{"id":27239,"date":"2014-09-25T07:02:47","date_gmt":"2014-09-25T05:02:47","guid":{"rendered":"http:\/\/praag.co.za\/?p=27239"},"modified":"2014-09-25T07:02:47","modified_gmt":"2014-09-25T05:02:47","slug":"isis-onthoof-franse-toeris","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/praag.co.za\/?p=27239","title":{"rendered":"ISIS onthoof Franse toeris"},"content":{"rendered":"<p>Die Algerynse regering het die moord deur &#8216;n jihadistegroep op &#8216;n Franse toeris veroordeel. Die 55-jarige Herve Gourdel is Sondag deur die Jund-al Khilifa-groep ontvoer. <\/p>\n<p>Die groep, wat glo bande het met die ekstremistiese Islamitiese Staat-groep, het &#8216;n ultimatum van 24-uur aan die Franse regering gestel om lugaanvalle in Irak te staak. <\/p>\n<p>Frankryk het die ultimatum verwerp. <\/p>\n<p>&#8216;n Video van Gourdel se onthoofding is Woensdag op die internet vrygestel. Die Algerynse regering s\u00ea hy het alles in sy vermo\u00eb gedoen om Gourdel vrygelaat te kry. <\/p>\n<p>Ongeveer 1 500 Algerynse soldate het &#8216;n soektog geloods om die Franse gyselaar van die jihadiste op te spoor, het die amptelike Algerynse uitsaaier Chaine3 vroe\u00ebr berig.<\/p>\n<p>Die soektog na Gourdel het in die bergagtige gebied Tizi Ouzou, ongeveer 100 km oos van die hoofstad, Algiers, plaasgevind.<\/p>\n<p>Die operasie het valskermsoldate van \u2019n teenterrorisme-eenheid ingesluit. <\/p>\n<p>Die video waarin Gourdel verskyn, is Maandag deur die groep uitgereik. Hulle het gedreig om hom binne 24 uur dood te maak indien Frankryk nie \u201csy aanvalle op ISIS staak nie\u201d. <\/p>\n<p>Gourdel het ook in die video gepraat en ges\u00ea die groep het hom gevra om by die pres. Fran\u00e7ois Hollande van Frankryk te pleit om aan die groep se eise te voldoen.<\/p>\n<p>Frankryk het verlede week aangekondig dat hulle die Amerikaanse lugaanvalle op ISIS-teikens in Irak sal steun met hul eie lugbombardement.<\/p>\n<p>Algeri\u00eb s\u00ea hy gaan voort met die stryd teen terreur en waarborg die veiligheid van buitelanders in die land.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Algerynse regering het die moord deur &#8216;n jihadistegroep op &#8216;n Franse toeris veroordeel. Die 55-jarige Herve Gourdel is Sondag deur die Jund-al Khilifa-groep ontvoer. Die groep, wat glo bande het met die ekstremistiese Islamitiese Staat-groep, het &#8216;n ultimatum van 24-uur aan die Franse regering gestel om lugaanvalle in Irak te staak. Frankryk het die &hellip; <a href=\"https:\/\/praag.co.za\/?p=27239\" class=\"more-link\">Continue reading<span class=\"screen-reader-text\"> &#8220;ISIS onthoof Franse toeris&#8221;<\/span><\/a><\/p>\n","protected":false},"author":5,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[53,5],"tags":[6677,1093,7402,17039,17539,18068,2848],"class_list":["post-27239","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-nternasionale-nuus","category-nuus","tag-algerie","tag-frankryk","tag-irak","tag-isis","tag-lugaanvalle","tag-onthoofdings","tag-vsa"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27239","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/5"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=27239"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/27239\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=27239"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=27239"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/praag.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=27239"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}