;n eentalige aandrang van owerhede.<\/p>\n<p>Dit is dus duidelik dat die regering die verkeerde perd opgesaal het met slegs Engels, gegewe die swak skoolprestasie van leerlinge.<\/p>\n<p>Luidens die Ipsos-Markinor-verklaring heers daar &#8216;n bre\u00eb konsensus tussen verskillende taalgroepe oor moedertaalonderwys.<\/p>\n<p>\u201cMeer as twee derdes van alle Suid-Afrikaners is van mening dat hulle kinders die reg het om opgevoed te word in hul eie taal. Daar is ooreenstemmigheid hieroor onder al die onderskeie taalgroepe in die land.<\/p>\n<p>\u201cDie vraag hierna is die grootste onder Engels- en Afrikaanssprekendes, met ander Afrika-tale wat kort hierop volg.\u201d<\/p>\n<p>Die parlement\u00eare portefeuljekomitee oor ho\u00ebr onderwys, die Potchefstroomse studenteraad en Nehawu meen onderrig by die Noordwes-Universiteit moet alleen in Engels plaasvind en Afrikaans moet slegs getolk word in alle klasse.<\/p>\n<p>Di\u00e9 oproep is strydig met die internasionaal-erkende reg op moedertaalonderrig, wat tersi\u00eare onderrig insluit. Daarbenewens ontken die oproep die meerderheid van belanghebbendes, naamlik ouers en leerlinge, se voorkeur vir hul eie tale.<\/p>\n<p>In weerwil van kameraad Blade Nzimande, minister van ho\u00ebr onderwys, se stelling dat eietalige instellings nie in Suid-Afrika geduld sal word nie, is dit duidelik dat skole, universiteite en ander ho\u00ebr onderriginstellings die enigste aanvaarbare oplossing vir die land is.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Meer as twee derdes van Suid-Afrika se inwoners verkies moedertaalonderrig. Di\u00e9 oorweldigende getuienis teen Engelse onderrig blyk uit &#8216;n meningspeiling van Ipsos-Markinor wat pas bekend gemaak is. Onderrig in &#8216;n moedertaal op ho\u00ebr- en basiese onderwysvlakke verbeter prestasie, het navorsing herhaaldelik bevestig. Dit is veral toepaslik in &#8216;n meertalige land wat reeds grootliks onderpresteer weens &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=27253\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;Meerderheid in SA wil moedertaalonderrig h\u00ea&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[5,51],"tags":[167,18121,6016,18122,18123,5565,5308,4917],"class_list":["post-27253","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nuus","category-suider-afrika","tag-afrikaans","tag-eentalig","tag-engels","tag-killer-language","tag-moedertaalonderwys","tag-taal","tag-tolk","tag-universiteite"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27253","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=27253"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27253\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=27253"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=27253"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=27253"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}