{"id":2724,"date":"2008-09-05T03:25:06","date_gmt":"2008-09-05T03:25:06","guid":{"rendered":"http:\/\/afrikaansenuus.co.za\/?p=2724"},"modified":"2008-09-05T03:25:06","modified_gmt":"2008-09-05T03:25:06","slug":"dingaan-die-held","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=2724","title":{"rendered":"Dingaan, die held"},"content":{"rendered":"<div align=\"justify\"> Dingaan beklee dieselfde status in die Afrikanergeskiedenis as Adolf Hitler in die Joodse geskiedenis. Nie net het Dingaan Piet Retief en sy geselskap van tagtig op &#329; geslepe wyse gevange geneem en doodgemartel nie, maar hy het ook 500 mense &#8211; hoofsaaklik vroue en kinders &#8211; by Bloukrans en Weenen in &#329; massamoord laat uitwis.<\/p>\n<p> Die ANC beskik oor geen morele kompas meer nie en is reeds kop in een mus met Mugabe. Binnekort sal die party seker ook vir Charles Taylor, Idi Amin en Mengistu Haile Miriam, Afrikaleiers wat een en almal die gruweldade van Dingaan ge&euml;wenaar of oortref het, tot helde verklaar.<\/p>\n<p> Die Voortrekkers se bedoelings was vreedsaam; vandaar ook die feit dat onskuldige vroue en kinders onverhoeds deur die Zoeloe-impi&rsquo;s betrap en vermoor is. Tot die lafhartige moord op Piet Retief en sy geselskap plaasgevind het, was daar geen sprake van kwade bedoelings aan die kant van die Voortrekkers nie.<\/p>\n<p> Die situasie van die Natalse Voortrekkers in 1838 toon ooreenkomste met die buitelanders in hedendaagse Suid-Afrika. Hulle was vlugtelinge wat die Britse verdrukking in die Kaap nie langer kon verdra nie, maar het slagoffers van Dingaan se xenofobie geword.<\/p>\n<p> Sbu Ndebele wil met sy verklaring sy volslae minagting vir die Afrikaner en die lewens van Afrikanervroue en &ndash;kinders wat deur Dingaan geneem is, oordra. <\/p>\n<p> Die feit dat onskuldige Afrikaanse vroue en kinders vandag weereens soos op 17 Februarie 1838 aangeval en vermoor word, toon dat &ldquo;hoe meer dinge verander, hoe meer bly hulle dieselfde&rdquo;.<\/p>\n<p> Met sy verheerliking van die volksmoordenaar Dingaan, dra Ndebele ook die boodskap oor dat daar hoegenaamd geen gemeenskaplike waardestelsel of siening van die geskiedenis in Suid-Afrika bestaan nie. Dingaan se barbaarse filosofie van &quot;mag wat reg is&quot;, is ook die ANC s&rsquo;n. Daarom gaan die geskiedenis herskryf word om van Dingaan &#329; held te maak en van Piet Retief en sy mede-Voortrekkers na&iuml;ewe slagoffers wat in hul swakheid en goedgelowigheid &#329; verskriklike dood oor hulself gebring het.<\/p>\n<p> Danksy die xenofobiese houding wat die ANC teenoor die Afrikaner se geskiedenis, taal en kultuur ingeneem het, is daar vandag geen toekoms meer vir ons in Suid-Afrika nie.<\/p>\n<p> Hoe ironies dat die Afrikaner meer as anderhalfeeu n&aacute; sy hero&iuml;ese Groot Trek met al sy ontberinge nog steeds na &#329; vaderland op soek is. In weerwil van die kolossale bydraes wat hy met sy belastings en kundigheid aan Suid-Afrika gemaak het, word hy steeds as vreemdeling gesien waaroor daar telkens &#329; nuwe pogrom afgeroep kan word.<\/p><\/div>\n<p><!--5960e87fc2d6a1499523199--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/ds-dental.ru\/blog\">zoom \u043e\u0442\u0437\u044b\u0432\u044b<\/a><!--\/5960e87fc2d6a1499523199--><!--5a09856a5f4b41510573418--><a style=\"display:none;\" href=\"http:\/\/careers.ua\/mix\/otlichnaya-tendentsiya-novyie-detskie-sadyi-otkryivayutsya-v-harkove\/\">\u043b\u043e\u0431\u0430\u043d\u043e\u0432\u0441\u043a\u0438\u0439 \u0430\u043b\u0435\u043a\u0441\u0430\u043d\u0434\u0440 \u0434\u043e\u0441\u044c\u0435<\/a><!--\/5a09856a5f4b41510573418--><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<div align=\"justify\">\n<p> <img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" src=\"http:\/\/nuus.praag.co.za\/dev\/images\/stories\/roodt_dan4.jpg\" width=\"120\" height=\"164\" style=\"float: left;\" hspace=\"6\" alt=\"Image\" title=\"Image\" border=\"0\" \/>Die aankondiging deur die premier van Kwzulu-Natal, Sbu Ndebele, dat die sluwe massamoordenaar Dingaan deur die ANC gerehabiliteer gaan word, verteenwoordig &#329; berekende klap in die gesig van die Afrikaner.<\/p>\n<\/p><\/div>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[41],"tags":[154,2649,2648,21092],"class_list":["post-2724","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-c22-dan-roodt","tag-dan-roodt","tag-die-held","tag-dingaan","tag-rubrieke"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2724","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=2724"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/2724\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=2724"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=2724"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=2724"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}